WHISKY LOUNGE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
WHISKY LOUNGE
Praat 'n bietjie oor die 'water van lewe'.
Ek is 'n jong whisky gebruiker. Hou van Monkey Shoulder, Glenfiddich 12 is baie lekker. soet, heuning.
het toe 'n bottel Laphroig 10 gekoop. wou 'n n Skotse, islay whisky probeer. ek het geweet hy is baie intens, en kompleks.
Eerste indrukke was heavy peat, complex. Maar nou, kan ek amper nie sonder 'n bottel Laphriog nie.
Sal baie graag die Quater cask wil probeer.
Dit is 'n duurder stokpertjie as skiet, maar as daai geure ontsluit, is dit darm maar min goed wat daarby kom.
Johnny black lable drink baie mooi lig, vol smaak, maar geen na smaak, so goedkoper is die black lable 'n lekker maklike blended whisky.
Maar vir my kom als terug na daai peaty, weskus see reuk Laphroig.
sal baie graag almal wil proe, maar dit onmoontlik.
Ralfy se whisky reviews is nie slag.
Dink my volgende bottel is Rock Oyster, ook van die Islay van Skotland, of 'n Quater Cask van Laphroig

HOU HOM DAAI DIKTE
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: WHISKY LOUNGE
Like ook n slukkie Whiskey. Maar tans geniet ek meer die Ierse whiskeys. Daai Laphroig is te peaty vir my pallet... die Ierse outjies drink bietjie makliker. My 'go-to' whiskey bly egter maar Bains!
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: WHISKY LOUNGE
https://wildaboutwhisky.com/product-category/whisky/
Ek hou baie graag van die Jameson Select Reserve.
Ek hou baie graag van die Jameson Select Reserve.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: WHISKY LOUNGE
https://wildaboutwhisky.com/product-category/whisky/
Ek hou baie graag van die Jameson Select Reserve.
Ek hou baie graag van die Jameson Select Reserve.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Moet se, wil 'n bottel bains nog pore. Plaaslik. goedkoop.
daai peat is soos olywe, as jy hom leer, kan jy nie ophou.
maar nou ook, olywe, feta kaas, anchovi fillits, biltong, hoe souter hoe beter, daai goed loop mooi saam met Laprhoig se peat

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: WHISKY LOUNGE
Ek geniet die volgende:
Glen Fiddich 12jr
Glen Livet 12jr
Jameson Cask Mates Stout Edition
Glen Fiddich 12jr
Glen Livet 12jr
Jameson Cask Mates Stout Edition
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: WHISKY LOUNGE
As jy van Laphroaig hou sal ek definitief Lagavulin aanbeveel!
Ardbeg 10 is baie dieselfde as Laphroaig, ek hou net nie van hulle Wee Beastie 5Y nie.
Vir 'n meer bekosigbare "elke dag" whiskey met bietjie peat, sal ek Bowmore No 1 aanbeveel.

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Ardbeg is verseker op my lys.Forester wrote: Mon Feb 14, 2022 4:12 pm As jy van Laphroaig hou sal ek definitief Lagavulin aanbeveel!
Ardbeg 10 is baie dieselfde as Laphroaig, ek hou net nie van hulle Wee Beastie 5Y nie.
Vir 'n meer bekosigbare "elke dag" whiskey met bietjie peat, sal ek Bowmore No 1 aanbeveel.
rock oyster is wel 'n blended whisky, maar single malt blended. kry baie goeie reviews.
HOU HOM DAAI DIKTE
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Tullamore Dew is nou nie in die top prysklas nie, maar is lekker vir my saam met 'n watertjie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: WHISKY LOUNGE
In my kabinet is die volgende whisky's en whiskey's:
Singleton 12 = Baie sag met wonderlike geure
Monkey shoulder = Klaar bespreek
Bell's gewoon
Bell's Reserve = Beslis die moeite werd om aan te skaf
Jameson gewoon
Jameson Special Reserve = een wat ek en my vrou saam geniet
Johnny Black
Johnny Gold = Dis pure AVTAR en staan al langer as vyf jaar in die kas
Bain's = My gunsteling om te drink na 'n dag se jag
Sexton = Goeie ons dis een vir die boeke. Heerlik sag op die tong
Hond = Harrier. Goedkoop en goed genoeg om die lus vir die smaak van whiskey te blus ...

