Thermal image

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Thermal image

Post by Danie01 »

Die manne wat nie weet wat thermal image is nie: Dit is n beeld wat deur hitte uitstraling op skerm wasgevang word of deur n seker bril gesien kan word. Ek nie seker of dit heeltemal reg is nie, maar dit is dam naastenby.

Ek was gister by n uitstalling waar ek een van daardie apparate gesien het. Dit was omtrent so groot soos n haardroer en het met batterye gewerk. Die mense gebruik dit om te sien waar kraglyne, konneksie, ens te warm is of lading te hoog is. Die ou wat dit uitstal het vir my gewys hoe die mense gesien kan word op verskillinde afstande en hoe warm/ hitte hul uitstraal. Ek hoop ek het nou so verduidelik dat jul weet hoe dit werk.

Ek het maar net gewonder of daardie selfde tegnologie nie gebruik kan word om thermal image teleskope of brille te maak waarmee n mens in  die aand kan jag nie. Mens sien nogal dam goed met daardie goed en sal n jakkals kan uitken. Hy het my gewees hoe jy n vrou se onderklere deur haar klere kan sien. Dit gaan als oor hitte verskil. Weet net nie of mens mooi verskil tussen rooijak of draaijak of hond gaan kan sien nie. Maar dit tog interressant.

Dink nou maar net jy het so paar brille op of kyk deur teleskoop en sien jakkie aankom sonder om lig aan te sit. Amper soos nagsig.

Dit sommer maar net n lawwe gedagte wat in my kop kom sit het, hehe. ;D

Danie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Thermal image

Post by Freek »

Dag Dannie.

ECM technologies verkoop thermal imaging geweer teleskope, as ek reg kan onthou was dit in die omgewing van R100 000 vir so 'n jag teleskoop. Maak maar die somme of dit bekostigbaar is vir jakkals jag... ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Thermal image

Post by Danie01 »

Freek,

O ok, so daar is al sulke goed. R100 000,00 hehe, neewat dan betaal ek eerder n ander jagter om vir my te gaan jag.
Wonder of daar ooit mense is wat sulke teleskope gebruik teen daardie prys?

Danie
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Thermal image

Post by Taylor »

Dag se Danie

Ek is in die sekuriteis bedryf, en het so een in ons besigheid (die hand held tipe), Dit is ongelooflik om deur daai ding te kyk in die stik donker nag, en ek belowe jou, as jy dit nog nie gesien en beleef het nie, het ek geen manier om dit vir jou oor te vertel nie.

Dit gebeur baie dat jy in die nag vir veediefstal voorle, en dan sien jy geweldig baie naglewe. Dit is werklik waar iets om te sien, al die verskillende soorte van diere se gedrag , en die feit dat hulle nie van jou weet nie, is baie nice. Die produk wat ons gebruik se naam is FLIR,en ek sal dit enigetyd aanbeveel.

Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Thermal image

Post by Freek »

Danie ek weet die Amerikaanse spes magte gebruik die goed op die .50 Baret. Jy kan deur 'n gebou se muur sien of daar lewe binne die gebou is. Volgens ECM kan jy met 'n groot genoeg kaliber deur die muur skiet om die probleem daar binne op te los...  ::) Weet nog nie van iemand wat dit gebruik vir jag nie, maar ek is seker dit sal 'n baie handige stukkie apparaat wees vir nag jag.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Thermal image

Post by Danie01 »

Taylor

Ja ek kan dink dit moet iets wees om te beleef in die veld in die aand. Al die klein diertjies, wat meestal gemis word met die spotlight sal gesien kan word. Hoe ver tel daardie spesifieke aparaat hitte op? Neem aan as dit vir veediefstal gebruik word kan dit seker taamlik ver?

Danie
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Thermal image

Post by Taylor »

Danie

Ons FLIR is werk nog baie goed tot op 500m, daarna, moet jyal so bietjie diens gedoen het met hom om n goeie bepaaling te kan maak, en te onderskei tussen mens en dier. Soos ek se as dit gaan oor posetiewe uitkenning van mens, is dit ongeveer 500m maar as dit net oor hitte gaan, is ek nie regtig seker nie. Al wat ek jou se , dit is baie ver. As jy die besigheid baie mooi kalibreer, kan jy regtig goed doen.

Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
koos
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Fri Jun 05, 2009 9:20 pm

Re: Thermal image

Post by koos »

Die Flir is 'n fantastiese stukkie gereedskap en is in my opinie baie meer bruikbaar as enige nagsigtoerusing. Die rede is dat jy dit bedags ook kan gebruik om bv iemand op te spoor wat in lang gras wegkruip of tussen struike wegkruip. Dit ook lekker om in ? vertrek te staan en deur die plafon te sien waar die rotte op jou plafon is. Ons gebruik dit ook sommer om te bepaal hoeveel water is in die tenk. As iemand iewers gesit het, kan jy sy afdrukke daar sien vir ongeveer 1 minuut.

Die een wat ek mee gewerk het, kos in die omgewing van R60 000. Mercedes Benz kan egter vir jou ? Flir in enige voertuig inbou, waarmee jy dan op ? skerm in jou voertuig kan kyk wat voor jou aangaan. Die laaste prys wat ek gehoor het vir die model was R17 000. Dit gee jou sig tot op 200 meter.

Uit ? veiligheids oogpunt is dit wat my aanbetref, beter as nagsig, skerp lig affekteer dit glad nie, maar wel nagsig
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Manne

Die thermal toerusting- hoe lank neem dit in sekondes voordat die beeld verskyn, vandat jy hom gerig het ???
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Thermal image

Post by Mac »

Biker,

It is realtime imaging, instantaneous, just a method of converting (or more correctly digitising) and displaying a different wavelength(s) in the light spectrum so that we pathetic little humans with our narrow visual capabilities can also see what most insects have been seeing for millennia.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Thermal image

Post by Christo »

Ek sien 'n IR scope op gunsite geadverteer vir +-R 5000. Opsioneel kan jy ook 'n lig daarvoor bykoop wat bo-op pas.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Thermal image

Post by namhunt »

Hier is 'n goeie voorbeeld
http://www.youtube.com/watch?v=jM9z4DOgnuI

Groete
Daan
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Thermal image

Post by Danie01 »

Sjoe die thermal hunt lyk sommer lekker en baie effektief op die beeld materiaal. Oom jakkals gaan naturrlik net n bietjie slimmer en vinniger.
Kyk net hoe agter is ek, ek dog dit sal nou n bakgat ding wees, maar toe is daar al lankal mense wat hierdie tegnologie vir nagjag gebruik.


Taylor, 500m, dit regtig n goeie afstand. Dit is meer as ver genoeg om njakkie uit te ken en jy het genoeg tyd voordat jy hom kan skiet. Wat lekker is van hierdie apparaat is dat jy nou vir jakkie agter die bos kan sien aankom. Jy moet net seker maak dat as jy skiet, hy nie dan agter n bos staan nie, of sal n mens kan sien dat hy agter n bos is?

Danie
Last edited by Danie01 on Mon Sep 13, 2010 9:50 am, edited 1 time in total.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Manne
Nou vorder ons. Dit klink mos net die ding vir daai super ligsku jackals en as hulle hom soos n verkyker kan maak {nie so R70000 model nie ,maar bekostigbaar} dan kan mens hom op baie maniere gebruik. laat weet.
Ek sal sommer net so scope koop en hom om my nek hang . Hulle skiet dan daai varke alte lekker.
Groete Biker
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Thermal image

Post by Raven »

Biker,
Ek beplan nou al vir 'n hele rukkie om in die rigting te beweeg, en gaan dalk eers net NV binoculars kry om my uit te help.
Ek is reeds opsoek na 'n paar ligsku jakkies, en beplan om 2 windpompe binnekort te gebruik vir nag roep staanplek, dan wil ek graag NV equipment gebruik.


Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Raven
Daai NV Kykers hulle is mos nie thermal nie maar infra rooi ne? Laat weet hoe dit gegaan het.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Thermal image

Post by Raven »

Biker,
Ek kyk op die oomblik na die produkte, die gewone NV binocs en die Digital NV

http://www.yukonopticsusa.com/index.php?good=93&st=1


Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Raven
Het jy gesien wat se oulike Therm verkykers word gemaak ? Wonder of daar verspreiders in SA is Wil graag hulle toets want as dit bekostigbaar is kom hy op die budget. Regtig n moet vir sekuriteit ook op die plaaswerf. Laat weet meer as iemand iets hoor.
Groete Biker
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Thermal image

Post by Raven »

Biker,
Ek het nog net gehoor van RicSan Agencies in Sa, maar hy versprei Luna Optics.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Almal

Ek wag nou vir n prys op so thermal verkyker , sal laat weet.

Groete
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Hallo
Wonder wat aangaan. Die Amerikaners wil nie nkwotasie gee op die 'thermal verkyker' nie . Mag glo dit nie aan privaat persone  verkoop nie. [glow=red,2,300]HELP[/glow] Hoe gaan mens pryse kry ens. ??? Wie het n sekuriteits maatskappy as ons van die goed wil aankoop ???
Laat weet Groete
Biker
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Thermal image

Post by Freek »

Biker, kontak ECM Technologies in PTA    www.ecmtech.co.za
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Thermal image

Post by Biker »

Freek
Was al op hulle web. en sien net I Rooi nagsig toerusting. Het hulle ge-email omtrent Thermal nagsig en sal sien wat seg hulle.
Groete
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Thermal image

Post by Taylor »

Biker

As jy nie reg kom nie, pm my, dan sal ek dat my venoot vir jou al die inligting wat ons het vir jou e-pos.
Gooi daai lood reguit !!!!
Post Reply