WHISKY LOUNGE

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by alecjohnson »

Ek was groot op die dure whiskeys, het al n bottel of paar besit van meeste wat genoem is, maar ek koop niks meer nie, het nou al seker 'n jaar 'n geseëlde jack in die kas, Ek is 'n "Friend of Laphroaig", en het 'n 30x30cm plot gekry van hulle land wat ek nie sal besoek nie :laugh: as daar net een is wat ek mag drink vir die res van my dae sal dit seker maar hy moet wees, maar glenfiddich 12 vir elke dag en 18 vir nou en dan is kort op sy hakke.

Waarom koop ek nie meer nie, ek maak my eie van rog whiskey, tot iers, dis nie dieselfde ervaring as daai ou goed nie, maar ek geniet die maak baie. Ek sukkel om my vaatjie vol te kry! 25l ketel 20l op 'n slag en moet so 400l se water split van die Aqua de Vida vir my klein 25l vat. Dis 'n baie lang proses en harde werk. Maar dis nou as biermaak te maklik raak wat jy vir jou daai perd opsaal ;D Ek begin juis nou met 'n Mango mampoer/"Brandewyn" split.

Winkel waar ek die nodige aankoop is distillique.co.za
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Chevvy SS »

maar deesdae moet ek bieg, begin Whisky en Nessun Dorma my baie meer genot gee.

Is dit na die reën dat jy so snaaks begin optree Cassie? Mag ek nooit whisky drink wat my Italiaans wil leer praat nie....
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Wat het jy vir so vaatjie betaal, as ek mag vra? Ek het twee kleintjies (3l en 4l) maar hulle is glad nie lekker nie, gee so snaakse groen groente-smaak aan my whisky so ek gebruik hulle nie meer nie. Ek soek self 'n groter enetjie waarin ek bietjie kan stoor. My ketel doen darem 50l op 'n slag :D
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by alecjohnson »

Toxxyc wrote: Thu Feb 17, 2022 12:10 pm Wat het jy vir so vaatjie betaal, as ek mag vra? Ek het twee kleintjies (3l en 4l) maar hulle is glad nie lekker nie, gee so snaakse groen groente-smaak aan my whisky so ek gebruik hulle nie meer nie. Ek soek self 'n groter enetjie waarin ek bietjie kan stoor. My ketel doen darem 50l op 'n slag :D
25l @ 2.4k koerier ingesluit; These specially handcrafted barrels are made from French oak, not varnished, not waxed- The real McCoy for spirit ageing.

Hul pryse tans: 1.6l R620; 9l R1300; 4.5l R900, almal sold out sien ek ook :(
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Ek dink hulle maak on order. Maar daardie is bietjie rof vir my, ek moet sê. Sal bietjie moet spaar. 9l is dalk meer doenbaar...
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frikkie Coetzee »

Ek haal my hoed af vir julle wat dit self maak
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by OosKaapJagter »

Hierdie is slegte goed. Ons sal dit maar moet opdrink sodat die kinders dit nie eendag in die hande kry nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by ruaanb »

Deeg (Lourens) wrote:Ek self 'n nuwe bourbon drinker. Om julle te help om stout te wees, kyk na die volgende site...is legit, ek het al deur hulle gekoop....

https://www.whiskybrother.com/ en ook https://www.bottegawhiskey.com/product- ... y-bourbon/

As jy van die Woodford Reserve gehou het, probeer gerus die Woodford Double Oaked.....tonne beter.
My broer het my bekend gestel aan die Woodford reeks. My gunsteling tans.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Supacow »

Buffalo Trace is my mielie whisky
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Pvdw »

Manne ek het nou amper alles hier gelees. Ek self drink glad nie maar die erns waarmee julle die Whisky saak benader het ek nou baie geniet. So het elke man iets wat hom amuseer en gelukkig hou.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by PWV »

Pvdw wrote: Fri Feb 18, 2022 11:47 am Manne ek het nou amper alles hier gelees. Ek self drink glad nie maar die erns waarmee julle die Whisky saak benader het ek nou baie geniet. So het elke man iets wat hom amuseer en gelukkig hou.
En hou dit 'n man nie gelukkig nie!!!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Lategan1 »

PWV wrote: Fri Feb 18, 2022 11:51 am
Pvdw wrote: Fri Feb 18, 2022 11:47 am Manne ek het nou amper alles hier gelees. Ek self drink glad nie maar die erns waarmee julle die Whisky saak benader het ek nou baie geniet. So het elke man iets wat hom amuseer en gelukkig hou.
En hou dit 'n man nie gelukkig nie!!!
Ek het dit ook geniet, reeds gelukkig voor die naweek! Nie gedink so baie mede Skietpiete het sulke toegewyde whiskey lippe nie.:police: Die enigste ou wat gereeld in die verlede hier na sy whiskey verwys het, is Boys Wouter. Dit gewoonlik op ‘n Vrydagmiddag. :laugh: :laugh:

Bains Mountain Whiskey is een van die maklikste Whiskey’s om te drink. Hulle posisioneer hom juis so, veral vir eerstemaal gebruikers en dames is mal oor hom. Vandag drink baie ou gebruikers hom ook.

