Tips vir Junie maand

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Ek het gister aand weer n draai gery in die Dronkwordspruit omgewing waar ek altyd roep.

Staan plek, wind, loop gebied en klanke is seker soos altyd die kritiese faktore

Ek het op 2 verskillende plase geroep en in totaal 6 jakkalse af gehaal.

1 is in lang gras en kon hom nie op tel nie, laaste een is in n vlei in en kon hom ook nie kry nie.

Die 4 wat ek kon optel is 3 reuns en 1 teef.

2 reuns was so 2 jaar oud en laaste reun was van laas jaar se werpsel.

[img width=560 height=306]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60343a.jpg[/img]

[img width=558 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60344a.jpg[/img]

Die ouer reuns het met tewe in gekom maar ek kon in beide gevalle nie die teef om dop nie.  :-X

Die jong reun en teef het elkeen alleen in gekom.

Ek het Vlakhaas en Grootvlakhaas gebruik as basis van klanke.

Met die eerste staan plek het ek so 60 min geroep en die 1st 2 reuns geskiet. Toe vlekkie e geroep en n jakkals het my geantwoord ander kant die vlei op die plaas.

Ek het so 30 min gewag niks in gekom nie en toe 2de staan plek geskuif na die area waar die jakkals vlekkie e geantwoord het en die was nie 10 min later nie of die 22K het weer werk gekry.

skuif toe na ander plaas so 10km weg.

Die boer het van die lande nie geplant nie en hier het ek die jong teef geskiet.

Skuif toe na ander area waar daar ook n vlei is en hier het ek no 5 en 6 geskiet.

[img width=560 height=291]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60347a.jpg[/img]

Ek het ook agter gekom dat dit nogal belangrik is om nie te hard te roep nie.

Op die spitfire gebruik ek nou no 2 volume as my basic volume...

en dan soos altyd...

Skiet raak
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Blackie Swart »

Mooi gegooi daar.Ek is bly dat jy die hardheid kwessie aanraak.Ek is nogals geneig om my roeper te hard te stel net omdat ek self nie so lekker hoor nie, dink ek die jakkies hoor ook nie lekker nie.
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Tips vir Junie maand

Post by Piet Breedt »

Gerhard, ek het self Vrydagnag heelnag deur geskiet, en kon 8 laai en 2 verloor in lang gras. Ek het 2 van my broers saamgevat wat ook graag wou jakkals skiet vir die eerste keer en hulle het n hele paar slim geleer. As ek self alleen geskiet het, glo ek dat ek maklik 20 kon laai. Hulle het baie keer te lank gesnoer en nie geskiet toe die skoot aan was. En dan die mis skote ............aai......!!!!!!!!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Piet,

Jy weet nou waar is hulle...

Gee hulle so 6 weke kaans dan gaan jy weer.

Ek het Saterdag aand ook n paar plekke gemerk vir die toekoms.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Tips vir Junie maand

Post by Piet Breedt »

By my sien ek dat hulle baie goed reageer op "Black Back Jac" en "Scrub hare" wat ook seker "vlakhaas is" .

Klein ore werk ook goed en "Lightning Jack" het ook sy kant gebring. Die plaas waar ek geroep het, was nog nooit voorheen geroep, en een jakkals het amper n duik in my Landie gehol, terwyl my broer aan gel? het op n ander een. Hy het hom amper vrek geskrik toe hy ons van so naby sien.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Ja,

Die vlakhaas is n leke agresiewe klank. Ek het die eerste stel van ver af in gebring op volume 2 van die spitfire maar interesant wou hulle nie commit soos altyd nie.

Moes hulle maar eers bietjie roer met stilte en toe weer vlakhaas kombo en toe kom hulle in en kon die reun kap.

