4 x 4 Trekker

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Naand almal

Ek wil so bietjie inligting en raad vra oor trekkers. Ek glo hier sal seker iemand wees wat redelik met trekkers werk.
Ek het 'n 2 x 4 Ford 5000 78 model en gebruik die trekker maar vir als van hamermeul, padskraap, ontbossing ens , maar ek wil nie die ou nie oorwerk nie en dan is daar die meeste duine wat ek nie met 'n skraper agter gehaak oorkom nie. Ek verleng maar die sleeptou, hou op die duin stil en sleep dan die skraper oor.

Nou my vraag: hoeveel ure moet 'n trekker ophê om nog in goeie toestand te wees of wat is te veel ure, of is dit maar soos met ander voertuie ook hoe hulle gediens en opgepas is?
Ek wil in die toekoms vir my 'n 4 x 4 trekker aanskaf, maar prys gaan 'n groot rol speel. Waarvoor moet mens uitkyk of oppas wat jou later aan die gat kan byt?
Ek weet elke man sal seker ook sy "favourite" maak hê, maar watter trekkers hou en sal mens nie in die steek laat nie? As daar 'n Land Cruiser trekker was sou ek een gekoop het. >:D

Dankie dat ek weer julle raad kan vra en dankie vir elkeen wat altyd met iets vorendag kom.

Groete
Johan
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Christo »

Johan, die besluit om 'n trekker te vervang is maklik as jy mooi boekhou van sy kostes, wanneer sy kostes die nuwe se huurkoop verbygaan kan jy begin oorweeg om te vervang. Ons vervang trekkers met so min soos 6000 uur op maar ek werk nog met 1ste lyn trekkers wat meer as 20000 ure op het, MF399 x 2. By ons in die omgewing vat John Deere oor. Jy is ver van agente, kies uit die stal waar jy diens kan kry. My trekkers doen so 1600 uur gemiddeld per maand.

Nog iets. Kyk maar na brandstof verbruik. Dit raak nou duur gedeelte van jou kostes.

Is daai trekker van jou se tyres vol water, 3/4?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Christo wrote:Is daai trekker van jou se tyres vol water, 3/4?
Christo, ja, die bande is 3/4 vol water. Vir die algemene pad sleep ens kom ek reg met die Ford 5000, maar as man die dwarsduine begin vat dan neuk dit maar, so ek sal kyk na iets waarmee ek 'n swaar skraper kan sleep om drade oop te skraap, dalk 'n bos uit te ploeg ens.
Ek wil die plaas so vinnig as moontlik toeganklik maak vir die geval van veldbrande, ek wil nie hê die ou wat my kom help moet sukkel om by 'n brand uit te kom nie, hy moet kan ry.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Christo wrote:. Ons vervang trekkers met so min soos 6000 uur op maar ek werk nog met 1ste lyn trekkers wat meer as 20000 ure op het, MF399 x 2.
Christo, wat sal die rede daarvoor wees? Is die een trekker net beter (itv kwaliteit min breke ens) as die ander een dat die een 20 000 ure doen en die ander een net 6000 ure?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Chevvy SS »

Kalahari, daar is 2 ouens ( werktuigkundiges) van Upington se John Deere handelaar wat elke 2de week 'n hele week in die Mariental omgewng werk. Hulle bly in die hotel daar.

Op die skema en Stampriet loop blykbaar 50 (kan 150 wees) JD's. Dus sal die diens ok wees.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Skolla »

Bel vir Deon Schoeman, hier op Hardap skema, 081 een twee vier 0827.
Moontlik kan hy help?

Skolla
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Skolla, Chevvy, dankie manne vir julle raad en inligting. Gepraat van diens, die is sommer tops op die forum. 8)

Groete
Johan
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Raven »

Ek is ook opsoek na n ordentlike 4x4 Trekker en het paar opsies uit SA nou gekry.

Raven
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Dankie Raven, ek stuur vir jou epos.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Christo »

Kalahari wrote:
Christo wrote:. Ons vervang trekkers met so min soos 6000 uur op maar ek werk nog met 1ste lyn trekkers wat meer as 20000 ure op het, MF399 x 2.
Christo, wat sal die rede daarvoor wees? Is die een trekker net beter (itv kwaliteit min breke ens) as die ander een dat die een 20 000 ure doen en die ander een net 6000 ure?
Goeie verkoopsmanne. Ek hoor hoeka Kuboto trekkers gebruik net 3 liter diesel/h.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 4 x 4 Trekker

Post by Kalahari »

Christo wrote:Kalahari wrote:


Christo wrote:

. Ons vervang trekkers met so min soos 6000 uur op maar ek werk nog met 1ste lyn trekkers wat meer as 20000 ure op het, MF399 x 2.


Christo, wat sal die rede daarvoor wees? Is die een trekker net beter (itv kwaliteit min breke ens) as die ander een dat die een 20 000 ure doen en die ander een net 6000 ure?

Goeie verkoopsmanne. Ek hoor hoeka Kuboto trekkers gebruik net 3 liter diesel/h.
++>: ++>: , Dankie Christo, ek hoop net nie ek loop my vas in so 'n verkoopsman nie :police:
Post Reply