Ek was gister by n uitstalling waar ek een van daardie apparate gesien het. Dit was omtrent so groot soos n haardroer en het met batterye gewerk. Die mense gebruik dit om te sien waar kraglyne, konneksie, ens te warm is of lading te hoog is. Die ou wat dit uitstal het vir my gewys hoe die mense gesien kan word op verskillinde afstande en hoe warm/ hitte hul uitstraal. Ek hoop ek het nou so verduidelik dat jul weet hoe dit werk.
Ek het maar net gewonder of daardie selfde tegnologie nie gebruik kan word om thermal image teleskope of brille te maak waarmee n mens in die aand kan jag nie. Mens sien nogal dam goed met daardie goed en sal n jakkals kan uitken. Hy het my gewees hoe jy n vrou se onderklere deur haar klere kan sien. Dit gaan als oor hitte verskil. Weet net nie of mens mooi verskil tussen rooijak of draaijak of hond gaan kan sien nie. Maar dit tog interressant.
Dink nou maar net jy het so paar brille op of kyk deur teleskoop en sien jakkie aankom sonder om lig aan te sit. Amper soos nagsig.
Dit sommer maar net n lawwe gedagte wat in my kop kom sit het, hehe.
Danie


