Ek wil so bietjie inligting en raad vra oor trekkers. Ek glo hier sal seker iemand wees wat redelik met trekkers werk.
Ek het 'n 2 x 4 Ford 5000 78 model en gebruik die trekker maar vir als van hamermeul, padskraap, ontbossing ens , maar ek wil nie die ou nie oorwerk nie en dan is daar die meeste duine wat ek nie met 'n skraper agter gehaak oorkom nie. Ek verleng maar die sleeptou, hou op die duin stil en sleep dan die skraper oor.
Nou my vraag: hoeveel ure moet 'n trekker ophê om nog in goeie toestand te wees of wat is te veel ure, of is dit maar soos met ander voertuie ook hoe hulle gediens en opgepas is?
Ek wil in die toekoms vir my 'n 4 x 4 trekker aanskaf, maar prys gaan 'n groot rol speel. Waarvoor moet mens uitkyk of oppas wat jou later aan die gat kan byt?
Ek weet elke man sal seker ook sy "favourite" maak hê, maar watter trekkers hou en sal mens nie in die steek laat nie? As daar 'n Land Cruiser trekker was sou ek een gekoop het.
Dankie dat ek weer julle raad kan vra en dankie vir elkeen wat altyd met iets vorendag kom.
Groete
Johan

