My pa het n selfaanmekaargeslaande roeper so stuk of 4 jaar trug by n ou op Vryburg gekoop. Speaker, dimmer en herlaaibare battery, eenvoudig. Net bietjie groot en lomp, was in die 40cm BigJim toolboxe ingebou.
Om n lang storie kort te maak, die ding is deur my "oorgeneem" (dankie pa), afgestof en met sy eerste roep-naweek het ek en Geno 10x jakkalse tot OTA4 bygedra.
Vanaand na die skitterende rugby besluit ek toe om die ding te modify. Vat my klein toolboxie en n paar skroewe en double sided tape later lyk hy nou so, lekker kompak en die regte kleur:


Binne kan gesien word die battery, dimmer en sommer die chargder ook, dan is hy altyd daar. Als is mooi met stukke spons gespasieer om enige vibrasies of geraas uit te skakel. My selfoon plug by hom in en Hein se CD6 is op my selfoon natuurlik...

Skiet bietjie met voorstelle wat ek die kontrepsie kan noem?
Dankie en groete!
Stef


