Franchi Semi Auto

Post Reply
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Franchi Semi Auto

Post by Jackalsniper »

Darm vandag gehoor my lisensie is goedgekeur :laugh:
Kan iemand my meer vertel oor die wapen asb.
Hy is redelik kort so ek neem aan dis meer n SD wapen as vir jag.

Eerstens, wat is die regte hael groote om te gebruik nes hy hier is en wat behoort ek met dit te kan skiet? kan ek solid tipe goed gebruik vir koedoe jag?? :laugh:

Ek sou hierdie geweer baie graag wou gebruik vir oeswerk uit n helikopter uit,maar kan mens n langer loop laat opsit? sal ek n ander aansoek moet ingee of kan mens net eenvoudig n ander pyp opgooi, ek dink nie daar is serial nrs op hael geweer lope nie of is daar?

En se my wat is hierdie geweer werd? hy is spotless, het seker een box hael patrone deur hom gehad.
Ek is nogal opgewonde om hom te gaan toets 8)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Franchi Semi Auto

Post by Jackalsniper »

Hy het n 3/4" choke. 12 boor
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Franchi Semi Auto

Post by obasch »

Sonder om te weet watter model dit is sal niemand jou veel van die geweer kan vertel nie.
Waarvoor jy dit wil gebruik sal die haelgrootte bepaal.
3/4 choke is te styf vir slugs. Moet nie eers daaraan dink om koedoes daarmee te wil jag nie.
Vir 'n addisionele loop sal jy 'n addisionele lisensie benodig. Daar behoort 'n reeksnommer te wees. Jy gaan waarskynlik baie sukkel om net 'n ekstra loop te kry. Gebruik maar eers die geweer en besluit dan wat regtig jou behoefte is en skaf dan die gepaste geweer aan.
Om te wil weet wat hy werd is met net die foto is om te wil weet wat is 'n wit kar werd.
Selfs meer gesogde semi-outos se waarde in SA is maar laag. Beretta A300 reeks gaan vir so min as R3500.
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Franchi Semi Auto

Post by Jackalsniper »

Sodra ek die wapen het sal ek kan kyk wat se jaar hy gemaak was, ek vermoed dit was in die 90's en dit lyk my dis n
Franchi 500 met n magasyn verlenging. Sy loop meet +- 520mm
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Franchi Semi Auto

Post by Tertius Steyn »

Jis Jackal sniper baie geluk met die liksens, hoor ongelukig Adri is op verlof die maand so dink jy gaan bietjie wagvir die kaartjie, nee wat jy kan enige iets met daai wikkel klits! Baie mooi roer daai, jy kan dalk Brennecke slugs gooi vir koedoe en vlakkie, oor die loop jip sal weer n aansoek moet indien vir ander loop, maar indien hy nie n reeks nommer op het nie, kan jy maar ander loop opsit, maar die vraag is waar kry jy n loop vir hom?, skiet hom sommer netso, jy kan lekker uit die bakkie skiet met hom,
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
Post Reply