Hoe om n swanger vrou te hanteer

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Ashley »

Ek kry hierdie van n vriend af op n ander jag/wapen forum, en dog ek deel dit met julle.

Dit is n ou wat om hulp vra; hy het n geweer gekoop, sy vrou is swanger, en hy weet nie hoe om haar te vertel. :laugh: :laugh: :laugh:

MY VROU GAAN DIE M*_R IN WEES .......
because you posted this in Afrikaans, I am going to reply in Afrikaans, cause there is just some things you cannot express like in Afrikaans:

Jy is in die k*k, broer. Diep, en ek praat nie van die knieë nie, ek praat ringe om die nek diep...
Ek is nou onlangs deur die selfde situasie, maar het waardevolle lesse geleer.

Onthou hou belangrikste 'wapen' in die arsonaal teen die gevaar genaamd 'pregiritus'.
Dit is 'preggie brain'. 'n Swanger vrou se brein is opgev*k, sleg. Hulle gebruik dit tot hulle voordeel.
Byvoorbeeld: Jy aan vrou: "Skat, sal jy asb vir my by winkel stop om bla-bla te koop, aangesien jy daar verby ry, en tien teen een ook daar moet stop.
Vrou aan jou: "O duiwel skat, ek het skoon vergeet, askies, hierdie preggie brein van my..."

Nou vat dit en draai dit in jou guns.

Dink aan 'n aand, 'n week gelede werk die beste(dit pas mooi tussen lang en kort termyn geheue in) waar jy en jou vrou lekker gesit en gesels het oor allerdaagse dinge.
Dit moet verkieslik erens wees waar kos betrokke was(dit help want die swanger vrou se kop is meer in die kos as in die geselskap), soos 'n aand ete.

As sy jou uitvra oor die vuurwapen, spesifiek oor hoekom jy hom gekoop het, kry 'n 'blank confused expression' op jou gesig. (goeie voorbeelde kan gevind word op youtube: Soek Jacob Zuma)

Dan sê jy vir haar, maar ons het dit bespreek, hoekom is dit nou weer 'n issue? Vertel haar oor die aand wat julle daaroor 'gepraat' het.

Wees spesifiek, oor die kos wat julle geeet het, noem die ander goed waaroor julle gepraat het, en dan erens tussen in 'pas' jy die geweer aankoop gesprek in.

Een belangrike reël, JY moet nooit iets noem oor die preggie brein nie, sy moet die afleiding maak. Dit sal nie dadelik gebeur nie, net soos die geweer gesprek nie daar gaan eindig nie.

Maar jy moet haar laat wonder. As jy dit reg kry, is jy 90% daar.

Moet nooit in 'n hoë pitch stem sê: Ek sweer, Ek belowe of so iets nie. Bly net kalm, en kyk haar snaaks aan, asof jy wil lag oordat sy dit wragtig nie kan onthou nie. Sy het dan mos gevra hoe lyk die geweer??

Na 'n dag of twee sal sy dit afskryf aan preggie brein.

Op daai oomblik, moet jy die volgende doen...

Sê vir haar jy is jammer dat sy nie kan onthou nie, maar jy sal die geweer verkoop, want jy wil nie russie veroorsaak nie.

Sy gaan 10-1 se ok, dis reg. Maar jy moet eers die geweer op jou naam lisensieer voor jy dit wettig mag verkoop. Dit gaan vir jou 3 maande se tyd koop.

Maar teen daardie tyd is die nuwe baba daar, en die geweer is die laaste ding op mamma se kop.

Geniet die vuurwapen.

Broers, as ons saam staan, kan ons die monster wat swangerskap is oorwin!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by vossie1 »

Ha ha,lekker man
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Finfan »

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Lyk my die man lê in die aande wakker om aan hierdie planne te dink, maar ek kan nogal insien dat dit kan werk. Gaan lees gerus ook hierdie draad. Ook self lekker gelag vir die manne se planne en tegnieke: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... lit=Mammie
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Yogi »

Die enigste probleem wat ek met die een het: Ek kan nie vir mamma wil preggie kry voordat ek wil gun koop nie!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by BeesBreet »

Ek in dieselfde situasie myself bevind so paar maande terug, toe se my vrou voor ek die geweer koop moet ek eers n nuwe sitkamer stel kry... daai geweer is nou al in my kluis... maar het my baie duur gekos!
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by NetEk »

Nou hoe verduidelik ek vir my man van die gewee? Die preggie ding gaan nie werk nie.......
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Gawie(13mm) »

NetEk wrote:Nou hoe verduidelik ek vir my man van die gewee? Die preggie ding gaan nie werk nie.......
Ek dink nie hy gaan worry nie, tensy hy nie by was nie......met die geweer se koop bedoel ek! ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by NetEk »

Gawie(13mm) wrote:
NetEk wrote:Nou hoe verduidelik ek vir my man van die gewee? Die preggie ding gaan nie werk nie.......
Ek dink nie hy gaan worry nie, tensy hy nie by was nie......met die geweer se koop bedoel ek! ;D

Dis moontelik maar hy gaan nie happy wees nie net jaloers want hy wil ook 'n nuwe geweer hê.....
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Smitstertjies »

Ek het die einste plan gevolg. Mamma is nou 6 maande swanger met ons derde(2 dogters en nou n seun)

Daai SakoTRG 338 lapua wat Willem hulle so voor ons neuse gehou het so maand terug het by my bly spook. Toe koop ek hom maar. Ek het maar vir Mamma verduidelik boetie gaan n roer kort as hy die lig sien. Sy het net ingenome haar kop geskud, geen idee wat die verskil tussen .22 en 338 lapua is. >:D >:D
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: Hoe om n swanger vrou te hanteer

Post by Predator »

Hoe bly ek annoniem op die forum? Gelukkig lees my vrou dit nie en ek twyfel of een van haar vriendinne dit wel lees, of dat n vrind gaan klik.

n Swanger vrou is een ding, maar as die kinders nou die nes begin verlaat en die ouderdom bekruip n vrou, is daar n ander klas van hormoon wat sy kop uitsteek wat n swanger vrou na kinnerspeletjies laat lyk.Veral as sy nie haar posisie wil besef nie en medikasie wil neem nie. Dan gaan jy deur n ander klas van hel. Die tong word al hoe skerper en jy moet maar al hou mooier verduidelik. Het my baie laat dink aan "die nag van die lang lemme"

Gelukkig word mens ook maar wyser met die tyd. Gaan jag met die kar ipv die bakkie - want jy gaan mos nie eintlik iets skiet nie, en groot dank aan my vrind wat so goedgunstiglik elke jaar my op n jag nooi wat gesponser word.

Gelukkig is gewere so goedkoop op die forum want met die streng wette is vuurwapens omtrent waardeloos. Jy word omtrent betaal om iemand se wapen oor te neem. n Ander een wat ook werk is dat iemand sy wapen wou ingee vir vernietiging weens die gesukkel met lisensies en dat jy dit goedgunstiglik gekry het as n geskenk van iemnd wat nie deur die rompslomp wou gaan nie. Dit het inderwaarheid met my gebeur en geen vrae is gevra nie.

Moet net nie die aankoop doen met n kredietkaart of met n eft of enigiets wat op n staat verkyn nie - die dag wat mammie die dokument te sien kry gaan jou turf sit.
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
Post Reply