Die gesprekke oor om "vleis nie op Maandae te eet nie", het my op hierdie stukkie laat afkom. Waar gaan al die plante (as kos vir mense) geproduseer word? Bome in re?nwoude (wat koolsuurgas op groot skaal vasvang) word nou afgekap om plek te maak vir die produksie van oa sojabone waarvan biodiesel vervaardig kan word.
Ambessa
Aardverwarming ? die veefaktor
Plantvretende diere, veral makgemaakte herkouers soos beeste, skape en bokke maar ook die wild (soos buffels, koedoes, kameelperde, ens.), skei groot hoeveelhede gasse uit. Die vraag is natuurlik of ons ten spyte van hierdie klein ?prys? sonder produkte soos melk, vleis, wol, leer en dieretrekkrag (perde, donkies, osse, waterbuffels) in ons daaglikse lewens kan of wil klaarkom.
Sedert die industri?le rewolusie ?n paar honderd jaar gelede, het die mensdom se behoeftes aan energie en kommoditeite skerp gestyg. Die basis van energieverbruik kan meestal na steenkool, aardolie en gas dit wil s? koolwaterstowwe, teruggevoer word. Die snelle ontwikkeling van welvaart en verhoging in lewenspeil in veral die ontwikkelende lande (van daardie tyd en ook meer onlangs) het dus sterk op die gebruik van koolwaterstowwe gerus en het gaandeweg ?n baie groter vraag na die energiebronne geskep.
Eers was die gedagte dat ons onbeperkte natuurlike reserwes het wat baie dekades in die mens se behoeftes sal voorsien. Skielik het die nadelige gevolge van die grootskaalse verbranding van koolwaterstowwe en vrystelling van koolstof in die atmosfeer, klokkies oor aardverwarming laat lui. Die vraag na kommoditeite het w?reldwyd ook tot sneller ontbossing van re?nwoude in veral Suid-Amerika, Wes-Afrika en Suid-Oos-Asi? aanleiding gegee. Bome, trouens alle plante, is een van die beste natuurlike bates wat koolstof weer uit die atmosfeer verwyder en dit deur die proses van fotosintese in groen materiaal vasvang. Sonenergie word terselfdertyd ook vasgevang ? dit is die rede waarom hout so lekker by braaivleisvure brand ? eintlik is dit opgebergde sonenergie wat weer benut word.
Die herkouers soos beeste, skape en bokke se suksesvolle benutting deur die mensdom is natuurlik ?n direkte gevolg van hulle unieke verteringstelsels. Die wye grasvlaktes, struike en benutbare bosse word baie effektief deur hierdie diere gevreet en in ruil lewer hulle dierlike produkte wat hierbo genoem is. Trouens, gras is die grootste enkele hernubare bron van sonenergie wat jaarliks op aarde vasgevang word. Die nadeel, as dit so genoem kan word, van hierdie herkouende diere se verteringstelsels is dat beide koolsuurgas en metaangas geproduseer word. Onthou net alle diere met ?n mate van mikrobiese aktiwiteit in die laer spysverteringskanaal, byvoorbeeld varke, perde en selfs mense, produseer hierdie gasse in die loop van normale vertering van voedsel ? die gas gaan l? natuurlik soms nogal heel swaar op ons reuksintuie.
Die ontwikkeling van groener energietegnologie (byvoorbeeld wind) het lank agterwe? gebly en behalwe vir windlaaiers en windpompe op plase, eers relatief onlangs momentum begin kry. Die ontwikkeling in Europa is ver gevorderd en prysenswaardig, maar is tans in Suid-Afrika nog in sy kinderskoene en ook relatief duur. Die soeke moet egter versnel word.
Daar moet gestreef word na hernubare energiebronne wat die minste koolstof bydra tot die poel in die atmosfeer. Verder moet ons seker maak dat plante en veral natuurlike bosse en grasvelde behou word sodat koolstof vinnig uit atmosfeer verwyder kan word.
Tydens ?n gesprek (met Freek en luisteraars wat ingebel het) is verder op die aspekte uitgebrei en probeer om ?n goeie balans te handhaaf.

