Blou wildebees trop begin

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Blou wildebees trop begin

Post by Heinf »

Hi manne

Ek wil graag n troppie bwb aan die gang kry . Klein begin is heeltemaal reg by my . Wat is die kleinste split waarmee ek gaan wegkom. Dit sal nie gaan oor geld maak nie, meer persoonlike satisfaksie om my eie trop te kan begin en te sien hoe getalle groei.

Dan ook bygese .. Waar koop ek hulle aan ? Sien nie baie mense wat nog die normaale bwb verkoop nie

Baie dankie

Hein
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Hugo »

Hein, klein boer is hard boer. Wats jou lang termyn plan?

Wat wil jy probeer?
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Hugo »

Kom ek skep n scenario,

Jy koop 1 bul en 5 koeie, na een jaar kalf 4, jy kry 50/50 gelsag deling, jaar 2 kry jy weer 50/50,

Nou sit jy met 9 koeie 5 bulle, jy moet jou groot bul uithaal want as hy sy dogters dek is die koeel deur die kerk, klein lywe swak gene vrektes.

Ok die groot bul val, koop nuwe bul. Hy dek, kallers val, dan, moet jy daai eerste 2 bul kallers uithaal want ander dek hy sy ma, of sy sussie op jaar 3.

Glo my ekt die toets lelik gedop. Dis lekker mar duur en harde intensiewe werk, of jy teel drekke.

Goodluck, dis moerse fun.

Sit op doe stoep en beloer hoe vreet 2 dik bulle lusern op 60m by die voerbak.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Blou wildebees trop begin

Post by mariusr »

Hoe groot is die grond en waar!
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Heinf »

Ok ek sien nou dis lekker ingewikkeld . My lang termyn plan is om n goeie gesonde trop te bou, maar tyd is nie n probleem nie. Maar lyk my Daar is heelwat gaate in my idee, want ek Ken maar min van boer af.

Die grond is klein so 200 hektaar. Maar die wildgetalle is nie so druk op die grond nie. Op die stadium is daar daar so +- 5 kudu , 8 gemsbokke, 6 zebras, 6 waterbokke, 15 rooibokke . Die plaas is in die thaba area

Die plaas loop reeds heel goed maar mens kan altyd help vorentoe gaan .
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Blou wildebees trop begin

Post by mariusr »

Dink dis 'n goeie idee om so paar snotneuse op te sit redelike goeie reenval in Thaba en goeie veld maak net eers seker of jou bure nie gaan kla wat beeste het nie! Begin met een bul so drIe,vier koeie en later koop jy nog so klein troppie vir nuwe bloed jy behoort so vyftien-twintig te kan aanhou saam die ander wild as die veld mooi bly op 200 hek!!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Hugo »

Oms het 40 beeste op 200ha, hulle rape die veld, ons gan hulle lekker skiet die jaar.

Nuwe bloed moet tags kry, dis al hoe jy dit kan beheer!

Geniet dit!
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Tarzan »

Hugo wrote:Kom ek skep n scenario,

Jy koop 1 bul en 5 koeie, na een jaar kalf 4, jy kry 50/50 gelsag deling, jaar 2 kry jy weer 50/50,

Nou sit jy met 9 koeie 5 bulle, jy moet jou groot bul uithaal want as hy sy dogters dek is die koeel deur die kerk, klein lywe swak gene vrektes.

Ok die groot bul val, koop nuwe bul. Hy dek, kallers val, dan, moet jy daai eerste 2 bul kallers uithaal want ander dek hy sy ma, of sy sussie op jaar 3.

Glo my ekt die toets lelik gedop. Dis lekker mar duur en harde intensiewe werk, of jy teel drekke.

Goodluck, dis moerse fun.

Sit op doe stoep en beloer hoe vreet 2 dik bulle lusern op 60m by die voerbak.
Sou jy se dieselfde geld vir swart wildebeeste?
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Hugo »

Nee jong, ek kennie daai goed nie. Sorry
User avatar
Allure
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Allure »

Ek is Thaba, check eers met jou buure - hulle hou nie baie van snotsiekte en as dit gebeur hulle begin vingers vinnig wys.
Los die split goed uit - begin met blou wildebeeste of met n goue bul - los die goed wat nee een of die ander is nie.
Van al die bokke hulle is die maklikste - hulle kry nie bosluise - they're as tough as nails en hulle teel makilik.
Ek was op Alldays se veling gister 30duim bulle het so 5k geloop - gaan uit en uit om die grootse bul te koop dat jy kan bekostig - dit hulp met pryse as jy wil een dag lewendig verkoop of laat jag.
Sterkte
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Heinf »

Dankie vir die raad mense
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Blou wildebees trop begin

Post by Tarzan »

Hein laat asb weet wat jy toe uiteindelik gedoen, of besluit het. Sal graag wil leer uit wat jy kon regkry

Groete
Danie
Post Reply