Gasse en aardverwarming

Post Reply
Ambessa

Gasse en aardverwarming

Post by Ambessa »

Hallo almal

Die gesprekke oor om "vleis nie op Maandae te eet nie", het my op hierdie stukkie laat afkom. Waar gaan al die plante (as kos vir mense) geproduseer word? Bome in re?nwoude (wat koolsuurgas op groot skaal vasvang) word nou afgekap om plek te maak vir die produksie van oa sojabone waarvan biodiesel vervaardig kan word.

Ambessa
Aardverwarming ? die veefaktor

Plantvretende diere, veral makgemaakte herkouers soos beeste, skape en bokke maar ook die wild (soos buffels, koedoes, kameelperde, ens.), skei groot hoeveelhede gasse uit. Die vraag is natuurlik of ons ten spyte van hierdie klein ?prys? sonder produkte soos melk, vleis, wol, leer en dieretrekkrag (perde, donkies, osse, waterbuffels) in ons daaglikse lewens kan of wil klaarkom.

Sedert die industri?le rewolusie ?n paar honderd jaar gelede, het die mensdom se behoeftes aan energie en kommoditeite skerp gestyg. Die basis van energieverbruik kan meestal na steenkool, aardolie en gas dit wil s? koolwaterstowwe, teruggevoer word. Die snelle ontwikkeling van welvaart en verhoging in lewenspeil in veral die ontwikkelende lande (van daardie tyd en ook meer onlangs) het dus sterk op die gebruik van koolwaterstowwe gerus en het gaandeweg ?n baie groter vraag na die energiebronne geskep.

Eers was die gedagte dat ons onbeperkte natuurlike reserwes het wat baie dekades in die mens se behoeftes sal voorsien. Skielik het die nadelige gevolge van die grootskaalse verbranding van koolwaterstowwe en vrystelling van koolstof in die atmosfeer, klokkies oor aardverwarming laat lui. Die vraag na kommoditeite het w?reldwyd ook tot sneller ontbossing van re?nwoude in veral Suid-Amerika, Wes-Afrika en Suid-Oos-Asi? aanleiding gegee. Bome, trouens alle plante, is een van die beste natuurlike bates wat koolstof weer uit die atmosfeer verwyder en dit deur die proses van fotosintese in groen materiaal vasvang. Sonenergie word terselfdertyd ook vasgevang ? dit is die rede waarom hout so lekker by braaivleisvure brand ? eintlik is dit opgebergde sonenergie wat weer benut word.

Die herkouers soos beeste, skape en bokke se suksesvolle benutting deur die mensdom is natuurlik ?n direkte gevolg van hulle unieke verteringstelsels. Die wye grasvlaktes, struike en benutbare bosse word baie effektief deur hierdie diere gevreet en in ruil lewer hulle dierlike produkte wat hierbo genoem is. Trouens, gras is die grootste enkele hernubare bron van sonenergie wat jaarliks op aarde vasgevang word. Die nadeel, as dit so genoem kan word, van hierdie herkouende diere se verteringstelsels is dat beide koolsuurgas en metaangas geproduseer word. Onthou net alle diere met ?n mate van mikrobiese aktiwiteit in die laer spysverteringskanaal, byvoorbeeld varke, perde en selfs mense, produseer hierdie gasse in die loop van normale vertering van voedsel ? die gas gaan l? natuurlik soms nogal heel swaar op ons reuksintuie.

Die ontwikkeling van groener energietegnologie (byvoorbeeld wind) het lank agterwe? gebly en behalwe vir windlaaiers en windpompe op plase, eers relatief onlangs momentum begin kry. Die ontwikkeling in Europa is ver gevorderd en prysenswaardig, maar is tans in Suid-Afrika nog in sy kinderskoene en ook relatief duur. Die soeke moet egter versnel word.

Daar moet gestreef word na hernubare energiebronne wat die minste koolstof bydra tot die poel in die atmosfeer. Verder moet ons seker maak dat plante en veral natuurlike bosse en grasvelde behou word sodat koolstof vinnig uit atmosfeer verwyder kan word.

Tydens ?n gesprek (met Freek en luisteraars wat ingebel het) is verder op die aspekte uitgebrei en probeer om ?n goeie balans te handhaaf.
Last edited by Ambessa on Mon Jan 03, 2011 8:23 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Gasse en aardverwarming

Post by Stefan764 »

Oom Am

Ek sit nou weer so hierdie post van oom en lees toe dink ek:

Ons (lees EK) se altyd baie braaf en windgat: Man, ek SAL dit en ek SAL nie dat nie, dit maak tog geen verskil nie!! Ek is voor in die koor meeste van die tyd... Vat die Meat-free-Mondays post byvoorbeeld...
Nou wonder ek, moet ons manne nie maar begin om net so n ou klein bydraetjie probeer lewer nie?? My voorstel is: Ek as jagter (en ek hoop ander ouens doen my na...) gan van 2011 af vir elke bok wat ek jag een inheemse boom plant/laat plant. Dit gan mos n verskil maak, of lees ek nou jou post verkeerd?
Sien, die saak staan so: Ek gaan verseker nie ophou jag nie, maar ek kan ook seker nie aanhou om arrogant genoeg te wees en te dink ek hoef nie my deel te doen nie?? n Doringboom by n kwekery kos tussen R30 en R50... En dit vat geen ekstra moeite om die tuiman te wys waar om die boompie te plant nie. Of dan nou sommer self die ou gaatjie te grou en die boompie daar te begrawe nie... Ek dink ons manne wat ini stad bly moet so iets oorweeg. Ek weet ek gan. Die manne opi plase is omring deur die "koolstofpolisie" so ek weti of dit daar n verskil gaan maak nie, maar in die dorpe kan dit mos net n goeie ding wees?

