Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier

Vanaf hoeveel meter beskou JY is "langafstand jag"

250 m +
11
10%
300 m +
26
25%
350 m +
22
21%
400 m +
23
22%
500 m +
13
12%
600 m +
11
10%
 
Total votes: 106

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by FHM »

Dagse manne en maninne.

Op n vorige pos van my waarop ek gevra het wat die algemene aanvaarbare afstand is wat kwalifiseer as "langafstand jag" het ek net van James gehoor dat elke jagter n mening sal he, en ek dink hy is reg.
Dit sal dus interressant wees om te sien wat die statistieke se - wat ons jagters reken is 'langafstand jag'. LW die poll is nie vir 'langafstand skiet' nie.

Kom ons kyk wat se die manne ;)
Last edited by FHM on Thu Sep 13, 2012 1:05 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by James Wilson »

op die oomblik raak ek klaar kriewilrig oor 250m, op die baan kom ek redelik reg tot 350m, ek probeer tans die afstand tussen 350 en 500m onder die knie kry.

langafstand se regte antwoord sal seker 600m-1000m wees en dan ultra langafstand seker 1000m+?
Last edited by James Wilson on Thu Sep 13, 2012 1:22 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by FHM »

Dankie vir die insiggewende pos Ludwig - dis interressant. ;)
Vir die ouens wat wil weet, 600 yds = 548.64 m
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by BLOK »

FHM wrote: Dankie vir die insiggewende pos Ludwig - dis interressant. ;)
Vir die ouens wat wil weet, 600 yds = 548.64 m

Rulof, wil my lyk jy kwalifiseer darem as dit op die afstand gereken word.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

Goed gestel Ludwig  ??? Dink ook meeste manne sal met min moeite tot op so 400 meter regkom. 600 plus is 'n ander ding ;D
Last edited by Marc on Thu Sep 13, 2012 5:10 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Eugene »

Ouens, as jy verder as 300 meter moet skiet, kan jy nie bekruip nie.... :-\

Julle manne wat so ver wil skiet, moet bietjie begin boogskiet en W&S, dan moet jy binne 25y van die bok af kom, daarna is 120 meter ver.... 8)
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Eugene, ek het 'n hele klompie jare met die boog ge W&S jag. Ek weet wat dit behels. Wat die manne hier doen is nie "jag" soseer in die sin van die woord nie, maar baie fyn skiet. Sniping as jy wil. Die term "sniper" het tog sy afkoms van jagters wat goed genoeg was om die "snipe" voeltjie te kon skiet, dikwels oor afstande wat buite vermo? van jagters van daai tyd was. Hierdie manier van "jag" het weer ander uitdagings wat die manne wat dit beoefen na soek. "The quest to perfection" as jy dit in een sin wil opsom. Hierdie manne skiet nie sover omdat hulle moet nie, maar omdat hulle wil.
Ludwig, grap sommer!  ;D ;D ;D Sal eendag bietjie kom kers opsteek, want vir my is 280 m vrek ver en dan gaan ek maar nader... Ek haal amper eers die geweer van die skouer af as die bok onder 120m is, want ek het nog 'n ander nare kondisie wat ek mee moet saamleef: Bokkoors.... :-X
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

Eugene

;D ;D  ;D

One moenie die twee verwar nie. Ek is ook 'n loop en bekruip man, Vermy so v?r ek kan die diesel bekruip ding ;D

Wat ons hier bespreek is vir my nie die norm nie en dus die uitsondering. Soos Ludwig s? die doen jy nie omdat jy moet nie, maar eerder oor jy kan.

Stadig nou met klippe manne  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Dimitri »

FHM wrote: Dit sal dus interressant wees om te sien wat die statistieke se - wat ons jagters reken is 'langafstand jag'. LW die poll is nie vir 'langafstand skiet' nie.
Ek het in al ons provinsies in SA al gejag behalwe W Kaap en die gemidelde afstand waarop ek my wild geskiet het is 68m. Behalwe vir so 5 of 6 bokke wat ek ge-cull het (bakkie/hide) was almal walk en stalk. Ek het nog nie op n' plaas gejag nie waar n' jagter, met goeie jag tegniek/vernuf en baie moeite, nie nader as 150m-180m van die wild kon kom nie. Daar is dalk plaase en streke waar dit anders is maar ek het nog nie daar gejag nie.

Op n' skietbaan is 300m langafstand skiet vir my. In die veld is enige skoot oor 180m langafstand vir my en dan, afhangende van die omstandighede, sal ek dit of as skiet of as jag beskou.

As jagter, is ek meer trots oor my kort-afstand skote as my lang-afstand skote.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by BLOK »

Miskien moet ons maar beginne praat van Vrek Ver Bokskiet
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Naas »

Middag Manne.

Ek wil dit nie hier bespreek nie.

Kan julle my tog help met die topiek wat die definiesie van jag uit eensit.
As ek reg onthou is daar al oor die topiek van jag of  of nie jag nie  bepreekings gevoer.

Dankie Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Eugene »

BLOK wrote: Miskien moet ons maar beginne praat van Vrek Ver Bokskiet
;D ;D ;D
Aim small, miss small
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by matewis »

Baie interessante poll. Dit bevestig maar net weer waarom daar soveel redenasie en verskille is oor etiese afstand vir jag. Almal het sy eie idee idee oor wat is nou eintlik langafstand? Ver vir my is dalk verspot-maklik vir iemand wat daarop fokus, die regte toerusting het en voorbereid is.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

Ludwig wrote: Matewis, as mens die poll so dophou is jy heeltemal reg. Dis nie asof daar 1 meerderheid opinie hier rondom bestaan nie. Dis vir elke ou hoe hy dit ervaar, en wat hy uit die ervaring kry.
Ek is verbaas met die  uitslag sov?r  :-\
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

Daar buite ja, maar het gedink dat manne wat op die forum eindig bietjie meer weet of wil weet van skiet/jag  ???

Ek het gedink meeste manne sal darem 'n 200m skoot maklik te kan neem en dat lang afstand dan bietjie verder sou wees  :-\ Ek was duidelik verkeerd  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by FHM »

Ludwig wrote:
Eugene wrote: Ludwig, grap sommer!  ;D ;D ;D Sal eendag bietjie kom kers opsteek, want vir my is 280 m vrek ver en dan gaan ek maar nader... Ek haal amper eers die geweer van die skouer af as die bok onder 120m is, want ek het nog 'n ander nare kondisie wat ek mee moet saamleef: Bokkoors.... :-X
Hoe verder die bok van my af is hoe minder pla die adrenalien of bokkoors my. Met die boog, as jy so naby aan 'n bok kom dat jy hom kan ruik, wil my hele lyf uitmekaar rattle van bokkoors, maar hoe verder daai bok weg is hoe minder pla die koors my.
Ludwig ons is voels van enerse vere daarso... ;)
Ek het vele kere al agtergekom dat ek lam en stofbek raak, buiten die alsheimers aanval en ore wat sing en die tonnel-visie, as die bok hier 50 meter voor my verskyn. :o :o :o Manne dis nie n grap nie, mens voel soos jy met jou eerste soen / handjiesvashou / date gevoel het.
Ek is egter dood kalm as die bok 150 m + staan.
Snaakse kiem wat ons het swaer. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Dimitri »

Marc wrote: Daar buite ja, maar het gedink dat manne wat op die forum eindig bietjie meer weet of wil weet van skiet/jag  ???
Dis juis omdat die manne op die forum dalk ervaare jagters is (wat nogal baie weet van jag/skiet  ;)) dat hulle gereeld naby aan hulle bokke kom en as hulle so nou en dan n' langer skoot moet neem dan voel dit .... soos n' lang skoot? :)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

FHM wrote:

Maak dit drie  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

Dimitri wrote:
Marc wrote: Daar buite ja, maar het gedink dat manne wat op die forum eindig bietjie meer weet of wil weet van skiet/jag  ???
Dis juis omdat die manne op die forum dalk ervaare jagters is (wat nogal baie weet van jag/skiet  ;)) dat hulle gereeld naby aan hulle bokke kom en as hulle so nou en dan n' langer skoot moet neem dan voel dit .... soos n' lang skoot? :)
Mens kan so ook daarna kyk  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Dimitri »

Baie interesant Ludwig.

