Ek sien die kalant het kom kuier....... bevestig net vir my asb dat dit wel vlekkie is. Volgens my is dit verseker nie draai jakkals (silwer/kaapse vos) nie.
Die ander "karakters" is ook vir my nuus



Armand9, my gevoel presies, as die kleure nie so duidelik is nie, is dit die hoogte op die been wat my pla.Armand9 wrote: Hy dam net te hoog opi been.





Willie, die kwik is darem nie so rof die jaar nie, lê die laaste 2 - 3 weke maar oor die middag so by 39 grade, darem nog nie laasjaar se 45.5 gehaal nieWilliel wrote:Eish, daai 30 grade 8 uur die aand stoot die kwik sekerlik na 37 grade oor die middag.
11.1.11 gevoel as jy my vra 'Cois, net besig om skaap te werk, ek sal die man volgende week benader. Gee maar raad asb.Francois Marais wrote:Dis net hy.....so nou kan jy ook sê jy weet hoe voel dit om n jakkals op jou plaas te hê.....hehe
Dankie Finfan, ek besef dit nie elke dag nie, maar dit is 'n besonderse omgewing, hard maar ook vol beloftes en verrassings.Finfan wrote:PS, dis darem mooi wereld daar by jou. My pa het grootgeword daar tussen Gochas en Koes.


Dankie Gawie, ek skiet darem so van die linkerkantste boonste hoek (foto) van die duin af, so die tenk is uit die spervuur en as vlekkie daar staan sal ek die krip offer as dit moetGawie(7mm) wrote:Moet asb. in hemels naam net nie die krip en jou tenks vol gate skiet nie.
Sterkte maat. Ek hoop en vertrou die volgende foto's sal in kleur wees van 'n bebloede vlekkie in 'n vertikale possisie.


Dankie Hein, ja nee, die jakkals kan op enige plaas nou wees en die aarde is wyd hier, net by my en die buurman wat die spoor gesien het is dit al klaar 25 000 ha, en dit is nie eers die ander bure wat nie spore kyk nie.KSV wrote:Ma soos jy seker weet 1 jakkals op 10 na 18 000 hektaar is n perd van 'n ander kleur as jy nie weet wa loop die outjie orals rond nie.