Vir my is dit in elkgeval dubbeldoelig. Ek is mal oor n doringboom PLUS ek kan my gewete sus deur regtig iets daaraan (aardverwarming) te doen en dit deur my liefde vir jag en die natuur verder te vat as net "loop haal in die jagveld"...

Ek hoop oom verstaan wat ek hier probeer se en gee asb oom se siening.

Mooi loop "ou" Leeu  ;)
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gasse en aardverwarming

Post by Christo »

Stefan

Ek bied die plek aan om hulle te plant, daar gaan mos baie wees. Hier is hopeloos te min inheemse bome en te veel Bloekom bome.  Goeie idee die van jou. Ek sekondeer, JB en sy maters wat oes gaan maar sukkel om by te hou.

As ons in ag neem hoeveel minder wild daar is maar die vee nie op vir die minder wild nie. Vra maar vir Yalair hoeveel Springbokke trek nog verby daar is sy geweste. toedertyd was my oupa Stasiebevelvoerder op Boshoff en het hulle vir 3 dae lank geskiet as die bokke verby getrek het. Waar is daai getalle nou.

'n ander nota. In watter siklus is ons wat aardverwarming betref. Daar is re?n silklusse van 3,7,30,50,90 jaar ens. Is dit nie dieselfde met aardverwarming nie. Die osoongat scare was wat my aanbetref ook 'n yskasvervaardigers foefie, die osoongat se size vergroot en verklein al vir eeue. As hy heeltemaal toegaan is ons klaar. Iewers moet die gasse uitgaan wat op aarde veroorsaak word.

Laat mens dink ???
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Gasse en aardverwarming

Post by Ambessa »

Hallo Stefan764
Stefan764 wrote:...moet ons manne nie maar begin om net so n ou klein bydraetjie probeer lewer nie??... ...vir elke bok wat ek jag een inheemse boom plant/laat plant. Dit gan mos n verskil maak,...

...Mooi loop "ou" Leeu  ;)
1 ...in die kol, verminder die effek van ons koolstofvoetspoor op 'n praktiese wyse met baie bome - verkieslik inheems...

2 ...eish...?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Jan 19, 2011 7:32 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Gasse en aardverwarming

Post by Stefan764 »

Christo wrote: Stefan

Ek bied die plek aan om hulle te plant, daar gaan mos baie wees. Hier is hopeloos te min inheemse bome en te veel Bloekom bome.  Goeie idee die van jou. Ek sekondeer, JB en sy maters wat oes gaan maar sukkel om by te hou.

As ons in ag neem hoeveel minder wild daar is maar die vee nie op vir die minder wild nie. Vra maar vir Yalair hoeveel Springbokke trek nog verby daar is sy geweste. toedertyd was my oupa Stasiebevelvoerder op Boshoff en het hulle vir 3 dae lank geskiet as die bokke verby getrek het. Waar is daai getalle nou.

'n ander nota. In watter siklus is ons wat aardverwarming betref. Daar is re?n silklusse van 3,7,30,50,90 jaar ens. Is dit nie dieselfde met aardverwarming nie. Die osoongat scare was wat my aanbetref ook 'n yskasvervaardigers foefie, die osoongat se size vergroot en verklein al vir eeue. As hy heeltemaal toegaan is ons klaar. Iewers moet die gasse uitgaan wat op aarde veroorsaak word.

Laat mens dink ???
Christo

Ek hoor wat jy se en ek het al baie daaroor gewonder. Net nog nooit die tyd of lus gehad om regtig daaroor na te vors nie. Dalk kan ons die vragie aan n paar slim manne by universiteite of goete stuur lat hulle vir ons meer duidelikheid op die saak gee. Maar ek moet byse, my kop se vir my dat daar nooit TE VEEL bome kan wees nie... Of hoe??

Stefan

(NS - JB en die manne sal maar moet uitkontrakteer!!  ;D ;D  )
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Gasse en aardverwarming

Post by Stefan764 »

Ambessa wrote: Hallo Stefan764
Stefan764 wrote:...moet ons manne nie maar begin om net so n ou klein bydraetjie probeer lewer nie??... ...vir elke bok wat ek jag een inheemse boom plant/laat plant. Dit gan mos n verskil maak,...

...Mooi loop "ou" Leeu  ;)
1 ...in die kol, verminder die effek van ons koolstofvoetspoor op 'n praktiese wyse met baie bome - verkieslik inheems...

2 ...eish...?

Ambessa
Hallo my oom

1 .....dankie vir jou trugvoer ook. Dit is verseker op my agenda vir 2011 en die seisoene wat voorle.

2 .....skies  :angel:      ;D ;D

Groetnis
Stefaans
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply