Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Op n vorige pos van my waarop ek gevra het wat die algemene aanvaarbare afstand is wat kwalifiseer as "langafstand jag" het ek net van James gehoor dat elke jagter n mening sal he, en ek dink hy is reg.
Dit sal dus interressant wees om te sien wat die statistieke se - wat ons jagters reken is 'langafstand jag'. LW die poll is nie vir 'langafstand skiet' nie.
Kom ons kyk wat se die manne
Last edited by FHM on Thu Sep 13, 2012 1:05 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
op die oomblik raak ek klaar kriewilrig oor 250m, op die baan kom ek redelik reg tot 350m, ek probeer tans die afstand tussen 350 en 500m onder die knie kry.
langafstand se regte antwoord sal seker 600m-1000m wees en dan ultra langafstand seker 1000m+?
Last edited by James Wilson on Thu Sep 13, 2012 1:22 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ludwig wrote:
Eugene, ek het 'n hele klompie jare met die boog ge W&S jag. Ek weet wat dit behels. Wat die manne hier doen is nie "jag" soseer in die sin van die woord nie, maar baie fyn skiet. Sniping as jy wil. Die term "sniper" het tog sy afkoms van jagters wat goed genoeg was om die "snipe" voeltjie te kon skiet, dikwels oor afstande wat buite vermo? van jagters van daai tyd was. Hierdie manier van "jag" het weer ander uitdagings wat die manne wat dit beoefen na soek. "The quest to perfection" as jy dit in een sin wil opsom. Hierdie manne skiet nie sover omdat hulle moet nie, maar omdat hulle wil.
Ludwig, grap sommer! Sal eendag bietjie kom kers opsteek, want vir my is 280 m vrek ver en dan gaan ek maar nader... Ek haal amper eers die geweer van die skouer af as die bok onder 120m is, want ek het nog 'n ander nare kondisie wat ek mee moet saamleef: Bokkoors....
FHM wrote:
Dit sal dus interressant wees om te sien wat die statistieke se - wat ons jagters reken is 'langafstand jag'. LW die poll is nie vir 'langafstand skiet' nie.
Ek het in al ons provinsies in SA al gejag behalwe W Kaap en die gemidelde afstand waarop ek my wild geskiet het is 68m. Behalwe vir so 5 of 6 bokke wat ek ge-cull het (bakkie/hide) was almal walk en stalk. Ek het nog nie op n' plaas gejag nie waar n' jagter, met goeie jag tegniek/vernuf en baie moeite, nie nader as 150m-180m van die wild kon kom nie. Daar is dalk plaase en streke waar dit anders is maar ek het nog nie daar gejag nie.
Op n' skietbaan is 300m langafstand skiet vir my. In die veld is enige skoot oor 180m langafstand vir my en dan, afhangende van die omstandighede, sal ek dit of as skiet of as jag beskou.
As jagter, is ek meer trots oor my kort-afstand skote as my lang-afstand skote.
Kan julle my tog help met die topiek wat die definiesie van jag uit eensit.
As ek reg onthou is daar al oor die topiek van jag of of nie jag nie bepreekings gevoer.
Baie interessante poll. Dit bevestig maar net weer waarom daar soveel redenasie en verskille is oor etiese afstand vir jag. Almal het sy eie idee idee oor wat is nou eintlik langafstand? Ver vir my is dalk verspot-maklik vir iemand wat daarop fokus, die regte toerusting het en voorbereid is.
Ludwig wrote:
Matewis, as mens die poll so dophou is jy heeltemal reg. Dis nie asof daar 1 meerderheid opinie hier rondom bestaan nie. Dis vir elke ou hoe hy dit ervaar, en wat hy uit die ervaring kry.
Ek is verbaas met die uitslag sov?r
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene wrote:
Ludwig, grap sommer! Sal eendag bietjie kom kers opsteek, want vir my is 280 m vrek ver en dan gaan ek maar nader... Ek haal amper eers die geweer van die skouer af as die bok onder 120m is, want ek het nog 'n ander nare kondisie wat ek mee moet saamleef: Bokkoors....
Hoe verder die bok van my af is hoe minder pla die adrenalien of bokkoors my. Met die boog, as jy so naby aan 'n bok kom dat jy hom kan ruik, wil my hele lyf uitmekaar rattle van bokkoors, maar hoe verder daai bok weg is hoe minder pla die koors my.
Ludwig ons is voels van enerse vere daarso...
Ek het vele kere al agtergekom dat ek lam en stofbek raak, buiten die alsheimers aanval en ore wat sing en die tonnel-visie, as die bok hier 50 meter voor my verskyn. Manne dis nie n grap nie, mens voel soos jy met jou eerste soen / handjiesvashou / date gevoel het.
Ek is egter dood kalm as die bok 150 m + staan.
Snaakse kiem wat ons het swaer.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Marc wrote:
Daar buite ja, maar het gedink dat manne wat op die forum eindig bietjie meer weet of wil weet van skiet/jag
Dis juis omdat die manne op die forum dalk ervaare jagters is (wat nogal baie weet van jag/skiet ) dat hulle gereeld naby aan hulle bokke kom en as hulle so nou en dan n' langer skoot moet neem dan voel dit .... soos n' lang skoot?

Maak dit drie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Marc wrote:
Daar buite ja, maar het gedink dat manne wat op die forum eindig bietjie meer weet of wil weet van skiet/jag
Dis juis omdat die manne op die forum dalk ervaare jagters is (wat nogal baie weet van jag/skiet ) dat hulle gereeld naby aan hulle bokke kom en as hulle so nou en dan n' langer skoot moet neem dan voel dit .... soos n' lang skoot?
Mens kan so ook daarna kyk
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Daai stats wys dat 57% van die langafstandskiet manne nooit n' bok verder as 365m geskiet het. Ek val ook in daardie kategorie in - my langste skoot was so 280m.
Ek het ongelukkig tot dusver bokkoors net een keer in my lewe gehad - toe ek so 8 of 9 jaar oud was! Van toe af - niks. Iewers het ek gelees van n' ou jagter wat gese het dat die bokkoors wat hy weer gekry het bewys was dat hy nog passie? (passion) vir jag het. Dit pla my nogal dat ek nie weer bokkoors gekry het vandat ek jonk was want jag en die natuur is my lewe - my vriende se ek is jag mal en my vrou noem my n' "hunting activist" want ek laat nie n' geleentheid verby gaan om jag te verdedig al like wie ook al dit nie. Elke keer wat ek n' nuwe spesie jag dan bou die opgewondenheid vir maande voor die jag. As ek op die plaas kom is ek oortuig dat ek b/koors die keer gaan kry en dan gebeur daar weer niks. Die naaste wat ek daaran gekom het was dalk toe ek so bietjie gesukkel het om my boog te span op n' rooibok wat ek ge walk en stalk het en 15m van my af gestaan het. Ek het op die tweede poging die boog gespan gekry maar die bok het my gesien en nie rondgestaan om te probeer uitwerk wat maak ek. Regtig, ek sal so graag daardie gevoel weer wil voel wat ek 33 jaar laas gevoel het!
Dis nou op 'n forum waar manne spesialiseer in langafstand jag.
Longest Big Game Kill With Rifle
0 to 200 yards 1,257
201 to 400 yards 1,581
401 to 600 yards 1,157
601 to 800 yards 502
801 to 1,000 yards 194
Over 1,000 yards 248
Selfs op daardie forum wat gemik is op langafstand jagters, het by verre die oorgrote meerderheid nog nooit 'n bok anderkant 600y geskiet nie.
Miskien moet jy vir ons so poll ook opsit, niemand sien mos wie het al hoe ver geskiet nie, so niemand kan n ander uimaak vir onetiese jagter nie. Tog dink ek dit sal interresant wees om te sien hoeveel het al verby die 300 / 400 / 500 / 600 merke sukses gehad. Of dit nou jag is of skiet ek dink daar is baie manne wat al probeer het sommage suksesvol ander nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
BLOK wrote:
Miskien moet jy vir ons so poll ook opsit, niemand sien mos wie het al hoe ver geskiet nie, so niemand kan n ander uimaak vir onetiese jagter nie. Tog dink ek dit sal interresant wees om te sien hoeveel het al verby die 300 / 400 / 500 / 600 merke sukses gehad. Of dit nou jag is of skiet ek dink daar is baie manne wat al probeer het sommage suksesvol ander nie.
Wie gaan die poll oopmaak, dit sal interesant wees
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner