Watse spuit gebruik jy vir vee?

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by tau »

EK het twee van daardie ou spuite wat die 100ml bottels op kan skroef. Hulle is al so oud soos die berge en ek weet nie meer hoeveel keer ek al die spuite wou weggooi nie. Onthou ek is 'n kleinskaalse boer so ek meng nie met ander boere by veilings etc nie. Miskien is daar al lankal iets beter. EK het by skoonma in Nam al baie gewerk met die staal spuit wat jy so 10ml dosis optrek en dan 10 skape 1ml elk kan spuit of wat jy ook al stel hy moet spuit. Hulle werk ook mooi.

Wat gebruik julle? My spuit is veral irriteeredn as ek Dectomax spuit pas hy op niks en trek ek maar elkekeer 'n 20ml weggooi spuit vol en spuit dan so paar diere met elke spuit.

Ek het tans maar 40 koeie en 100 ooie na ek weggedoen het met meeste skaap agv. die droogte.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by Kalahari »

John

Ek het van die outomatiese spuite af "getrek" na die 30ml Roux spuite, werk vir my meer betroubaar. Ek spuit alle skaap en bees net met die twee sulke spuit en werk vir my goed. Eenvoudig en parte is geredelik beskikbaar.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by tau »

Johan ek dink dit is dieselfde spuite wat ek tydens die Slenkdalkoors probleem in 2011 vir Skoonma mee gehelp het. Waar koop mesn hulle in Suid-Afrika? Onthou hier by my is net wyn en vrugte boere.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by Kalahari »

John

Ek is nie seker nie, maar hier by ons is dit maar Agra, Swavet en ek dink Kaap Agri ook is mens moeite doen.
Ek is nou nie bekend met julle handelaars daar nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by tau »

EK het nou gaan kyk dit is nie die Roux spuit wat ek ken nie, maar hy kan ook mooi werk. DIe probleem met die spuit wat die 100ml botteltjie vat is jy kan maklik wind in die afmeet buis intrek as jy nie oplet nie.

Onthou hier by ons is vee toerusting so skaars soos Appel pluksakke en snoeiskere in die Kalahari.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by Kalahari »

tau wrote:EK het nou gaan kyk dit is nie die Roux spuit wat ek ken nie, maar hy kan ook mooi werk. DIe probleem met die spuit wat die 100ml botteltjie vat is jy kan maklik wind in die afmeet buis intrek as jy nie oplet nie.Onthou hier by ons is vee toerusting so skaars soos Appel pluksakke en snoeiskere in die Kalahari.
Juis die rede hoekom ek die outomatiese spuite gelos het......

Sal jou glo dit kan skaars wees...... darem al snoeiskêre gesien maar nog nie een appel pluksak nie.
Rot
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Mon Nov 14, 2011 8:16 am

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by Rot »

Gaan kyk hier www.vetnet.mobi . Die mense verstaan spuite en hul sal jou graag help
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by Willie »

Hierdie plek is hier in Bellville en verkoop sulke tipe produkte : http://www.lionelsvet.co.za
Ek ken nie die spesifieke spuit wat hulle aan hou nie . Jy sal maar moet bel en vra. Dit is nie ver van my nie so ek kan gaan loer as dit nodig is.

Die spuit wat ek gebruik het ook saam met Noag uit die ark gekom. Met hom trek jy maar die entstof uit die houer (skroef nie op nie), stel die dosis grote en spuit tot hy leeg is. Werk goed genoeg vir my wat ook maar net 'n klein hoeveelheid diere het. Ek sukkel net om naalde te kry wat op hom pas.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by tau »

Willie wrote:Hierdie plek is hier in Bellville en verkoop sulke tipe produkte : http://www.lionelsvet.co.za
Ek ken nie die spesifieke spuit wat hulle aan hou nie . Jy sal maar moet bel en vra. Dit is nie ver van my nie so ek kan gaan loer as dit nodig is.

Die spuit wat ek gebruik het ook saam met Noag uit die ark gekom. Met hom trek jy maar die entstof uit die houer (skroef nie op nie), stel die dosis grote en spuit tot hy leeg is. Werk goed genoeg vir my wat ook maar net 'n klein hoeveelheid diere het. Ek sukkel net om naalde te kry wat op hom pas.
Dit is daai spuit wat ek soek wat jy van praat.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
bertie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by bertie »

midag tau, het jy 'n spuit gekry. laatweet as jy nie gekry het nie, hier by ons is baie tipes. ek gebruik die spuite wat jy sommer die bottel om jou nek hang, elke bottle het dan sy eie pypie wat op die bottle se kop pas.
ek pos sommer vir jou as jy nogi een het nie.
groete
bertie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by bertie »

oja en as jou spuit sleg trek kan dit help as jy 'n gaaitjie in die bottle maak dat die lug daar kan in.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by cassie_calvinia »

tau wrote:EK het nou gaan kyk dit is nie die Roux spuit wat ek ken nie, maar hy kan ook mooi werk. DIe probleem met die spuit wat die 100ml botteltjie vat is jy kan maklik wind in die afmeet buis intrek as jy nie oplet nie.

Onthou hier by ons is vee toerusting so skaars soos Appel pluksakke en snoeiskere in die Kalahari.
bel vir adriaan van der westhuizen 0828751000. hy is swavet rep in daai wereld
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watse spuit gebruik jy vir vee?

Post by tau »

Dankie Manne. EK het reggekom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply