Nuwe Lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Kasspir
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Sep 28, 2015 11:32 am

Nuwe Lid

Post by Kasspir »

Dagse manne,

Was tot onlangs nog 'n roofkyker. Die kennis op julle site is ongelooflik en die beste is dat dit nogals in Afrikaans is.
Ek is 'n stads jaapie met 'n liefde vir die Bosveld.
Mag dalk so bietjie spaanse bloed in my wees want ek kan nie maklik 'n vlakvark uit los nie.
Besit so paar geraas maakers maar my geliefste is my 308 Musgrave.
As dinge mooi uitwerk met Jan Taks en 'n Desember bonus wil ek graag daai een lee staan plek in die kluis vol maak.
Raak so bietjie moeg vir groot en naby skiet en wil dus so bietjie probeer om ietsie klein ver weg te skiet.
Tans besig met my huiswerk op die 6.5x55 maar nog nie 100% seker nie. Enige raad sal welkom wees.

Sien uit na die raad en vriendelikke gesprekke!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Nuwe Lid

Post by Riaan Kriel »

Welkom Kasspir. Hier sal jy regtig baie kan leer by mense met jare se kennis en ervaring. Hoop jy gaan die "lees-ervaring" geniet :)
Soek vir bestaande drade wat verband hou met jou vrae of skep 'n nuwe draad met jou vrae en jy sal goeie eerlike terugvoering kry en soms baie tong-in-die-kies antwoorde ook ongevraagd en gratis daarmee saam.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe Lid

Post by PWV »

Kasspir wrote:Dagse manne,


Mag dalk so bietjie spaanse bloed in my wees want ek kan nie maklik 'n vlakvark uit los nie.
!
Welkom Kasspir. Hoop jy geniet dit
Moet net nie 'n vlakvark probeer soen nie! ++>:
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe Lid

Post by jamalley »

Welkom Kasspir
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Nuwe Lid

Post by kudu375 »

Welkom ;D

moet erken ek sukkel self om n vark uit te los...
Court Schilbach
Post Reply