Op die 2de plaas het ek n paar spots en die een spot bere ek vir my volgende sessie
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Wiehan111 »

Ek was ook Saterdagaand uit. Het kos klanke gegooi volgens prosedure, maar niks het in gekom nie, toe ek mooi huil(Black back jackal) speel toe gaan hulle wild tekere en toe antoord 3 groepe my uit verskillinde rigtings uit. Die 1 groep wat ek agterna aan was was naby. Stilte gehad vir 10 min weer die kos prosedure, maar nogsteeds niks... Speel toe weer mooi huil toe het die naby groep bietjie van rigting verander, maar baie nader die keer geantwoord. Weer stilte en kos maar niks. Het so 40-50min op daardie staanplek geroep. Weet nie wat om dan te doen nie. Het die volumes meestal op 3 gehad op die spitfire.

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Wiehan,

Kon jy onthou hoe die wind gewaai het toe jy geroep het?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Wiehan111 »

Gerhard

Daar was omtrent nie 'n wind nie. Toe ek begin roep het toe het hy baie min gewaai. Dit kan wees dat hy gedraai het en toe op gehou het, maar toe ek gery het toe was dit dood stil.
25-06 Savage Tactical
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Ek hou daarvan as die wind bietjie beweeg wanneer ek roep en nog beter as die wind konstant is.

Die jakkals hoor die klank en dit maak hom neskierig maar hy gebruik sy neus om die klank te werk.

Ek het gekry in wind stil aande wil die jakkalse nie so lekke in kom soos op aande wat die wind bietjie waai nie.

Wat ek ook gekry het is dat Weste wind vir my baie beter werk as Ooste wind.

Wanneer die Ooste wind waai weet ek dit gaan bars gaan om jakkals om te kry...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Wiehan111 »

Gerhard

Dankie vir daardie Ooste, Weste wind tip. Sal hom van nou af bietjie dop hou. Ek weet glad nie wat hier aan die gang is met die 3 groepe wat sommer vinnig hier ingetrek het nie. Kan jy my dalk help met 'n antwoord. Van die huis af skree 1 groep Suid-Wes van ons af(dis daardie 2 jakke wat ek agter aan is, hul is baie naby), 'n ander groep skree Wes van ons af(kan hoor hul is verder, klink of daar meer as 2 is) en dan skree die ander groep van 2 jakke Noord-Wes van ons af(hul is taamlik naby). ???

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Tips vir Junie maand

Post by JACQUES BOTHA »

Wiehan.
Ek vermoed dis jong manne wat nou gebied kom afbaken.. jonhg manne en maninne wat almal laat weet hey ek is hier ...
Probeer hulel maar benader soos die wind dit toelaat as jy lekkerr ver onder die span inkom en dan sag begin en regte plek soek, behoort jy sukses te kry, Probeer ook hulle tyd wat hulle so skree agterkom, as dit patroon is...het jy n beginpunt en loop ry n draai in die oggend en kyk vir spore...ens..
Die res ken jy mos...
Sterkte een van die dae is daar minder... gebruik geduld...en stilte werk baie goed..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Raven »

Manne,

Enige tips vir die naweek, dis volmaan, maar ek gaan gou Saterdagaand 'n draai maak in die veld.
Wereld is dik bebos, met so 'n paar oop vlaktes gemiddeld 200m radius, waar ons 'n roepie wil maak.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Louis102 »

Raven wrote: .... Enige tips vir die naweek .....
Trek warm aan!
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Tips vir Junie maand

Post by Freek »

;D ;D ;D ;D ;D... Skerp Louis! Ek moes nou die oggend 03:30 sukkel om die FORDAZDA uit 'n erdvark gat te kry. Net die bottel jack en 'n grafie byderhand gehad, dit was op 'n Vrystaat plaas so klippe was yl en wyd gesaai. My tip vir jou: SORG DAT JY DIE HIGHLIFT OP DIE BAKKIE GELAAI HET. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Raven »

Louis102 wrote: Trek warm aan!
;D  ;D  ;D Goeie een Louis, ek sal die jakkalse s?...

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Raven,

Al verskil met vol maan is dat jy nie te kwaai moe dim met jou lig nie.