Daai stats wys dat 57% van die langafstandskiet manne nooit n' bok verder as 365m geskiet het. Ek val ook in daardie kategorie in - my langste skoot was so 280m.

Ek het ongelukkig tot dusver bokkoors net een keer in my lewe gehad - toe ek so 8 of 9 jaar oud was! Van toe af - niks. Iewers het ek gelees van n' ou jagter wat gese het dat die bokkoors wat hy weer gekry het bewys was dat hy nog passie? (passion) vir jag het. Dit pla my nogal dat ek nie weer bokkoors gekry het vandat ek jonk was want jag en die natuur is my lewe - my vriende se ek is jag mal en my vrou noem my n' "hunting activist" want ek laat nie n' geleentheid verby gaan om jag te verdedig al like wie ook al dit nie. Elke keer wat ek n' nuwe spesie jag dan bou die opgewondenheid vir maande voor die jag. As ek op die plaas kom is ek oortuig dat ek b/koors die keer gaan kry en dan gebeur daar weer niks.  :( Die naaste wat ek daaran gekom het was dalk toe ek so bietjie gesukkel het om my boog te span op n' rooibok wat ek ge walk en stalk het en 15m van my af gestaan het. Ek het op die tweede poging die boog gespan gekry maar die bok het my gesien en nie rondgestaan om te probeer uitwerk wat maak ek. Regtig, ek sal so graag daardie gevoel weer wil voel wat ek 33 jaar laas gevoel het!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Loer bietjie by hierdie onderwerp waar 'n soortgelyke poll gehou is : http://www.longrangehunting.com/forums/ ... fle-23445/

Dis nou op 'n forum waar manne spesialiseer in langafstand jag.

Longest Big Game Kill With Rifle

0 to 200 yards         1,257
201 to 400 yards 1,581
401 to 600 yards 1,157
601 to 800 yards 502
801 to 1,000 yards 194
Over 1,000 yards 248

Selfs op daardie forum wat gemik is op langafstand jagters, het by verre die oorgrote meerderheid nog nooit 'n bok anderkant 600y geskiet nie.

Miskien moet jy vir ons so poll ook opsit, niemand sien mos wie het al hoe ver geskiet nie, so niemand kan n ander uimaak vir onetiese jagter nie. Tog dink ek dit sal interresant wees om te sien hoeveel het al verby die 300 / 400 / 500 / 600 merke sukses gehad. Of dit nou jag is of skiet ek dink daar is baie manne wat al probeer het sommage suksesvol ander nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

BLOK wrote:
Miskien moet jy vir ons so poll ook opsit, niemand sien mos wie het al hoe ver geskiet nie, so niemand kan n ander uimaak vir onetiese jagter nie. Tog dink ek dit sal interresant wees om te sien hoeveel het al verby die 300 / 400 / 500 / 600 merke sukses gehad. Of dit nou jag is of skiet ek dink daar is baie manne wat al probeer het sommage suksesvol ander nie.
Wie gaan die poll oopmaak, dit sal interesant wees  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by grumpy »

:'(

Jammer het verkeerde posting hier gedoen! ;D
Last edited by grumpy on Sat Sep 15, 2012 11:53 am, edited 1 time in total.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by grumpy »

Jammer Ludwig, het dit verwyder. ;D
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand

Post by Marc »

grumpy wrote: Jammer Ludwig, het dit verwyder. ;D
+1 Grompie  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply