"Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

"Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Goeie dag.

Ek moet voortydig bieg en sê dat hierdie projek die malste perd is wat ek nog opgesaal het. ;D
Ek wou nog altyd my HOWA se "slot-knop" vervang met iets meer substansieël en toe gaan kuier ek 'n bietjie by S&O en loop die rat-hefboom knop raak vitr R 250.00.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_121816.jpg

Met baie swets en sweet het ek die outjie gemaak pas en lyk hy nou so:

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_080301.jpg

Die voordeel is dat ek kan "ratte verwissel" sonder om my oog van die teiken af te haal en te voel waar die hefboom sit. ;D
Die bonus is dat my HOWA spesiaal voel. ;)

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_080413.jpg

Ek sal vandag die res van die fotos laai met verduidelikings oor hoe ek tewerk gegaan het.

Groete,
Gawie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Veiligheid eerste manne. Dra maar die brille en handskoene en hou 'n bak met water naby om die metaal gereeld af tekoel. Ek het die hele slot met maskeer band bedek om yster-fysels uit die slot te hou.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_122638.jpg

Klamp stewig vas en sny 'n plat vlak met die hoekslyper. Ek het 'n 1mm "disk" gebruik.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_123042.jpg

Plat vlakke aan twee kante
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_123335.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Tue Oct 01, 2013 8:48 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Ek het die knop met "marking blue" gespuit en twee parralelle lyne gemerk, effens wyer as die uiteindelike deursnee van die "as"
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_123728.jpg

Sny op die twee lyne.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_123835.jpg

Ek moes eintlik eers die kop, 'n plat vlak geslyp het nadat ek die eerste plat vlak gesny het. Dit sou 'n beter idee gegee het van die ronding wat nodig is.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_124027.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Tue Oct 01, 2013 8:53 am, edited 2 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Hier kom die sports nou ;D. Ek het met 60grit papier op die bandskuurder die "as" begin rond maak.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_124932.jpg

Amper rond.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_124939.jpg

As ek die plat vlak op die knop tweedens haaks gesny het sou dit nie nodig wees om dit te merk nie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_130137.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Tue Oct 01, 2013 8:56 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Halfpad deur die oefening het ek 'n "stopper" gemaak sodat ek nie in die "vleis" van die hefboom igaan nie.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_132643.jpg

Mooi rond met 'n 6.95mm deursnee.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_132650.jpg

Die "draad-snyer" is 'n 7mm snyer met 'n 1mm "pitch". Ek het 'n effense hoek op die rand gevyl met die hand sodat die "snyer" makliker kon "vat".
Ek was baie gelukkig dat die draad mooi haaks gesny is.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_075345.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Tue Oct 01, 2013 9:01 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Draad klaar gesny. Dit lyk wel snaaks, maar die draad is haaks en in die middel. Die ronding van die hefboom laat dit skeef vertoon. Nadat ek die draad die eerste keer gesny het, het ek die knop gepas en gesien dat agv. die knop lengte, die knop te ver uitsteek langs die geweer. Geen probleem. Sny nog 6mm af en sny weer die draad.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_075430.jpg

Before
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_114756.jpg

After
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_080704.jpg

Manne as jou g@t regtig juik, kry 'n bak ys en gaan sit daarin >:D; soos 'n goeie vriend my vertel het toe ek hom inlig met wat ek be-oog.
Jy moet of regtig desperaat, dom-onosel of waaghalsig wees om die perd op te saal. Ek is die laaste twee en as ek nou terug kyk was ek baie gelukkig.
Ek het die knop afgesny en gevyl voor ek die storie mooi beplan het. 'n Dag voor ek moet gaan skiet. Nie een van my vriende het 'n draad-snyer met die mates gehad nie.
Die ingieneurs-werke hier het ook nie een gehad nie en ek praat nou van ses verskillende plekke in die Paarl. By een van die verskaffer in die Paarl kon ek een opspoor teen R300.00. Een van die Ingenieurse werke in die Paarl sou die "die-nut" bestel vir my en die "jobbie" op die vlees-masjien doen vir R320.00, maar eers na die naweek.

As jy reg beplan en kop hou neem dit ongeveer twee en 'n half uur in jou tuis-werkswinkel.