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Coal Ila en Lagavulin taste maar ook in die peat klas
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
edwill
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am
Re: WHISKY LOUNGE
Bunnahabhain (18 year old best Whisky I've ever had)
Ardbeg 8 or 12
Glenfarclas Cask Strength
For the more affordable options
Grants- triple wood
Black Bottle
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Ardbeg 8 or 12
Glenfarclas Cask Strength
For the more affordable options
Grants- triple wood
Black Bottle
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: WHISKY LOUNGE
Cassie probeer bietje Dewars se 12jr. Ek vat hom sommer so op die klippertjies, anders met n soda. My nou hoeka bederf met n dubbel en soda.
Is nie te rof op die sak vir n 12jr nie.
Tullamore Dew saam n appeltizer gaan darem self goed af. Sy 12jr ook heel aangenaam oppie ys, soda of water.
Jamieson met sy Caskmate en IDP is self gesog hierbin my huis.
Harrier die hond is ma die brand wat saam gaan as ek da by die bure gaan braai. Haha
Loop self lekker saam met my beeshaas sousie. Sukkel ma om die duurder skotse wyn in n sous te gebruik.
Gooi sommer nog enetjie.
Lekker aand
Sent from my SM-N770F using Tapatalk

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Nier?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: WHISKY LOUNGE
My asem slaan weg!
Wie is bereid om 'n paar pryse aan die verskillende voggies te koppel?

Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: WHISKY LOUNGE
Gaan kuier by die Devon Valley Hotel net buite Stellenbosch. Hulle het n magdom whiskeys wat n man daar kan proe.cassie_calvinia wrote: Mon Feb 14, 2022 8:57 pm As ek al die moet probeer, sal ek eers 'n kind moet verkoop
Dit sal jou hele whiskey lewe verander.
Groete
Andre
- fanie.myburgh
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Halo manne.
Daar is n plek Whiskey Library in Durbanville area met meer as 850 verskillende whiskeys was nog nie self daar nie maar dis verseker op my lys om tegaan.
Ek n baie goeie vriend wat my aan n klomp goeie Whiskeys bekend gestel het en self met die tyd paar gekoop en op verjaarsdag lysies gesit. Die vriend van my drink Scotch en se die Ierse whisky is vir die vrouens.
Die Glenmorangie reeks is baie lekker en daar is baie verskille prys klasse, waar die duurste nie altyd die lekkerste is nie of die smaak net nie vir jou is nie.
Ek kyk ook so na die prys baie mense R300 vir n bottel goeie rooiwyn en jy moet die bottel klaar drink dieselfde dat as wat jy hom oop gemaak het of die volgende dag, Ek kan n R1000 se whiskey koop en ek drink n jaar of jaar en half aan hom.
My top 5
1: Dalwhinnie 15jr.
2: Glendronach 12jr.
3: Glenmorangie 14 quinta ruban.
4: Redbreast.
5: Macallan 15jr fine oak.
Groete
Fanie
Sent from my iPhone using Tapatalk

