Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post Reply
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by vlakvark1 »

Wat sal julle sê. As die diensplan van die voertuig verval het diens jy self die ryding met 4 wiele
of betaal jy maar die werkswinkel om dit te laat doen?

My Toyota Hilux DC 4x2 se diensplan is klaar so kry ek maar n kwotasie vir n 120 000km diens
en die bedrag is toe R4 019.54

Enjin olie en filter
Diff olie
Lugfilter
Lugversorgerfilter
Opvul met remvloeistof

Diens jy nie die voertuig by die agente nie dan word die diensboek nie ''gestempel'' nie.
So doen jy dit self of grou jy maar die gelde iewers uit :-\ :-\ :-\
vlakvark en bosvark Bvk
Danie Lombard .243

Re: Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by Danie Lombard .243 »

Diens dit self, daai geld wat jy noem is darem bitter duur vir 'n smeer diens,engine en diff en pollin filter.
Vind net uit watter tiepe olie jou agentskap altyd gebruik het en hou aan met dit. Ek praat onder korreksie maar dink Toyota gebruik Castrol. Catsrol is lank nie meer so sleg soos dit altyd was nie t.o.v. die aanpak binne die engine. Daar is nie meer liquid tunksten in die olie nie.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by Marc »

Daai is darem baie stuif vir so diens, my werks bakkie se dienste draai hier al om R2000 by Toyota ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het my appy ship gedoen by volswagen in pta.....glo my vry, jy kan maar self diens, dit gaan jou BAIE goedkoper uitwerk en jy as eienaar sal extras self doen soos q20 in die slotte en op kattebak springs, deur hinges ens....
as dit by remme en shoks en daai dinge kom, kan jy maar na jou local toe vat..(as jy 10 duime het)
Die geld wat jy spaar maak op vir dit wat jy verloor op trade in of herverkoop

as jy shoks, battery ens doen met jaar of 2 jaar waarborg...hou die slip en so week voor dit verval, gaan na dieselfde ou toe, en laat hy dit toets...gewoonlik gee hulle so lang fluit en sê dis tyd vir nuwes....as die job so halfpad is, haal jy daai 2 jaar warrantee uit.... ;) ;)

Cheers
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by vlakvark1 »

Cobus(Cobb) wrote:
as jy shoks, battery ens doen met jaar of 2 jaar waarborg...hou die slip en so week voor dit verval, gaan na dieselfde ou toe, en laat hy dit toets...gewoonlik gee hulle so lang fluit en sê dis tyd vir nuwes....as die job so halfpad is, haal jy daai 2 jaar warrantee uit.... ;) ;)

Cheers
:laugh: :laugh: Lekker plan daai
vlakvark en bosvark Bvk
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Voertuig diensplan verval- hoe nou????????

Post by wlm »

Vul self die boekie in as jy hom diens. Sodoende het jy wel 'n bewys dat die voertuig gediens is die dag as jy hom wil verkoop. Vertel voornemende kopers sommer ook dat jy die voertuig self diens omdat jy dit beter kan doen as die werkwinkel.
Post Reply