Groete,
"Evil-Kenevil" >:D
Last edited by Gawie(13mm) on Tue Oct 01, 2013 9:19 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by PWV »

Sewe-mil
Ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Teen hierdie tyd behoort jy darem al te weet waar sit die knop van die slothefboom.
Ek wed jou ek sal hom kry al blinddoek hulle my. Al nadeel is dan dat ek nie sal kan sien waarna ek skiet nie.
Groetnis.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1595
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Danie01 »

Bakgat!!

My Howa nog oppad en dit lyk ook na een van die veranderinge wat ek sal wil doen.

Sal weer hierdie topic kom loer as ek by daardie punt kom

Groete
Danie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by PWV »

Sewe-mil
Trek maar bietjie jou been!
Netjiese werk soos altyd.
Sal een of ander tyd kom kyk.
Groetnis.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Reggie Gerber »

Daai lyk soos n bulldog met houding

Mooi gemaak

Groete
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by grumpy »

Waar is die como tape wat op die KD was?? ::)

>:(
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Marc »

Evil Kenevil se jy >:D

Goeie werk, dit lyk spogerig ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

grumpy wrote:Waar is die como tape wat op die KD was?? ::)

>:(
Ek en Willem het lekker gestaan en klets daar by S&O, toe ek hom vra of hy nie perdalks een van daai rubber sokkies het wat jy oor die "exhaust" trek nie.
Die man sê ek moet vasstaan en daar verdwyn hy soos 'n groot speld en kom terug met die sokkie wat hy van sy eie geweer afgehaal het.

Sommer net so.
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Oct 02, 2013 7:31 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by LongWolf »

Nou weet ek naby aan wie om verlof te hou...
Jy het mos gese dit vat net 2 ure...
Dan is daar nog baie tyd vir wyn proe... >:+ >:+ >:+

Dis nou wragtig n HOWA met HOUDING!!!!!!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gert Odendaal »

7mm
Baie goed gedoen. ek dink ons het in die gemaksone verval, koop liewer iets voor jy dit self maak, is gewoonlik ons houding, maar wat ons langs die pad vergeet is dit wat jy self doen jou stempel en idees is, jou verpersoonliking van die projek en eind resultaat. Ons sal moet `n kopskuif maak want ons het die kennis om sekere projekte self te kan doen, daaruit leer ons baie nuwe idees wat net lekker kan raak...weereens baie goeie werk daar gedoen 7mm.

Dankie vir die mooi uiteensitting en fotos om die proses te verduidelik. ;) ;) Dit is altyd heerlik om `n proses te volg en die eindproduk te bewonder.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by BRNO (Pierre) »

Baie goed gedoen! groot komplimente!

Terwyl ek gelees het, het ek nogals gedink hier is iemand met meer guts as ek. Toe se jy dit self ;) . Bly dit werk, en het goed afgeloop.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Dankie manne. Ek het besluit om die draad op te sit, sodat ander uit my foute kan leer.
Dit is maar my aard om volspoed in 'n ding in te klim en dan die uitdagings langs die pad die hoof te bied. Tot my vrou se groot ontsteltenis ;).
Satisfaksie na die tyd kan jy nie met geld koop nie en die ondervinding is 'n bonus. ;D

Ek moet bieg en sê dat die vindingrykheid van party van julle manne hier op die forum aansteeklik is.

Groete,
Gawie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Geno »

Netjies Gawie!
Daai slotknoppe werk bitter mooi. Ek het een op my Dasher ook. Numenor het hom gedoen.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Prieska%202013/11.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by G-force »

Hier is myne op my Howa .243.Ook deur Numenor gedoen.
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Ackley%20Improved%20243/DSC01241_zps20332514.jpg
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Matag, ma dis pragtag. ;D
Ons kan nou ons eie HOWA Grootknop-bende begin!! >:+

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Chrisjan

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Chrisjan »

Hier is nog 'n paar wat ek gemaak het...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Chrisjan

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Chrisjan »

Nog een..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by James Wright »

Baie netjies manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by PWV »

Ek weet nie waar jy hierdie netjiese werk doen nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Taktiese slot hefboom knop" vir HOWA

Post by Gawie(13mm) »

Pieter Willem Vorster wrote:Ek weet nie waar jy hierdie netjiese werk doen nie.
Nie in my "chop-shop" nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply