Gisteraand al my goed reggepak en so bietjie aan die dink gegaan...
Ek het baie fancy toerusting, alarmpies en alu tri-pods, die duurste en beste van alles en amper niks is meer tradisioneel nie! Baie van my toerusting is ingevoer en die prooi het amper geen kans teen al die reuke en kleure nie...
Ek is ook nie van plan om te loop nie, maar gaan eerder my prooi by die water voorsit en gaan nog voer ook uitsit! Ek beplan om rustig te wag onder 'n gazebo, op 'n gemaklike stoel en moontlik met 'n koue bier in die hand. Verder beplan ek ook nog om dit oor 'n lang afstand te doen, met party "skote" 'n raps oor die 300m!
Toe wonder ek nou, gaan ek jag of gaan ek skiet?
Nietemin, ek hoop die groot karpe byt, ek wil nie verniet 300m+ inroei nie....
Groete

