Herlaai data 25-06 Remington

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Geno »

Johan,
Ek het gesien, dankie.
Daai spoed wat jy kry, loop myne met 100gn koeels.
Ek wil graag die 75gn Vmax'e warm onder hulle agterstewes maak ;)

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Machann »

Hi Manne

Ek skiet 100gr SMK
57.5gr S385 (*weet dit is hoog maar nog niks probleme met druk gehad of doppe wat beskadig is)
CCI 200 Primers
Federal Doppe
Custom 25-06 (Teddie Harison volgens die oom wat ek hom by gekoop het)
Spoed +-3400 (as ek reg kan onthou)

Het begin met Federals gelaai met Nosler Part 120. Het baie lekker geskiet vir die tyd wat ek doppe bymekaar gemaak het. Toe 120 S(Sierra)-GK geskiet, het erns die ladings. Moes letterlik uit 3 van my eerste vyf ladings kies. Lank met hulle geskiet tot ek eendag 'n Crony tot my beskukkig gehad het en besef het my 308 en 25-06 verskil met 200fps. Toe 87gr Bergertjies gskiet, was lieflik maar na een van hulle in 'n springbok se kake ontplof het, van voor, sonder om die nek te breuk het ek maar van hulle afgesien. toe 90gr S-HP geskiet en nou skiet ek 100gr SMK soos bo. Die enigste punte wat ek nie kon kry om te group (sny) was Nosler BT (115gr) met S361. Ek het nog net so onder 300 as iemand sou belangstel. Verder het ek nog bitter min gekoopte ammo geskiet wat nie sub MOA groups gegee het nie. Het ook al Impala probeer, Nosler Etip en Rhino vir backups op gekweste wild en al het ek nie rerig met hulle ontwikkel het hulle ook almal sub moa gegroup.

Volgens my het dit met die geweer te doen. BV, Het 'n toets gedoen en uit my 400 doppe wat ek het 'n klomp verskillende doppe gevat met verskillende gewigte. 10 van die 11 skote is so lang gat met een vlieer.

Groete en lank lewe die 25-06...
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Geno »

75gr V-Max
54gr S365
TPL - 79mm
Winchester Doppe
CCI BR-2 primers
Spoed - Nie gemeet nie, iewers tussen 3700 en 3850fps
Groep - 8mm @ 120m
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by JPS »

Hel Geno,

Daai lyk lekker vir vlekkie, het jyhom al getoets op 'n vlekkie?

JP
PS. My Rudolph is op die .25 en ek gaan haar deur haar en sy (scope) se passies sit die naweek daar by Irene....
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Geno »

Yes JP,
Hy skiet DIEP lekker!
Hulle het sover 3 jakkalse, 1 vlakvark, 2 rooikatte, en 'n finisher op 'n rooibok-ooi geskiet.
Kyk reply #27 hier: http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 014#p94014
Die lading is redelik mild, maar dis goed so want ek spaar my loop en doppe. Hulle werk tans so +-R6.00 per skoot uit, so dit breek ook nie die bank nie.
Laat weet hoe gooi jou geweer mater!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Raven »

Manne,

Iewers op die forum het iemand gepraat(wetie of dit Piet Breedt was) hy gebruik 'n ander kruit as S365 of S385.
Is daar manne wat ander kruit gebruik met sukses.

EK is op my laaste blik S365 lot59, watter Lotnr koop julle manne nou??

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by WillemS »

Raven

Oom Piet Breedt sal jou beter kan vertel, maar om vinnig te antwoord, ek dink hy gebruik S361 nou op sy .25 vir so +- 3200fts met 'n 100gr matchking as ek reg onthou!

Willem
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Jeep 1 »

ek skiet self met n 25 06 hy skiet soos n droom ek laai hom 57 gr 385 met n 100 gr sierra punt gaan hy beter skiet met 365 met n 85 gr of nie?ek skiet alles met hom hou dit in gedagte koedoes alles asb
25 06 !
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Jeep 1 »

Raven.                Ek ken n oom wat 355 skiet op sy 25 06 en hy se dit skiet ongelooflik lekker
25 06 !
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Geno »

Raves,
Kyk of jy Lot 064 kan kry, dis wat ek nou gebruik sonder issues.
Oom Piet het S361 gebruik.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Raven »

Jeep ...dankie vi die info  ;)

Geno, dankie ou maat. Weet jy dalk wat sy ladings gemiddeld was??

Ek skiet 50gr S365 , nosler doppe, 100gr Nosler BT's, 1.5mm van Lands af. My geweer groepeer glad nie as ek jump kleiner maak. Spoed ook nou eers by 3140, so ek kan nog bietjie meer kruit probeer, vir so 100fps meer.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 3groep.jpg[/img]

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Wouter Roets »

Raves

Daai lyk bakgat! S361 het ten minste in die orde van 26 duim + nodig vir volledige ontbranding so die meeste lope werk nie so lekker met hom nie. As ek reg kan onthou het Piet n 28,5 duim loop so in sy geval is hy jets.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Raven »

Wouter,

Dankie ou maat, ek sal bly by S365, het nog altyd gewerk vir my... dink jy ek kan my spoed bietjie opstoot...'n 25 moet mos darem 3250fps kan skietmet 100greiners, of moet ek nie eens worry en hom net so los.

