Dit het ook handig te pas gekom waar ek latere jare begin deelneem het aan die veldskiete van die SA Jaggeweer Skiet Vereniging se kompetisies, waar ons ook in ongelyke terein skiet.
Ek gebruik sommer die klein waterpassies wat hulle op die bo? van vandag gebruik. Die heel beste en kleinste een wat ek het is een wat deur "High Country" gemaak was, maar ongelukkig nie meer gemaak word. Ek boor en tap n klein gaatjie in my scope mount, en sit hom daar vas. Ek skiet nou al baie jare met hulle, en het nog nooit een gebreek, of uit gestamp nie.
Ek skiet met albei o? oop, en kan dadelik met die optelslag van my geweer sien of hy waterpas is of nie. Dit is nou al so tweede natuur dat ek dit nie eers meer agterkom nie.
So lyk hulle:



Hier is die een van High Country, en my gunsteling




Verskoon maar die stof, ek het gister geskiet met hom in wind en stof, en nog nie skoon gemaak.


Hierdie een is wat ek gebruik op my kompetisie Luggeweer. Ons scopes word baie hoog gemonteer, en dus word hy maklik baie ge "cant" wat tot misskote ly as jy nie die waterpas dophou



Ek hoop dit help vir die wat wil kleiner groepe skiet, en gereeld lang afstande wil raak skiet.



