Ek was groot op die dure whiskeys, het al n bottel of paar besit van meeste wat genoem is, maar ek koop niks meer nie, het nou al seker 'n jaar 'n geseëlde jack in die kas, Ek is 'n "Friend of Laphroaig", en het 'n 30x30cm plot gekry van hulle land wat ek nie sal besoek nie

as daar net een is wat ek mag drink vir die res van my dae sal dit seker maar hy moet wees, maar glenfiddich 12 vir elke dag en 18 vir nou en dan is kort op sy hakke.
Waarom koop ek nie meer nie, ek maak my eie van rog whiskey, tot iers, dis nie dieselfde ervaring as daai ou goed nie, maar ek geniet die maak baie. Ek sukkel om my vaatjie vol te kry! 25l ketel 20l op 'n slag en moet so 400l se water split van die
Aqua de Vida vir my klein 25l vat. Dis 'n baie lang proses en harde werk. Maar dis nou as biermaak te maklik raak wat jy vir jou daai perd opsaal

Ek begin juis nou met 'n Mango mampoer/"Brandewyn" split.
Winkel waar ek die nodige aankoop is distillique.co.za