P.s My wildkamp kom mooi aan, behoort teen einde Desember klaar te wees.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Wouter Roets »

Hallo Raves

Bly om te hoor daai kamp kom aan. Ek moet nog erens die jaar daar in julle wereld draai maak so dan sal ons praat.

Wat is daai looplengte van jou nou weer?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Raven »

Wouter,

Tikka T3's kom met so 'n snaakse looplengte van 600 mm - 23 3/4"
Twist 1:10

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Wouter Roets »

Nortie

Jy kan hom opvat na so 3315ft/sek vir die volgende node. As jy my al die info kan gee soos dopkapasiteit en TPL kan ek net vir jou presies seker maak oor die nodespoed. Daai lading van jou idle die 25-06 teen onder die 50 000psi.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Jeep 1 »

Allo almal.                   
Ek skiet met my 25 06 57 g 385 met n 100 g sierra punt ek wil weet of hy gaan beter skiet met n 85 g punt en 365 asb ek skiet alles met hom koedoes ens ou dit in gedagte
25 06 !
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Raven »

Wouter,
EK het "once fired" nosler doppe geweeg, mooi konstante doppe die!!
Weet nou nie of ek in gram of grein moes weeg.
GRAM:
Dop 11.91gram - H20 16.42 = 4.51 gram kapasiteit
GREIN:
Dop 183.3 grein - H2O 253.3 = 70 grein kapasiteit

TPL 82.45 ( 1mm van lands af) - spoed nou met 50gr S365 , 3185fps - 3205fps
As ek nader na lands gaan skiet hy bont en spoed gaan op.
TPL van 82.90 skiet bont - met spoed van 3225fps - 3245fps

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Piet Breedt »

Norton, Wouter is reg. Ek skiet met S361, 56gr en PMP primer agter n 100gr SMK, en my loop is 28.5'. Hy skiet so 3270ft/sek. S361 soek so bietjie langer loop om volledig te ontbrand.

Ek het met my oorspronklikke Tikka loop so 3150ft/sek gekry met 52gr S365.

S365 werk baie lekker in n .25 06, maar met al die stront wat hulle gehad het, het ek oorgeslaan na S361, en sal nie maklik weer terug gaan.  Ek dink die loop gaan so effens langer hou ook agv die ontbrandingskurwe van S361, en ook die feit dat dit nie so kwaai "sandblasting" efek het soos S365, en veral S385.
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Boerseun123 »

Piet verduidelik asb vir my die sandblasting effek waarvan jy praat.  ???

Ek skiet self tans met S365. 50.2gr Agter 'n 100gr Siera Gameking punt en 0.2mm van die landings af. Ek kry so 3220f/s met Ruger M77 MKII Target. Dink self aan eksperimenteer met die ander kruit.

Dankie vir die ander manne se info ook!
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Wouter Roets »

Raves

As ek daai inligting van jou inlees in QL gee hy vir my n spoed van 3000ft/sek met S365. Ek het die poeier toe verander na S355 en toe klop hy presies so wat dit vir my se is dat die batch S365 wat jy het vinnig is. Met die gegewens gee hy n drukpiek van 53200psi.

Die nodes wat hy aangee is 3066 en 3288ft/sek so hierdie goed klop ook nie met jou bevindinge nie. Wat jy kan doen is probeer vir 3288ft/sek en kyk wat maak hy anders bly net daar waar jy is.

Net om seker te maak dit is die Balistictips wat jy skiet?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by James Wright »

Ek het 'n Ruger MKII,hoe ver van die lande af moet ek 85gr BT's laai,op 1mm kom ek nie onder 20mm nie.

ek skiet tans 52gr S365 maar wil opskuif na 55gr na ek met JB gesels het.watse spoed kan ek verwag?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Wouter Roets »

Hallo James

n Goeie vertrekpunt om TPL te bepaal is n sprong van 10% van kaliber. So in die 25-06 gaan dit basies 0,6mm wees. Dit gee jou genoeg speling om met inkremente van 0,2mm op en af te beweeg vir finetuning wanneer jy jou node/sweetspot gekry het.

Indien jy meer informasie kan gee soos TPL,dopkapasiteit en huidige spoed en lading dan kan mens nogal n redelike akkurate voorspelling met QL maak.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Piet Breedt »

Boerseun123 wrote: Piet verduidelik asb vir my die sandblasting effek waarvan jy praat.  ???
Nie al die kruit word dadelik verbrand met die aanvanklikke ontploffing nie, en n groot deel daarvan word vorentoe in die loop af geforseer deur die ontploffing. Stadige brandende kruit soos S385 neem nog langer om te ontbrand, en omdat dit so grof is, meer as al die ander, is dit amper soos n sandblaster se sand wat die lands tref en daar word beweer dat dit ly tot gouer verweer van die lande as met n feiner kruit. Dus is dit nie net die vlam wat die lands wegbrand, maar ook die sandblasting effek.
Last edited by Piet Breedt on Tue Nov 22, 2011 6:57 pm, edited 1 time in total.
Kokkie
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Mon Jun 20, 2011 4:00 pm

Re: Herlaai data 25-06 Remington

Post by Kokkie »

Dag s? al die manne

Ek wil graag weet of iemand vir my die combo
op QL kan sit,ek gaan maar al die info opsit.

Lapua doppe,S365-49.5 of 50.0,Sierra Match King 100gr en CCi250 primers.

Loop lengte is 22 duim en die koe?l is so .5mm van lands af.

Dankie
Kokkie
Push to test....Release to detonate
Post Reply