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: WHISKY LOUNGE
Ardbeg 10 en Lahproaig verskil noemenswaardig van mekaar. Laphroaig se peat is medisinaal, amper soos daardie ou TCP wond-skoonmaakmiddels wat mens vroeër jare gekry het. Soos jodium, amper soos 'n vars pleister wat oopgemaak word, met iets soos bietjie Dettol daarby. Iets anders wat ook so bietjie so voorkom is Teramycin (daardie pienk spray wat jy op jou Jack Russel spuit as 'n ding hom in die veld gegaffel het).
Ardbeg se peat is bietjie anders. Ardbeg se peat is meer soos die reuk van dik, vars leer, en tabakrook, maar nie gebrande sigarette nie, soos 'n smeulende sigaar, of 'n sigaar wat klaar gerook is die volgende oggend ruik. Soos 'n nuwe boksie sigarette wat oopgemaak word, sonder die papier-reuk daaraan verbonde. Ek persoonlik hou meer van Ardbeg, met die Uigedail wat my gunsteling is vanaf hulle. Ek persoonlik voel die Wee Beastie wat net 'n 5Y opsie is, is te duur vir wat jy kry. Dit proe is bietjie soos 'n jong Ardbeg 10, met 'n effense sterker peat-skop aan hom, maar die jonger tyd maak hom ook skerper, en vir my is dit te duur. Dan koop ek eerder 'n Laphroaig.
As jy hou van die soeter goed en ook van die peaty goed, kan jy kyk na die Johnny Walker Double Black as 'n goedkoop Scotch. Dis 'n blended whisky (natuurlik), maar hy het 'n effens smokey nasmaak wat hom lekker maak. Nog 'n opsie is Bells Special Reserve, as 'n baie goedkoop whisky wat my bitter baie verras het. Hy het ook so smokey skop aan hom (maar glad nie sterk nie), maar omdat dit 'n blended whisky is is hy goedkoper, smooth, en baie consistent, so jy weet altyd wat jy kry.
Ek het ook begin op die Single Malt Scotch whiskies, en het 'n groot klomp van hulle al probeer. Ek het op 'n stadium 'n whisky club by 'n vorige werkplek geloop wat baie lekker was. Ek het maar begin met Glenfiddich 12YO, maar hulle het vir my vinnig "flou" geraak. Ek het Dalwhinnie 15YO probeer toe dit op special was (vir 'n 1l) maar is bitter teleurgesteld gewees, ek het net meer verwag. Ek weet dis een van die "classic flavours" en op die "must try" lys maar vir my was dit net te veel sonder regtige smaak.
Ek het toe Glenmorangie se 12YO gekoop en hy is myle voor Glenfiddich 12. Ek het ook op 'n stadium so paar bottels Glenmorangie Lasanta gekry vir 'n goeie prys en dit is tot dusver seker my gunsterling soeter Single Malt. As jy 'n goedkoop Single Malt soek, moet ook nie skroom om Glen Grant's Major Reserve te probeer nie. Op 'n stadium was die bottels ver onder R300 te koop, wat hulle 'n goeie budget-single malt gemaak het. Ook flou, maar party mense hou daarvan.
My nuutste liefde is egter bourbons. En nee, ek praat nie van Jack Daniels nie. Ek praat van Woodford Reserve, Maker's Mark, Maker's 46 en daardie tipe name. Kleiner as JD, maar soveel, SOVEEL beter. Maker's 46 is seker een van die lekkerste "bekostigbare" bottels wat ek nog ooit gedrink het. Blanton's Gold is bitter lekker, maar knoeters duur vir 'n bourbon.
Ek kan heeldag aangaan, laat ek maar eerder stop en bietjie werk.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Liewe genade Harrier, drink julle hom met coke of stoney?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: WHISKY LOUNGE
baie waar. Laphroig is baie medisinaal. maar dit groei op jou. dis hoekom ek graag die qauter cask wil probeer.Toxxyc wrote: Tue Feb 15, 2022 7:40 am Ardbeg 10 en Lahproaig verskil noemenswaardig van mekaar. Laphroaig se peat is medisinaal, amper soos daardie ou TCP wond-skoonmaakmiddels wat mens vroeër jare gekry het. Soos jodium, amper soos 'n vars pleister wat oopgemaak word, met iets soos bietjie Dettol daarby. Iets anders wat ook so bietjie so voorkom is Teramycin (daardie pienk spray wat jy op jou Jack Russel spuit as 'n ding hom in die veld gegaffel het).
Ardbeg se peat is bietjie anders. Ardbeg se peat is meer soos die reuk van dik, vars leer, en tabakrook, maar nie gebrande sigarette nie, soos 'n smeulende sigaar, of 'n sigaar wat klaar gerook is die volgende oggend ruik. Soos 'n nuwe boksie sigarette wat oopgemaak word, sonder die papier-reuk daaraan verbonde. Ek persoonlik hou meer van Ardbeg, met die Uigedail wat my gunsteling is vanaf hulle. Ek persoonlik voel die Wee Beastie wat net 'n 5Y opsie is, is te duur vir wat jy kry. Dit proe is bietjie soos 'n jong Ardbeg 10, met 'n effense sterker peat-skop aan hom, maar die jonger tyd maak hom ook skerper, en vir my is dit te duur. Dan koop ek eerder 'n Laphroaig.
As jy hou van die soeter goed en ook van die peaty goed, kan jy kyk na die Johnny Walker Double Black as 'n goedkoop Scotch. Dis 'n blended whisky (natuurlik), maar hy het 'n effens smokey nasmaak wat hom lekker maak. Nog 'n opsie is Bells Special Reserve, as 'n baie goedkoop whisky wat my bitter baie verras het. Hy het ook so smokey skop aan hom (maar glad nie sterk nie), maar omdat dit 'n blended whisky is is hy goedkoper, smooth, en baie consistent, so jy weet altyd wat jy kry.
Ek het ook begin op die Single Malt Scotch whiskies, en het 'n groot klomp van hulle al probeer. Ek het op 'n stadium 'n whisky club by 'n vorige werkplek geloop wat baie lekker was. Ek het maar begin met Glenfiddich 12YO, maar hulle het vir my vinnig "flou" geraak. Ek het Dalwhinnie 15YO probeer toe dit op special was (vir 'n 1l) maar is bitter teleurgesteld gewees, ek het net meer verwag. Ek weet dis een van die "classic flavours" en op die "must try" lys maar vir my was dit net te veel sonder regtige smaak.
Ek het toe Glenmorangie se 12YO gekoop en hy is myle voor Glenfiddich 12. Ek het ook op 'n stadium so paar bottels Glenmorangie Lasanta gekry vir 'n goeie prys en dit is tot dusver seker my gunsterling soeter Single Malt. As jy 'n goedkoop Single Malt soek, moet ook nie skroom om Glen Grant's Major Reserve te probeer nie. Op 'n stadium was die bottels ver onder R300 te koop, wat hulle 'n goeie budget-single malt gemaak het. Ook flou, maar party mense hou daarvan.
My nuutste liefde is egter bourbons. En nee, ek praat nie van Jack Daniels nie. Ek praat van Woodford Reserve, Maker's Mark, Maker's 46 en daardie tipe name. Kleiner as JD, maar soveel, SOVEEL beter. Maker's 46 is seker een van die lekkerste "bekostigbare" bottels wat ek nog ooit gedrink het. Blanton's Gold is bitter lekker, maar knoeters duur vir 'n bourbon.
Ek kan heeldag aangaan, laat ek maar eerder stop en bietjie werk.
sal ardberg nog 'n go gee.
glenfiddich 12 is soos jy se, baie smooth, baie lekker, maar het 'n fyn lyn, dis hoekom ek hom met 1 klein ysblokkie vat, anders raak hy te gou afgewater.
hy het 'n sweet spot. maar sy alkhol is baie laag. dit is hoekom. whisky met bietjie hoer alkohol, raak nie so gou waterig.
HOU HOM DAAI DIKTE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: WHISKY LOUNGE
is oor 'n maand in kaap.Andre308 wrote: Mon Feb 14, 2022 10:21 pmGaan kuier by die Devon Valley Hotel net buite Stellenbosch. Hulle het n magdom whiskeys wat n man daar kan proe.cassie_calvinia wrote: Mon Feb 14, 2022 8:57 pm As ek al die moet probeer, sal ek eers 'n kind moet verkoop
Dit sal jou hele whiskey lewe verander.
Groete
Andre
gaan myself bederf. virseker
HOU HOM DAAI DIKTE
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: WHISKY LOUNGE
My jong vroutjie koop vir my vir my 24 verjaarsdag so bottel ardberg, haar niggie werk in Engeland en vlieg dit al die pad saam. Ek is 'n groot Skotse singlemalt fan op daardie stadium en behoort aan Friends of the malt en gaan na tradeshows met my Skoonpa se Spar winkel eienaar kaart. Ek is nou ewe buyer as hulle vra. Ek het so baie whiskeys geproe ek het gedink ek weet redelik baie.
So kom die bottel Ardberg by my aan ek is diep opgewonde, my nuwe vroutjie is diep in haar noppies. Ek gaan sit en vat 'n teug van daai gif, ja gif. Spoeg uit !!! die goed is af, of iemand het grond TCP en skoen politoer gemeng en in die bottel gegooi!!! Vroutjie is erg onstel ek sê jammer. En so gaan staan die bottel in my kroeg op die rak.
Ek hou maar aan Tomintoul te drink as ek so eenkeer 'n jaar 'n bottel kan bekostig en vir my is dit steeds die sagste whiskey wat daar is .
https://www.tomintoulwhisky.com/
So gaan daar 'n jaar of twee verby en ek gaan kuier vir 'n pel van my in die Karoo, hy trek daar 'n bottel Laproigh uit, weereens is ek opgewonde. OH vrek met eerste smaak besef ek hy is deur dieselfde boef ingedoen sy whiskey proe ook soos TCP, skoen polish and dooie paddas gemeng met duisendpoot gif. Hy was lank veearts in Engeland en verduidelik my toe hy moet so proe. Nee vrek mense die goed en Timjan is vir verf afhaal nie vir drink nie!!!!
Vandag het ek genoeg geld spandeer op duur whiskey en whisky om te besef dat Bains my number one is en dan Jameson's. Ek drink dit nie meer op die rocks nie. Yskoue soda water en baie ys. En Tomintoul mis ek so nou en dan tot ek na die prys kyk.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Jong ek lees al die goed en ek dink ja dis makliker om te sluk as om te kou en na die 4de dop proe alles dieselfde....
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Net so. Gooi sommer n Jameson en Soda Stream soda. Smaak net so lekkerjoe rocket wrote:Jong ek lees al die goed en ek dink ja dis makliker om te sluk as om te kou en na die 4de dop proe alles dieselfde....

Sent from my iPhone using Tapatalk