Verder is alles die selfde.

Skiet raak, roep die wind en staan plek...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Raven »

Gerhard,

Dankie. Ek sal terugvoering gee as ek die roepsessie inkry.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Raven wrote: Gerhard,

Dankie. Ek sal terugvoering gee as ek die roepsessie inkry.

Raves
Lekke man,

Geniet dit ek hou daar van om in die veld te wees as dit vol maan is...

Mens sien dinge net bietjie anderste dan as in die dag.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Wiehan111 »

Gerhard

Ek het nou begin dop hou wanneer die lot hier begin skree. Die een het isteraand geskree, toe klink hy amper identies soos die jak wat skree op die elsneus klank(jak gedeelte). ???
Wonder j dalk weet wat dit kan beteken want ekt nie 'n idee nie. Ja nee manne gepraat van gate... Ry maar jou highlift saam. Ystervark gate is reig hier by ons in die Oos Vrystaat. ;D

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Tips vir Junie maand

Post by Francois B »

As ek kan raad gee is dit alles raad wat ek by die bbm manne gekry het laas week het dit gewerk om met n challenge of jakhuil te begin as hul antwoord bly ek sommer 2 ure stil as hulle met mekaar begin gesels antwoord ek met mooihuil dit werk lekker
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Doepie01 »

Gerhard

Ek sien jy praat hier van die wind en die rol wat dit speel. Ek is ook baie lief vir n weste of Noord weste wind. Hier in my wereld sit ek dan gwoonlik onder hul wind.

Nou my vraag. Dit gebeur amper elke aand as ek gaan sit, dat die wind reg roer. Dan begin die wind my rondneuk want terwyl ek nog so sit voel ek die wind is nou in my blaaie, sit dan bietjie en wag sonder om te roep, wind draai dan sommer weer in n ander rigting en so gaan dit aan dat die wind basies binne n uur vanuit al 4 windrigtings waai. Dit maak my nogal gatvol want ek kan tog nie elke keer afklim en die roeper skuif nie en die Jak wat dalk bokant my wind ingekom het is nou skielik onder my wind ens ens.

Kry julle manne ook sulke gevalle of is dit net my wereld wat so deurmekaar is. Wat staan my te doen? Pak maar op en gaan drink koffie by die huis? Ek wil dit nie graag doen nie want n mens doen al jou voorbereidings en nou is alles opgeneuk.

Groete
Doepie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Doepie,

Ek sal die roeper dan n min van 100m van die bakkie af sit suiks wind op.

Dan gee jy vir jouself n groter kaans dat die jakkals nie so vinnig onder jou wind op kom nie.

Ek loop net een keer uit om die roeper uit te sit so vat bietjie tyd as jy gestop het om die wind dop te hou en maak dan jou keuse.

Ek is baie lief om as kan die roeper teen doring draad op te hang.

Hoop dit help.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by tafjak »

Doepie


Met sulke wind is dit reg(ek reken so) om soos Gerhard die roeper verder weg te sit. My geheim bly om die staanplek goed te kies en hoe verder jy rondom jou kan sien, hoe beter.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie maand

Post by Gerhard »

Het gister aand n draai gery...

Was bitter koud hier op die Hoeveld met die koue front maar die jakkalse het nog steeds in gekom maar nie so aggresief soos wat ek in die verlede al gesien het nie.

Gelukkig het die wind bietjie gaan le met donker maar nog steeds konstant liggies gewaai...

Lang gras is nog steeds n probleem op die Hoeveld en staan plek is van kardinale belang om seker te maak dat jy n redelike oop skoot kry. Moes die eerste jakkals deur lang gras skiet en toe die teef met die pistool dood skiet toe ek op die plek kom waar sy geval het en net bloed spoor skiet. Sy het my vir n goeie draffie in die donker gevat voordat die 45ACP sy werk gedoen het....

Reel 1...

SKIET RAAK!!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply