Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Ek het nou onlangs begin herlaai vir die geweer.Maar het nog nie enige ladings nie.
Kan julle my help asb?

Groetnis
Gerhardu
Last edited by Gerhardu on Tue Nov 20, 2012 11:20 am, edited 1 time in total.
.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am punte.

Post by BRNO (Pierre) »

Dag Gerhardu

Welkom hier. As jy by Herlaai data gaan lees, sal jy n groot verskeidenheid van ladings tee kom, wat vir n groot verskeidenheid gewere werk. Daar is ook n onderwep waar jy kan sien wat benodig word, om beter en meer akurater voorspellings te maak.

Vat die ladings uit die sonchem boekie, begin laai by die minimum en werk op boontoe. Wanner jy n paar verskillende spoed lesings vir verskillende ladings het, kom terug, gee dit deur, en dan kan ons verder sien en kom klaar.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Dankie Pierre.

Lekker dag.
.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Louis Kriel »

Gerhardu die 30-06 is een van daai kalibers wat met al die dryfmiddels beskikbaar kan werk. (335, 355, 365 en 341 selfs 361) Ek sou se begin by 355 en indien jy nie 'n lading kry wat werk nie (hoogs onwaarskynlik) gaan dan eers oor na 335 en probeer weer.  365 is bietjie stadig vir die 150 gr koele.

My jaglading vir baie jare was 53.5 gr S355 met Hornady Interbond 150gr. Spoed was 3046 fps.

Mooi loop en welkom.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by BRNO (Pierre) »

Dankie Dirty. El gebruik 165gr's uit my geweer, dit is hoekom ek maar vir Gerhardu na Sonchem verwys het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Louis Kriel »

BRNO .06 (Pierre) wrote: Dankie Dirty. El gebruik 165gr's uit my geweer, dit is hoekom ek maar vir Gerhardu na Sonchem verwys het.
Pierre jy's reg deur hom na die boek te verwys.  Wat in jou en my geweer werk gaan nie noodwendig in sy geweer werk nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Dankie julle,dis baie intresant dat hy met soveel drymiddels kan hol.Ek gaan vanaand bietjie deur daai sonchem boekie kyk.
Sal dit dan beter wees om van 150gr na meskien 165 of self 168gr punte te gaan?

Groetnis
.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhard »

gerhardu wrote: Dankie julle,dis baie intresant dat hy met soveel drymiddels kan hol.Ek gaan vanaand bietjie deur daai sonchem boekie kyk.
Sal dit dan beter wees om van 150gr na meskien 165 of self 168gr punte te gaan?

Groetnis
Dit hang af wat jy wil doen met die 30 06...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by BRNO (Pierre) »

gerhardu wrote: Dankie julle,dis baie intresant dat hy met soveel drymiddels kan hol.Ek gaan vanaand bietjie deur daai sonchem boekie kyk.
Sal dit dan beter wees om van 150gr na meskien 165 of self 168gr punte te gaan?

Groetnis
Soos Gerhard se, daar is verskeie applikasies wat met die kaliber gedoen kan word. Hoekom ek 165gr gebruik is omdat ek hulle teen n lekker spoed geskiet kry, 5.5gr S365 gee vir my n spoed van nagenoeg 2800ft/sek. Hierdie impak is dan twee duim hoog op 100m, en senter op 200m. Lekker om in byv. Vir my is dit n lekker gewig koeel wat ek in byv Boshof gebruik waar vanaf springbokke tot gemsbokke geskiet kan word.

Jy moet self besluit wat jou behoeftes is, watter ander kalibers het jy, en dan die gewig koeel op besluit wat vir jou sal werk.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Wel ek n .375 vir die bos en nog die .458 ook.So ek soek iets wat verder as 100m kan hardloop.200m en op!
.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Hy het n Leupold variX 3-9x40 scope op is dit genoeg vir 200m?
.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhard »

gerhardu wrote: Wel ek n .375 vir die bos en nog die .458 ook.So ek soek iets wat verder as 100m kan hardloop.200m en op!
Ek laai 150gr Nosler BT's teen 3050fps in my 30 06 vir teiken skiet / oefen en probleem diere.

Dan laai ek 150gr Nosler Accubond vir jag.

Beide skiet presies op die selfde plek op 100m

Ek het dan ook 150gr Barnes TTSX begin laai en het n mooi waterbok bul geskiet met TTSX vanjaar.

Jy kan die selfde doen met 165, 168 en 180gr.

Dit hang alles van jou af en wat jou geweer van hou...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by BRNO (Pierre) »

Ek persoonlik kan dan die Nossler Accubons in 165gr aanbeveel. Soos hierbo genoem is my resep. Die Nosslers is volgens my n tops produk, altyd beskikbaar, en word wyd en suid deur baie mense gebruik.

Ek skiet met n Burris 3-9*40, en hy is voldoende vir my. Ek sal tog daarvan hou om vir die verder skote n groter vergroting teleskoop op te sit, maar tans is die finansies net nie daar vir dit nie. Gaan toets hom, en kyk mooi hoe ver is 200m, dan sal jy self kan besluit.

Baie ander ouens gaan baie ander resepte en medisyne aanbeveel. Dit is maar n erg persoonlike keuse.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Musgrave 150gr Pro Am koe?ls.

Post by Gerhardu »

Dankie julle.Ek gaan bietjie kyk wat my roer van hou.

Lekker dag

Gerhardu Odendaal
.
Post Reply