Staan plek, wind, loop gebied en klanke is seker soos altyd die kritiese faktore
Ek het op 2 verskillende plase geroep en in totaal 6 jakkalse af gehaal.
1 is in lang gras en kon hom nie op tel nie, laaste een is in n vlei in en kon hom ook nie kry nie.
Die 4 wat ek kon optel is 3 reuns en 1 teef.
2 reuns was so 2 jaar oud en laaste reun was van laas jaar se werpsel.
[img width=560 height=306]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60343a.jpg[/img]
[img width=558 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60344a.jpg[/img]
Die ouer reuns het met tewe in gekom maar ek kon in beide gevalle nie die teef om dop nie.
Die jong reun en teef het elkeen alleen in gekom.
Ek het Vlakhaas en Grootvlakhaas gebruik as basis van klanke.
Met die eerste staan plek het ek so 60 min geroep en die 1st 2 reuns geskiet. Toe vlekkie e geroep en n jakkals het my geantwoord ander kant die vlei op die plaas.
Ek het so 30 min gewag niks in gekom nie en toe 2de staan plek geskuif na die area waar die jakkals vlekkie e geantwoord het en die was nie 10 min later nie of die 22K het weer werk gekry.
skuif toe na ander plaas so 10km weg.
Die boer het van die lande nie geplant nie en hier het ek die jong teef geskiet.
Skuif toe na ander area waar daar ook n vlei is en hier het ek no 5 en 6 geskiet.
[img width=560 height=291]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60347a.jpg[/img]
Ek het ook agter gekom dat dit nogal belangrik is om nie te hard te roep nie.
Op die spitfire gebruik ek nou no 2 volume as my basic volume...
en dan soos altyd...