Die toekennings wat hy en sy Proudly South African broers, Three Ships, ontvang het, spreek vanself. Lees bietjie daaroor asook oor die whiskeymeester, Andy Watts.

Doen jouself ‘n guns, bespreek en betaal vir ‘n groep proe en kos “pairing” by Sedgewick, Wellington. Glo hulle doen dit nog, uitstekende genot.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by PWV »

Lategan1 wrote: Fri Feb 18, 2022 12:26 pm
PWV wrote: Fri Feb 18, 2022 11:51 am
Pvdw wrote: Fri Feb 18, 2022 11:47 am Manne ek het nou amper alles hier gelees. Ek self drink glad nie maar die erns waarmee julle die Whisky saak benader het ek nou baie geniet. So het elke man iets wat hom amuseer en gelukkig hou.
En hou dit 'n man nie gelukkig nie!!!
Ek het dit ook geniet, reeds gelukkig voor die naweek! Nie gedink so baie mede Skietpiete het sulke toegewyde whiskey lippe nie.:police: Die enigste ou wat gereeld in die verlede hier na sy whiskey verwys het, is Boys Wouter. Dit gewoonlik op ‘n Vrydagmiddag. :laugh: :laugh:

Bains Mountain Whiskey is een van die maklikste Whiskey’s om te drink. Hulle posisioneer hom juis so, veral vir eerstemaal gebruikers en dames is mal oor hom. Vandag drink baie ou gebruikers hom ook.

Die toekennings wat hy en sy Proudly South African broers, Three Ships, ontvang het, spreek vanself. Lees bietjie daaroor asook oor die whiskeymeester, Andy Watts.

Doen jouself ‘n guns, bespreek en betaal vir ‘n groep proe en kos “pairing” by Sedgewick, Wellington. Glo hulle doen dit nog, uitstekende genot.

Beste.
Andy Watts natuurlik 'n vermaarde krieketspeler!!!
Dalk moet ons flou spelers in N.Z. bietjie van sy doepa gebruik? :angel:
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Lategan1 »

Dit sal baie sterk doepa moet wees, dit moet ook taaierig wees waaraan balle kan vassit.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

Het nou ñ bottel Smokehead Islay Single malt gekoop. Mastag maar hierdie sterk peat smaak is soos ñ hele nuwe wêreld vir my! Is mal daaroor!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Mens is of mal daaroor, of jy haat dit. Dis maar soos 'n Fortuner.

Of 'n .30-06.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

DWB wrote: Tue Feb 22, 2022 7:24 pm Het nou ñ bottel Smokehead Islay Single malt gekoop. Mastag maar hierdie sterk peat smaak is soos ñ hele nuwe wêreld vir my! Is mal daaroor!
Al moeilikheid is, as jy hom gewoond is, is die ander goed soos 'pienk drankies' daarna
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

;D ;D ;D ;D ;D ;D
Ek kan dit sien gebeur!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

ek was noggals geskok hoefeel manne fotos met pienk en blou drankies gepost het. op die braai in lock down onderwerp.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Capt. Yoda »

So Pink drink loop mooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Rasmus »

DWB wrote: Tue Feb 22, 2022 7:24 pm Het nou ñ bottel Smokehead Islay Single malt gekoop. Mastag maar hierdie sterk peat smaak is soos ñ hele nuwe wêreld vir my! Is mal daaroor!
Ek het eenkeer in Dullstroom by die Whisky bar so Heavy Peat geproe! Ek moes my eie agterent aflek om daai smaak uit my mond te kry!

Het my herinner aan die girls op Varsity wat gerook het..... lekke poppe maar hulle soenne proe soos n asbakkie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wouter Roets »

Boys

In hierdie tyd wat julle hier geak en teem het het nog n kas Johnny Black by my geak! Ek het ook so baie oor drank gepraat toe ek begin drink het.

Groetnis
Wout
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wattlegrove »

Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 15, 2022 7:56 am Liewe genade Harrier, drink julle hom met coke of stoney?
As jy kan Harriers drink kan jy steel ook.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

[/quote]

Gaan kuier by die Devon Valley Hotel net buite Stellenbosch. Hulle het n magdom whiskeys wat n man daar kan proe.
Dit sal jou hele whiskey lewe verander.

Groete
Andre
[/quote]
ek gaan hulle volgende vrydag besoek
:D
HOU HOM DAAI DIKTE
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Andre308 »

cassie_calvinia wrote: Fri Feb 25, 2022 9:12 am
Gaan kuier by die Devon Valley Hotel net buite Stellenbosch. Hulle het n magdom whiskeys wat n man daar kan proe.
Dit sal jou hele whiskey lewe verander.

Groete
Andre
[/quote]
ek gaan hulle volgende vrydag besoek
:D
[/quote]

Geniet dit.

Jy sal daai experience nooit vergeet nie...behalwe miskien die laaste paar uur van die Vrydag as jy so bietjie erg dors was.
Post Reply