Ek moet voortydig bieg en sê dat hierdie projek die malste perd is wat ek nog opgesaal het.
Ek wou nog altyd my HOWA se "slot-knop" vervang met iets meer substansieël en toe gaan kuier ek 'n bietjie by S&O en loop die rat-hefboom knop raak vitr R 250.00.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130926_121816.jpg
Met baie swets en sweet het ek die outjie gemaak pas en lyk hy nou so:
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_080301.jpg
Die voordeel is dat ek kan "ratte verwissel" sonder om my oog van die teiken af te haal en te voel waar die hefboom sit.
Die bonus is dat my HOWA spesiaal voel.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20130927_080413.jpg
Ek sal vandag die res van die fotos laai met verduidelikings oor hoe ek tewerk gegaan het.
Groete,
Gawie


