Vlekkie of nie.......

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

Naand almal

Ek sien die kalant het kom kuier....... bevestig net vir my asb dat dit wel vlekkie is. Volgens my is dit verseker nie draai jakkals (silwer/kaapse vos) nie.

Die ander "karakters" is ook vir my nuus :):
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Armand9 »

Lyk soos ou vlekkie. Hy dam net te hoog opi been.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

Armand9 wrote: Hy dam net te hoog opi been.
Armand9, my gevoel presies, as die kleure nie so duidelik is nie, is dit die hoogte op die been wat my pla.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Francois Marais »

Johan.
Dis net hy.....so nou kan jy ook sê jy weet hoe voel dit om n jakkals op jou plaas te hê.....hehe

Mooi loop
Francois

NS. Laat weet maar hoe jy sy uitwissing gaan benader.....
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Finfan »

Dis net Vlekkie die, mens kan die saal op die rug sien!
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Finfan »

PS, dis darem mooi wereld daar by jou. My pa het grootgeword daar tussen Gochas en Koes.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Williel »

Eish, daai 30 grade 8 uur die aand stoot die kwik sekerlik na 37 grade oor die middag.
Johan, daai swart van die black back jackal kom kwaai deur op die rug.
Groete, Willie
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

Dag manne, baie dankie, ek wou darem net bevestig......... so gehoop iemand wil met my verskil ;) , maar nou ja, soos Francois sê, let the games begin!

Sommer so uit die vuis, wat sal julle voorstel, roeper en alles is reg, wat se klanke sal man mee begin?
Ek het gedink aangesien ek glad nie weet van kern gebiede hier by my om maar met 'n alleen jakkals roep af te skop en dan redelik lank stil te wees. Indien daar nie reaksie kom nie dan maar kossie speel en dalk iets vir die nuuskierigheid en dan laaste 'n baklei x kos klank?
My buurman is baie wakker en hy weet ook nou van die perd want die spoor was al aan sy kant ook gewees. Of dit meer as een kan wees sal ons nie kan sê nie, maar hoekom sal vlekkie alleen loop? Ek twyfel daaraan.

Hoor graag van julle.
Williel wrote:Eish, daai 30 grade 8 uur die aand stoot die kwik sekerlik na 37 grade oor die middag.
Willie, die kwik is darem nie so rof die jaar nie, lê die laaste 2 - 3 weke maar oor die middag so by 39 grade, darem nog nie laasjaar se 45.5 gehaal nie :):
Francois Marais wrote:Dis net hy.....so nou kan jy ook sê jy weet hoe voel dit om n jakkals op jou plaas te hê.....hehe
11.1.11 gevoel as jy my vra 'Cois, net besig om skaap te werk, ek sal die man volgende week benader. Gee maar raad asb.
Finfan wrote:PS, dis darem mooi wereld daar by jou. My pa het grootgeword daar tussen Gochas en Koes.
Dankie Finfan, ek besef dit nie elke dag nie, maar dit is 'n besonderse omgewing, hard maar ook vol beloftes en verrassings.

Groetnis
Johan
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Gawie(13mm) »

Moet asb. in hemels naam net nie die krip en jou tenks vol gate skiet nie.

Sterkte maat. Ek hoop en vertrou die volgende foto's sal in kleur wees van 'n bebloede vlekkie in 'n vertikale possisie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

Gawie(7mm) wrote:Moet asb. in hemels naam net nie die krip en jou tenks vol gate skiet nie.

Sterkte maat. Ek hoop en vertrou die volgende foto's sal in kleur wees van 'n bebloede vlekkie in 'n vertikale possisie.
Dankie Gawie, ek skiet darem so van die linkerkantste boonste hoek (foto) van die duin af, so die tenk is uit die spervuur en as vlekkie daar staan sal ek die krip offer as dit moet ;D , vlekkie is meer werd!

Ek hoop om die perd vertikaal te kry, as hy net in my grond is......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Vlekkie of nie.......

Post by KSV »

Kalahari,

Die kalahari jag ma moeilik.

Ek jag by 2 boere naby Pearsons Hunt. Wat hulle doen vir my is om die spore dop te hou die week voor ek kom en dan vir my die kern gebied so te bepaal.

Het die jaar en laas jaar net 2 stands nodig gehad om hulle spul om te dop.

Ma soos jy seker weet 1 jakkals op 10 na 18 000 hektaar is n perd van 'n ander kleur as jy nie weet wa loop die outjie orals rond nie.

Daars nog so slimmetjie wat my nog ore aansit. hom ge-erf van n buurman af wat elke aand gaan draai ry.

Mooi Loop en sterkte.
Hein
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

KSV wrote:Ma soos jy seker weet 1 jakkals op 10 na 18 000 hektaar is n perd van 'n ander kleur as jy nie weet wa loop die outjie orals rond nie.
Dankie Hein, ja nee, die jakkals kan op enige plaas nou wees en die aarde is wyd hier, net by my en die buurman wat die spoor gesien het is dit al klaar 25 000 ha, en dit is nie eers die ander bure wat nie spore kyk nie.
Nou sit ek nog alleen, geen ingeneurs om my stoel te help laai nie. Daar is egter 'n paar ander "soldate" in die veld wat wagstaan :police:

Arbeid is nou op die stadium 'n groot probleem op amper al die plase in ons omgewing.

Ek sal vertel as die jakkals iets maak en wag gebeur het. Partykeer sien man sy spoor of een ding wat gevang is ( aasvoëls is gewoonlik voor my daar) en dan verdwyn vlekkie weer vir maklik 3 jaar, regtig min by my.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vlekkie of nie.......

Post by Kalahari »

Dit was tot dusver net die een verskyning van vlekkie op die kamera gewees, tussen my en die buurman gewaar ons niks spore of iets wat aandui dat vlekkie tussen ons diere opereer nie.

Gisteraand so bietjie uitgegaan en in die omgewing gaan roep waar ek vermoed vlekkie dalk kan/kon wees en net die een predatoor raakgeloop. Ek het nie 'n foto geneem nie, want party mense voel dat die dier gelos moet word. By my weet ek verseker is hulle vir groot deel van my lam verliese verantwoordelik.
Net die kort video greep, jammer vir die swak beeld die dier was 220m van my gewees.

Voorspoed
https://www.youtube.com/watch?v=Gbn7Gx_ ... e=youtu.be
Post Reply