Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vir my die Foxpro gekoop met behulp van al die manne se hulp en raad op die forum.
Ek het verlede week by my op die plaas twee aande na mekaar uit gegaan en vier jakalse geskiet en dit nogal met n wit
Isuzu. Met die eerste roep het ek my in n ander gedagte in geskrik toe ek sien hoe naby die jakke by jou kom. Ek wil nog steeds n kursus doen om daai fyner kunsies te leer.
Het ook vir Heinrich gebel vir raad. Dankie daarvoor.
Nou kan ek ook BRAG
Baie geluk Heinz,
Nou is jy ook in vir koue nagte en frustrasies.
Dit gaan nie altyd so goed nie, moet net nie afgesit word as jy nagte agtermekaar niks kry nie. Dit gaan soms so.
Groete
Johan Smit