.375 Ruger Herlaai Data

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

.375 Ruger Herlaai Data

Post by SS »

Dagse Manne

Ekke weet daar was al vroer so n topic wou daar post maar die die forum het warning gegee en gese dis beter om nuwe post te begin, so ja hier is die nou..

Ekke het daar deurgegaan en het baie info gekry , dankie aan al die manne. Sien daar n paar manne wat ladings kan uitwerk as hulle die regte info het. Ekke nog nie so slim nie.

Hier is my geweer se inligting. Dis n 24 " loop met rate of twist van 1/12. N klaar gevuurde dop gebruik om die dop kapasiteit te meet en dis 99.6gr

Ekke wil 270 gn en 235 gn punte skiet en verkieslik S365 gebruik . Hoor die manne se S355 is ook n goeie keuse.

Enige data/info sal rerig baie waardeur word!!

Groete
SS ;)
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Fisher »

Geweer:

Ruger Alaskan: 20" Loop

Koel: Rhino 350gr
Kruit: S365
73gr = 2328 fps
74    = 2392
75    = 2442
76    = 2466

Koel: PMP Super Solid 286gr
Kruit S355

71gr = 2567 fps
72  = 2570
73  = 2594


Selfde ladings in Howa met 24" loop is net gemideld 30fps vinniger as uit die Ruger met 20" loop. Lading wat beste groepering gee is Rhino 350gr met 74gr S365
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Fisher »

SS wrote: Ekke wil 270 gn en 235 gn punte skiet en verkieslik S365 gebruik . Hoor die manne se S355 is ook n goeie keuse.

Enige data/info sal rerig baie waardeur word!!

Groete
SS ;)


270gr Gebruik S365   77 - 83 grein Op maksumum moet jy ongeveer 2750fps doen  HOU DRUK DOP !!
235gr Gebruik 355 76 - 81 Grein Maximum spoed is 2880fps

Jy gebruik die ladings op eierisiko.
Moenie sonder 'n konograaf gaan skiet nie!!
Last edited by Fisher on Sat Jul 02, 2011 10:07 pm, edited 1 time in total.
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by JPS »

SS,

Jy moet ook jy TPL deurgee waarmee jy die koeels wil skiet en ook die spesifieke koeels wat jy wil skiet dan sal Iemand soos Woter of Dok of Arnold vir jou 'n akurate spoed kan gee waar jy akurate node behoort te kry. Wout het self 375 Ruger.

Groete
JP
Ps. Nie dat ek bogenoemde data van fisher in twyfel trek nie.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Armand Steenkamp »

Kerels julle wat die 375 Ruger skiet. Hoe skop hy?In vergelyking met die 375H&H?

Ek wonder noggal want ek sien Howa het ook nou so n roertjie uit.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Fisher »

Armand Steenkamp wrote: Kerels julle wat die 375 Ruger skiet. Hoe skop hy?In vergelyking met die 375H&H?
Armant as ek van voor af kan begin. Ons het 'n Ruger Alaskan in 416 Ruger gekry. Die geweer het 20 duim loop en die hele geweer weeg net so oor die 7 1/2  pond. Ons lag toe en se toe vermekaar  die ding gaan jou dood skop. Ons het toe maar ons trots in die sak gesteek en is skietbaan toe - Toe die eerste skoot klap is NIEMAND DOOD nie !! Die geweer was toe sommer 'n groot plesier om te skiet. Ons ladings was nie so hoog nie, 400gr teen 2100fps. Die geweer het so lekker geskiet dat ek sommer agter hom gaan le het en 3 skote geskiet het, ek het nie opgestaan van die pein nie maar dit was nou iemand anders wat graag wou skiet. Ons doen tans 2330fps met 400 greiners en dit is nogsteeds lekker

Ek skryf die lekker glade maar ferm trugslag toe aan die Hogue kolf, ek dink die rubber kolf absorbeer die aggressie van trugslag en al wat jy kry is die stoot op die recoil pad.

Nou altwee die 375 Rugers waarme ek te doen het, het DIE Hogue "" kolwe op.

Ek sien kaans vir baie dinge maar ek dink in 'n gewone hout kolf soos die Ruger African sal die 375 Ruger geen plesier wees nie, en ook so met die Howa in 'n hout kolf

Ek het intussen muet die Ruger Alasan in 375 Ruger geskiet en ook die Howa met die Hogue Rubber kolf. Die Kolf op de ruger voel bietjie meer solied as die een op die Howa sune is blikkerig, en die recoil op die ruger is deffenetief sagter.

Ek het ook met die groot Ruger magnum geskiet in 375 H&H AI en die "klein" Rugertjie skiet beslis lekkerder ek MAAR ek weet nie teen wat se spoed ons toe die 350's ut die Magnum geskiet het nie, iets steek vas in my kop van 2550fps (Wouter sal moet bevestig)en dit sal mos verseker 'n verskil maak. Ek het 'n Winchester Pre 64 en hy skied glad nie so lekker soos die Ruger Alskan in 375 Ruger nie, in teen deel die 416 Alaskan skiet lekkerder  as die winchester. (Soek iemand daai winchester ?)

Ek dink dit gaan uit en uit oor die kolf ontwerp, en die Winchester met Hogue holf sal verseker baie nice wees.

In kort die 375 Ruger is heelwat sterker as die 375 H&H, hy gebruik klein bietjie meer kruit maar is baie effektief (effcient) daar mee.
In 'n CZ 550 in 375 H&H met die 350 Rhinos kon ek net 2330fps kry, ons het 2500fps met die 350 Rhinos gedoen in die Howa 375 Ruger.

So as die geweere presies selfde is, sal die Ruger as gevolg wan sy hoer krag harder moet skop as die H&H.
Last edited by Fisher on Sun Jul 03, 2011 11:32 am, edited 1 time in total.
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Armand Steenkamp »

Baie dankie vir die inligting Fisher!!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by Monrique (SJ) »

@Fisher

Ek sal daai Winchester vat as jy hom nie meer wil he nie! :)  Dankie.

Soek hoeka ook ene!

Groetnis
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: .375 Ruger Herlaai Data

Post by grumpy »

Fisher,

Daai was nou n baie mooi opsomming gewees. Dis nou wel n rukkie terg maar ek hou daarvan om terug te gaan en huiswerk te doen,

Dankie. >:(
Post Reply