Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dis maar hoofsaaklik vir groepering/teiken skiet.Afstand tot so 350m.Op die stadium skiet ek Sierra Gameking met my .222 en .308 met billike resultate vir jag en veldskiet..Vir die nuwe kettie is dit mos maar van vooraf ladings/punte/seeting depth ens. .
Ek wil net weet wat is die pro's en cons vir bg opsies,want ek is self nie seker wat ek wil/moet doen nie.
222,
Met die PPC gaan jy te veel spoed verloor vir veldskiet, jy gaan ook baie looplengte prysgee om hom te herkamer wat nog minder spoed beteken.
Maklikste gaan wees om hom standaard 243 te hou of te AI. As jy die 85gr gamekings skiet behoort jy ook nie tot in die doughnuts te seat nie en sal jy dus nie te veel las h? daarvan.
6XC is 'n goeie opsie en jy kan dit gerus probeer as jy lus is vir die avontuur. Neem ook maar die koste van dies, doppe, herkamer, asook die effens korter loop en die admin hieraan verbonde in ag met jou besluit.
(die XC is lekker lig op kruit en goeie doppe is beskikbaar van die rak af)
Jong ek se jy wat jy met jou 243 kan doen. Jy kan hom vir my skenk en dan sal ek jou virtel wat ek met hom gan doen
Ek stem saam met oom bobjaan. Die maklikste sal wees om hom te ackley. Ek dink jy sal die makliker dies vir hom kry as daai ander kalibers en met die ackley se skerp skouer gaan jy nie n probleem he met doughnuts nie. Jy gan nie n groot verskil sien met ligter punte nie maar met die swaarder nommers met die hoe BC`s gan jy wel n verskil sien. Anders sou ek se hou hom standaard.
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Ja. Die manne gee goeie raad. 'n 243 Wil in die veld wees, eintlik. Dis waarvoor hy ontwerp is. Daar is "meer geskikte langafstand papierkalibers" Hou hom standaard, sou ek se. Ackley is ook nie enigeen se cup of tea nie. Praat met Francois Marais. Hy sal jou beslis baie goeie raad gee, want hy is 'n 6mm spesialis.
As jy wil teiken skiet op die baan, dan is daardie 308 van jou mos net die ding?
Maar jy het 'n goeie geweer gekoop, dit is die belangerikste!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
hou hom standaard
as jy gaan skiet tot op 300meter is die verskil nie noemenswaardig nie.
As jy regtig wil krap, gaan die 243 LR pad --net die nek word bietjie langer...
maar ek praat maklik want ek het nie n 243 nie...
jy sal met die ervare manne en mainne moet praat. maar dit gaan n gejeuk bly tot jy gekrap het...
jy sien mos erens wou iemand altyd anders wees..
sterkte
Jacques Botha
Skiet daai 243 eers en dan jy sal agterkom wat jy het. Maak dan rasionele besluite wat jou nie in 'n hoek gaan vasverf met 'n beperkte manier om ammunisie te kry, ho?r herlaaikoste ens nie.
Jy het klaar goeie raad gekry, hier is my 2c.......
Hou die geweer sandaard en skiet die loop klaar, so in die tussentyd kan jy dan besluit of jy so min van die kaliber hou dat jy graag n ander wil probeer, ek het n nuwe Howa loop laat kamer na 6mm BR toe, en was nie vrede met hom nie, het hom toe weer n 243 gemaak.....
Jammer op 'n ander noot nou, soos ek verstaan werk jy in 'n tipe geweer winkel of iets - Vir hoeveel kan jy 'n Howa 22-250 kry? Daai een met die sintetiese kolfie en standaarde swart loop. Jammer ek kan nie die model onthou nie.
Attie,
Ek reken ook dat jy hom eers standaard moet hou .......OF........ dalk moet jy hom maar Ackley ? Hoe langer jy jeuk, hoe lekkerder is die gekrap.....