Wil die naweek gaan jag!

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Wil die naweek gaan jag!

Post by Eugene »

Ek wil die naweek bietjie gaan jag op die plaas!

Gisteraand al my goed reggepak en so bietjie aan die dink gegaan...

Ek het baie fancy toerusting, alarmpies en alu tri-pods, die duurste en beste van alles en amper niks is meer tradisioneel nie! Baie van my toerusting is ingevoer en die prooi het amper geen kans teen al die reuke en kleure nie...

Ek is ook nie van plan om te loop nie, maar gaan eerder my prooi by die water voorsit en gaan nog voer ook uitsit! Ek beplan om rustig te wag onder 'n gazebo, op 'n gemaklike stoel en moontlik met 'n koue bier in die hand. Verder beplan ek ook nog om dit oor 'n lang afstand te doen, met party "skote" 'n raps oor die 300m!

Toe wonder ek nou, gaan ek jag of gaan ek skiet?

Nietemin, ek hoop die groot karpe byt, ek wil nie verniet 300m+ inroei nie.... >:D >:D >:D

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Reggie Gerber »

Moet net nie lewindige aas gebruik nie (om met n poodle babers te vang is oneties)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Beretta »

Eugene
Weet jy wat call it what you whant dit is jou tyd jou manier en die groot ding is jy moet dit geniet dit is waar oor dit gaan net my mening.
Beretta
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Frederik »

Eugene,

Lekker man hoop jy al hulle uit some in groot noimmers en wys ons bietjie die fotos. Een van die goed wat ek baie meer wil doen die jaar en dit is visvang/jag by die water.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Geniet dit Eugene,

Dit klink vir my na voorsit jag daai.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Eugene »

Die rivier is baie vuil en vol, so ek gaan bietjie in my "spesie" dam vang. Ons het so 2ha besproeiingsdam waarin ek al van skooldae af groot karpe van die rivier af oorplaas. Daar is net karpe en paar babers in, so 'n mens kan lekker daar vang! Dam is lekker vol na die reen, so ek hoop ek kan ietsie bo 10kg optel.

Frederik, ek het my voorgeneem om hierdie jaar bietjie vlieghengel te probeer en het vir Kersfees 'n aan pa van pa vlieghengel kit gekoop. Gaan hierdie beslis meer visvang en minder e-posse lees..... ;)
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Skree as jy tip of 2 soek op die vlieg hengel.

Ek sal tot vir jou paar vliegies gee wat tot dusver mooi gewerk het vir my
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Frederik »

Eugene pas op net met die bollies as baber se kind eers gewoond raak daaran gaan jy niks meer karpe vang nie. As ek reg onthou groei karpe so 1kg per jaar so jy kan maar tel en dink hoe groot die menere is.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Eugene »

FCLoretz wrote:Skree as jy tip of 2 soek op die vlieg hengel.

Ek sal tot vir jou paar vliegies gee wat tot dusver mooi gewerk het vir my
FC, ek skuld jou nog 'n visvang! Hierdie jaar gaan ons so maak! Ek leer nog gooi.

Wel agtergekom dat 'n leader 'n BAIE lekker kraaines kan maak as mens te opgewonde raak..... :P
Aim small, miss small
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Jakkie07 »

"met party "skote" 'n raps oor die 300m"
en toe "ek wil nie verniet 300m+ inroei nie"
Ek sit nou en dink as jy 300m ingooi, is kan jy darem lekker diepsee visvang so van die strand af.
AL wat ek ken van karp vang is n kerrie pap, en dat jy sit, en sit en sit(dink ek sit baie oor die kerrie pap)

Lekker vis vang
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Kyk jou PM's

PS: Klerksdorp Mcnab!! :):)
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Carl »

Nee wat klink of ek jou moet leer wat regte jag is, soos FC sê daar is net een manier wat reg is;-)

Ek het die vakansie 'n paar leeries op die vlieg gekry in Sedgefield. Dit het my opnuut lus gemaak vir geelvis in die Vaal. Toe ons die 9 Des oor die rivier is daar by Orkney toe loop sy pragtig skoon! Nou maar bietjie wag en kyk as alles bietjie rustig raak, 50 cumecs is nie lekker jag stroom nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Dolf014 »

Ek hou glad nie van vlieg-hengel nie; altwee jou hande is besig..............hoe moet ek dan nou my glas vashou???
Julle ken die storie van die 2 manne wat ga visvang het; hulle kom by die water aan en die 1 ou vra later vir sy pel; het jy al ingegooi? Nee, sê hy; ek kry nie die glase nie!!
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Dolf014 wrote:Ek hou glad nie van vlieg-hengel nie; altwee jou hande is besig..............hoe moet ek dan nou my glas vashou???
Julle ken die storie van die 2 manne wat ga visvang het; hulle kom by die water aan en die 1 ou vra later vir sy pel; het jy al ingegooi? Nee, sê hy; ek kry nie die glase nie!!

Dolf dan doen jy dit verkeerd.

Kom dan wys ek jou hoe :laugh:
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Eugene »

Carl wrote:Nee wat klink of ek jou moet leer wat regte jag is, soos FC sê daar is net een manier wat reg is;-)

Ek het die vakansie 'n paar leeries op die vlieg gekry in Sedgefield. Dit het my opnuut lus gemaak vir geelvis in die Vaal. Toe ons die 9 Des oor die rivier is daar by Orkney toe loop sy pragtig skoon! Nou maar bietjie wag en kyk as alles bietjie rustig raak, 50 cumecs is nie lekker jag stroom nie.
Dan moet ons mos maar plan maak die jaar! Dat ek by die meesters kan leer.... ;)
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Carl »

Gaan ons nou drink visvang of jag?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Eugene »

Seker eers visvang en dan 'n mout of twee..... Sal seker nie skade maak nie, man moet darem de-brief na die tyd.... 8)
Aim small, miss small
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Dolf014 »

Frederick; is dit visvang of hengel?? Ek ken nie die verskil nie (hier is te min water in die Kalaharie)

PS; ek kry nie die gesiggies op my posts reg nie (hulle maak letters as ek op die "lag" knoppie druk..????)
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Wat van die braai?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Vlieg hengel Dolf.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Jakkie07 »

Dolf014 wrote:Ek hou glad nie van vlieg-hengel nie; altwee jou hande is besig..............hoe moet ek dan nou my glas vashou???
Julle ken die storie van die 2 manne wat ga visvang het; hulle kom by die water aan en die 1 ou vra later vir sy pel; het jy al ingegooi? Nee, sê hy; ek kry nie die glase nie!!
Ek al van ouens gehoor wat plan A visvang is, en plan B kuier, plan B is gewoonlik beter beplan as plan A en dan is dit vir liga hengel.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Marc »

Eugene wrote:
Carl wrote:Nee wat klink of ek jou moet leer wat regte jag is, soos FC sê daar is net een manier wat reg is;-)

Ek het die vakansie 'n paar leeries op die vlieg gekry in Sedgefield. Dit het my opnuut lus gemaak vir geelvis in die Vaal. Toe ons die 9 Des oor die rivier is daar by Orkney toe loop sy pragtig skoon! Nou maar bietjie wag en kyk as alles bietjie rustig raak, 50 cumecs is nie lekker jag stroom nie.
Dan moet ons mos maar plan maak die jaar! Dat ek by die meesters kan leer.... ;)
Jy gaan skuuuuuuiiit as ek nie saam genooi word nie smous :police:

Sit bietjie daai fototjie hier op dat manne kan sien waarmee jy eintlik besig is >:+
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Carl »

Ok dis 'n eerste kwartaal 2014 voorneme. Gaan die vloei dop hou, as hy begin stabiliseer maak ons planne.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by FCLoretz »

Carl as die reen weg bly sal jy so teen Dinsdag/woensdag al kan begin vis.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wil die naweek gaan jag!

Post by Carl »

Ja, maar ek bid vir nog reën ;) en ek werk dan.....:(
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply