Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sien gister ñ koenyn in die pad hardloop en dink toe dat ek hom op ñ goeie dag dalk sal kan inhardloop. Ek dink toe dat ñ jakkals hom seker ook maklikker kan vang as ñ lam. Hier kry ek toe ñ idee dat jy gekastreerde manlikke koenyne(dat hulle nie jou plaas haas teling bedonner nie) met iets inplant in die boude (onder die vel soos ñ mikrochip) wat jakkals die tydelikke met die ewige sal laat verruil, sou hy die haas vang. Ek dink ook dat dit selektief is want enige iets wat ñ haas kan vang is ñ gevaar vir ñ skaap boer. Sal graag hoor wat julle dink.
Akkedis
Hier in ons geweste doen die mense dit met hoenders (battery hoenders) wat nie gewoond is om rond te loop nie, die mense wat dit doen reken dit werk goed. Ek is heeltemal gekant teen gif, veral as die mense dit op n onverantwoordelike manier aanwend... Het ook opgelet dat op plase waar gif gebruik word, jy nog steeds baie jakkalse en rooikatte skiet maar jy sien omtrent nooit n bakoor/silwerjakkals nie en groukatte ook skaars.
My 2C is dat n mens n leemte skep wat dan net deur skelm jakkalse gevul word, geen ander klein roofdier/ voels wat help met ekologiese bestuur van peste nie.
As jy dan "moet" gif gebruik, dink ek dit is net so belangrik soos enige ander metode dat jy n behoorlike kursus doen om sodoende die teiken dier te beheer en nie al die ander onskuldige diere nie!
Konyne en hoenders het my nog nie so kwaad gemaak dat ek hulle wil gebruik vir jakkals aas nie.
Jou plan kan werk - maar hou dit eenvoudig. Sit net 'n klomp koenyne in, sonder die fancy magaftertjies. Offer die koenyne dan basies op 'n skinkbord vir die jakkalse. Die jakkalse sal hopelik hulle vang voordat hulle die skape gaan vang. 'n Koenyn is baie goedkoper as 'n skaap ! Vergeet van al die gif dinge, "voer" die jakkalse dan eerder die makliker prooi as jou duur skape, terwyl jy jou tegniek opskerp om die jakkalse vrek te skiet. Maak set seker die koenyne loop dan tussen die skape !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !