Dit is n ou wat om hulp vra; hy het n geweer gekoop, sy vrou is swanger, en hy weet nie hoe om haar te vertel.
MY VROU GAAN DIE M*_R IN WEES .......
because you posted this in Afrikaans, I am going to reply in Afrikaans, cause there is just some things you cannot express like in Afrikaans:
Jy is in die k*k, broer. Diep, en ek praat nie van die knieë nie, ek praat ringe om die nek diep...
Ek is nou onlangs deur die selfde situasie, maar het waardevolle lesse geleer.
Onthou hou belangrikste 'wapen' in die arsonaal teen die gevaar genaamd 'pregiritus'.
Dit is 'preggie brain'. 'n Swanger vrou se brein is opgev*k, sleg. Hulle gebruik dit tot hulle voordeel.
Byvoorbeeld: Jy aan vrou: "Skat, sal jy asb vir my by winkel stop om bla-bla te koop, aangesien jy daar verby ry, en tien teen een ook daar moet stop.
Vrou aan jou: "O duiwel skat, ek het skoon vergeet, askies, hierdie preggie brein van my..."
Nou vat dit en draai dit in jou guns.
Dink aan 'n aand, 'n week gelede werk die beste(dit pas mooi tussen lang en kort termyn geheue in) waar jy en jou vrou lekker gesit en gesels het oor allerdaagse dinge.
Dit moet verkieslik erens wees waar kos betrokke was(dit help want die swanger vrou se kop is meer in die kos as in die geselskap), soos 'n aand ete.
As sy jou uitvra oor die vuurwapen, spesifiek oor hoekom jy hom gekoop het, kry 'n 'blank confused expression' op jou gesig. (goeie voorbeelde kan gevind word op youtube: Soek Jacob Zuma)
Dan sê jy vir haar, maar ons het dit bespreek, hoekom is dit nou weer 'n issue? Vertel haar oor die aand wat julle daaroor 'gepraat' het.
Wees spesifiek, oor die kos wat julle geeet het, noem die ander goed waaroor julle gepraat het, en dan erens tussen in 'pas' jy die geweer aankoop gesprek in.
Een belangrike reël, JY moet nooit iets noem oor die preggie brein nie, sy moet die afleiding maak. Dit sal nie dadelik gebeur nie, net soos die geweer gesprek nie daar gaan eindig nie.
Maar jy moet haar laat wonder. As jy dit reg kry, is jy 90% daar.
Moet nooit in 'n hoë pitch stem sê: Ek sweer, Ek belowe of so iets nie. Bly net kalm, en kyk haar snaaks aan, asof jy wil lag oordat sy dit wragtig nie kan onthou nie. Sy het dan mos gevra hoe lyk die geweer??
Na 'n dag of twee sal sy dit afskryf aan preggie brein.
Op daai oomblik, moet jy die volgende doen...
Sê vir haar jy is jammer dat sy nie kan onthou nie, maar jy sal die geweer verkoop, want jy wil nie russie veroorsaak nie.
Sy gaan 10-1 se ok, dis reg. Maar jy moet eers die geweer op jou naam lisensieer voor jy dit wettig mag verkoop. Dit gaan vir jou 3 maande se tyd koop.
Maar teen daardie tyd is die nuwe baba daar, en die geweer is die laaste ding op mamma se kop.
Geniet die vuurwapen.
Broers, as ons saam staan, kan ons die monster wat swangerskap is oorwin!

