Hoe maak ek met my .243?

Post Reply
222SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Mar 27, 2011 9:47 pm

Hoe maak ek met my .243?

Post by 222SAKO »

Naand my geleerde vrinne!

Help my asb met die volgende:

Ek wag vir my .243 Howa 1500 varminter lisensie,maar nou,moet ek

1. die geweer as n .243 hou (met die gewone hick-ups soos doughnuts ens. :-\)
2. ackley
3. 6mm PPC of
4. 6mm XC maak?

Sal hoofsaaklik vir teikenskiet gebruik word.

Jul menings sal waardeer word! ???

Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by baboonstalker »

222S, watter koe?ls wil jy met die geweer skiet?
Wat is jou teiken afstand, en wat is jou teiken? (veldskiet/ groepering)
222SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Mar 27, 2011 9:47 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by 222SAKO »

Hallo BobS,

Dis maar hoofsaaklik vir groepering/teiken skiet.Afstand tot so 350m.Op die stadium skiet ek Sierra Gameking met my .222 en .308 met billike resultate vir jag en veldskiet..Vir die nuwe kettie is dit mos maar van vooraf ladings/punte/seeting depth ens. .

Ek wil net weet wat is die pro's en cons vir bg opsies,want ek is self nie seker wat ek wil/moet doen nie.


Groete
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by baboonstalker »

222,
Met die PPC gaan jy te veel spoed verloor vir veldskiet, jy gaan ook baie looplengte prysgee om hom te herkamer wat nog minder spoed beteken.
Maklikste gaan wees om hom standaard 243 te hou of te AI.  As jy die 85gr gamekings skiet behoort jy ook nie tot in die doughnuts te seat nie en sal jy dus nie te veel las h? daarvan.
6XC is 'n goeie opsie en jy kan dit gerus probeer as jy lus is vir die avontuur. Neem ook maar die koste van dies, doppe, herkamer, asook die effens korter loop en die admin hieraan verbonde in ag met jou besluit.
(die XC is lekker lig op kruit en goeie doppe is beskikbaar van die rak af)

Sterkte
P
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by Armand Steenkamp »

Jong ek se jy wat jy met jou 243 kan doen. Jy kan hom vir my skenk en dan sal ek jou virtel wat ek met hom gan doen ;) ;D :angel:

Ek stem saam met oom bobjaan. Die maklikste sal wees om hom te ackley. Ek dink jy sal die makliker dies vir hom kry as daai ander kalibers  en met die ackley se skerp skouer gaan jy nie n probleem he met doughnuts nie. Jy gan nie n groot verskil sien met ligter punte nie maar met die swaarder nommers met die hoe BC`s gan jy wel n verskil sien. Anders sou ek se hou hom standaard.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by Hein M. »

Ja.  Die manne gee goeie raad.  'n 243 Wil in die veld wees, eintlik.  Dis waarvoor hy ontwerp is.  Daar is "meer geskikte langafstand papierkalibers"  Hou hom standaard, sou ek se.  Ackley is ook nie enigeen se cup of tea nie.  Praat met Francois Marais.  Hy sal jou beslis baie goeie raad gee, want hy is 'n 6mm spesialis.

As jy wil teiken skiet op die baan, dan is daardie 308 van jou mos net die ding? 

Maar jy het 'n goeie geweer gekoop, dit is die belangerikste!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
rednat

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by rednat »

Is Ackley by die 243 werklik 'n noemenswaardige verandering om dit te regverdig.????
Last edited by rednat on Mon Jul 04, 2011 4:45 pm, edited 1 time in total.
222SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Mar 27, 2011 9:47 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by 222SAKO »

Hallo julle!

Baie dankie vir al die raad en voorstelle so ver! Uit dit lei ek af dat ek  OF die .243 standaard hou OF 6mm XC....

Ek dink ek moet eers kyk wat maak die kettie voor ek aan hom laat karring. ;)

Groenis

(wonder net hoe lank die  :police: gaan neem met die lisensie... >:()
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by .::Alwyn-U::. »

PPC ali pad.. Doppe is net skaars maar ek weet hulle vat 220 Russian doppe en expand hulle.. Hy is mos sy "parent case".

Ek self het nie 'n PPC nie maar ek dink dit is 'n baie lekker kaliber..

Groete
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by JACQUES BOTHA »

hou hom standaard
as jy gaan skiet tot op 300meter is die verskil nie noemenswaardig nie.
As jy regtig wil krap, gaan die 243 LR pad --net die nek word bietjie langer...
maar ek praat maklik want ek het nie n 243 nie...
jy sal met die ervare manne en mainne moet praat. maar dit gaan n gejeuk bly tot jy gekrap het...
jy sien mos erens wou iemand altyd anders wees..
sterkte
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by .::Alwyn-U::. »

Jacques is mos reg! 'n jeuk gaan net weg as jy hom gekrap het ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by tripodmvr »

Skiet daai 243 eers en dan jy sal agterkom wat jy het. Maak dan rasionele besluite wat jou nie in 'n hoek gaan vasverf met 'n beperkte manier om ammunisie te kry, ho?r herlaaikoste ens nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by Francois Marais »

222S

Jy het klaar goeie raad gekry, hier is my 2c.......

Hou die geweer sandaard en skiet die loop klaar, so in die tussentyd kan jy dan besluit of jy so min van die kaliber hou dat jy graag n ander wil probeer, ek het n nuwe Howa loop laat kamer na 6mm BR toe, en was nie vrede met hom nie, het hom toe weer n 243 gemaak.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by .::Alwyn-U::. »

Francois

Jammer op 'n ander noot nou, soos ek verstaan werk jy in 'n tipe geweer winkel of iets - Vir hoeveel kan jy 'n Howa 22-250 kry? Daai een met die sintetiese kolfie en standaarde swart loop. Jammer ek kan nie die model onthou nie.

Groete
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: Hoe maak ek met my .243?

Post by Henk »

Attie,
Ek reken ook dat jy hom eers standaard moet hou ???.......OF........ dalk moet jy hom maar Ackley ? ;D
Hoe langer jy jeuk, hoe lekkerder is die gekrap..... ;D ;D ;D ;D
Skiet naby....skiet raak !!
Post Reply