Kan iemand my meer vertel oor die wapen asb.
Hy is redelik kort so ek neem aan dis meer n SD wapen as vir jag.
Eerstens, wat is die regte hael groote om te gebruik nes hy hier is en wat behoort ek met dit te kan skiet? kan ek solid tipe goed gebruik vir koedoe jag??
Ek sou hierdie geweer baie graag wou gebruik vir oeswerk uit n helikopter uit,maar kan mens n langer loop laat opsit? sal ek n ander aansoek moet ingee of kan mens net eenvoudig n ander pyp opgooi, ek dink nie daar is serial nrs op hael geweer lope nie of is daar?
En se my wat is hierdie geweer werd? hy is spotless, het seker een box hael patrone deur hom gehad.
Ek is nogal opgewonde om hom te gaan toets

