Dagse manne,
Was tot onlangs nog 'n roofkyker. Die kennis op julle site is ongelooflik en die beste is dat dit nogals in Afrikaans is.
Ek is 'n stads jaapie met 'n liefde vir die Bosveld.
Mag dalk so bietjie spaanse bloed in my wees want ek kan nie maklik 'n vlakvark uit los nie.
Besit so paar geraas maakers maar my geliefste is my 308 Musgrave.
As dinge mooi uitwerk met Jan Taks en 'n Desember bonus wil ek graag daai een lee staan plek in die kluis vol maak.
Raak so bietjie moeg vir groot en naby skiet en wil dus so bietjie probeer om ietsie klein ver weg te skiet.
Tans besig met my huiswerk op die 6.5x55 maar nog nie 100% seker nie. Enige raad sal welkom wees.
Sien uit na die raad en vriendelikke gesprekke!
Nuwe Lid
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nuwe Lid
Welkom Kasspir. Hier sal jy regtig baie kan leer by mense met jare se kennis en ervaring. Hoop jy gaan die "lees-ervaring" geniet 
Soek vir bestaande drade wat verband hou met jou vrae of skep 'n nuwe draad met jou vrae en jy sal goeie eerlike terugvoering kry en soms baie tong-in-die-kies antwoorde ook ongevraagd en gratis daarmee saam.

-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe Lid
Welkom Kasspir. Hoop jy geniet ditKasspir wrote:Dagse manne,
Mag dalk so bietjie spaanse bloed in my wees want ek kan nie maklik 'n vlakvark uit los nie.
!
Moet net nie 'n vlakvark probeer soen nie!
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm