n Moet vir Klein Groepering skiet

Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Piet Breedt »

Ek het n hele aantal jare gelede besef dat as mens lang afstande en klein groepe wil skiet, moet jy jou geweer absoluut waterpas hou met elke skoot. Dit het begin waar ek baie Blesbokke moes oes elke jaar, en mens is geneig om die kontoer van die veld waar jy skiet te volg, en besef nie hoe v?r jy jou geweer eintlik "cant" nie. Dit het gelei tot party mis skote, waar ek dood seker was van my skoot. Ek het begin eksperimenteer met n waterpas, en het toe na my eerste een se groot sukses, op al my gewere daarvan gesit. Daar was nog nie internet en sulke vensie goed waar ek kon gaan kyk het, maar het maar self die dinge uitgedink en probeer.

Dit het ook handig te pas gekom waar ek latere jare begin deelneem het aan die veldskiete van die SA Jaggeweer Skiet Vereniging se kompetisies, waar ons ook in ongelyke terein skiet.

Ek gebruik sommer die klein waterpassies wat hulle op die bo? van vandag gebruik. Die heel beste en kleinste een wat ek het is een wat deur "High Country" gemaak was, maar ongelukkig nie meer gemaak word. Ek boor en tap n klein gaatjie in my scope mount, en sit hom daar vas. Ek skiet nou al baie jare met hulle, en het nog nooit een gebreek, of uit gestamp nie.

Ek skiet met albei o? oop, en kan dadelik met die optelslag van my geweer sien of hy waterpas is of nie. Dit is nou al so tweede natuur dat ek dit nie eers meer agterkom nie.

So lyk hulle:

Image

Image

Image

Hier is die een van High Country, en my gunsteling

Image

Image

Image

Image


Verskoon maar die stof, ek het gister geskiet met hom in wind en stof, en nog nie skoon gemaak.

Image

Image

Hierdie een is wat ek gebruik op my kompetisie Luggeweer. Ons scopes word baie hoog gemonteer, en dus word hy maklik baie ge "cant" wat tot misskote ly as jy nie die waterpas dophou

Image

Image

Image


Ek hoop dit help vir die wat wil kleiner groepe skiet, en gereeld lang afstande wil raak skiet.
Last edited by Piet Breedt on Sun Jul 25, 2010 10:41 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Francois Marais »

Piet

Baie dankie vir die moeites met die fotos en sommer vir die baie interresante artikel, het so n paar waterpassies wat juis van boe af kom, ons mag weer net in sekere boog kompitiesies dit ophe. Gaan definitief n plan maak om een op te sit en te kyk hoe hy loop.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Danie Lombard .243 »

Piet.

Veels dank vir jou instette op die forum. Van die beste.  EK gaan gou Bloem toe vir dit en dat asook vir 'n klein waterpas. Dit maak sin soos daglig jou teorie oor waterpas skiet.

Dankie vir jou raad.

Danie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by 243Songdaug »

Piet.

Netjiese idee!  Die fensie outjies op die net kos so in die rigting van 'n klein huisie se geld!

Wys jou net - as jy jou kop so bietjie laat gaan kan daar groot goed gedoen word!  Het self so 'n waterpassie op my langafstand roer en met elke kompitissie wil die manne by my weet of ek dalk 'n bouer is, met die dat ek 'n waterpas op my teleskoop het!

Geniet die outjies.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by KSV »

Oom Piet,

Nee daai is 'n deftige instrumentjie.  Sal my roere nou ook van die oudtjies moet opsit.

Songdongelong,

Vir daai 24krom van jou moet jy alle hulpmiddels gebruik wat jy kan opsit. ;D

Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by 243Songdaug »

Naand Hein.

Los my 24krom - hy maak sy baas baie gelukkig.  Ek gaan weer die 4de Sept vir ons 'n lekker skiet hier op die Kathu baan uitsit, ek kan nog nie besluit of ek hom dalk op Manganor(Plaas)moet aanbied nie!

EK is nou bietjie moeg vir baanskiet, die veldskiet ding is net soveel beter!!  Maar jy weet seker self van die dinge wat hier aan die kom is met ons skietklub - ek voel ek moet nou die klomp skieters bymekaar trek anders gaan die klub, asook die Steenboktak van SA Jagters bietjie seerkry agv 'n verlies aan lede!

Help my asseblief laat ons soveel moontlik manne weer aan die skiet kry hier by ons - 2010 was nie 'n goeie jaar vir ons klub nie, vandat onstwee uit die bestuur uitgestem is in ons afwesigheid het die klub baie agteruitgegaan.

Mooi aand mater - as my ingeneur my m?re bietjie uitlos kom drink ek jou coke.

Jaco.
Dont tell me, show me......
Danie Lombard .243

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Danie Lombard .243 »

Piet Breedt.

Waar kry 'n ou van daai klein waterpassies te koop? Ek soek een vir my baan komp skiet geweer.

Danie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Piet Breedt »

Danie, ek het my laastes by n boog winkel gekoop wat 2 jaar terug by die "Aim Show" n stalletjie gehad het. Ek glo meeste boog winkels sal dit aanhou.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Mac »

Danie,

S&O het hulle ook
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Danie Lombard .243

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie Piet en Mac, Sal loer by die boog shops en S&O skakel.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Beyers »

Vir die manne wie se hanne nie rond is nie
http://www.fine-tools.com/level.htm
http://www.leveldevelopments.com/plastic-level-vials.htm
Ek email om pryse te kry
Beyers
Last edited by Beyers on Thu Jul 29, 2010 11:00 am, edited 1 time in total.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Beyers »

(silindries)The unit price for 50-249 pieces is ?0.66 each.
(Vierkantig) The unit cost for 50-249 pieces is ?0.79
The carriage to South Africa would be ?25.00

Please note that the Blue, Clear and Red units of CY16 are custom made and
would only be available on orders of 1000 units or more.

We can accept Visa or Mastercard should you wish to purchase.
http://www.leveldevelopments.com/plastic-level-vials.htm

Die manne wat belangstel moet maar laat weet dat ons die getal van 50 vir elke soort kan opmaak.

Beyers
Last edited by Beyers on Fri Jul 30, 2010 8:49 am, edited 1 time in total.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Beyers »

Miskien moontlike Jaracal inkomste genereerder?
Beyers
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by JACQUES BOTHA »

Beyers
Dalk vir die jakkals manne so luninated enetjei wat liggies skyn in die donker ...Hoes daai???
Moi bly
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Raven »

JB,
As daar nog tyd sal wees om te kyk of jou geweer reguit l? as jakkie inkom  ;D
Ek het hierdie koue winter aande my skote in gebewe op die jakkies.  ;)
Maar ek hou van die idee...veral as jy nog vir jakkie wag om "hallo" te kom s?..

Groete Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Freddie101 »

Piet
Dankie vir die inset. Maak sin. As julle wil bestel ek is ook in
Freddie
yol bolsun
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: n Moet vir Klein Groepering skiet

Post by Geno »

Hierdie plek het ook oulike waterpassies.
http://www.longrangehunting.com/gearshop/holland-scope-levels.html
Dis hoe hy lyk.
Image

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply