Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Capt. Yoda »

toxicsox wrote: Wed Oct 25, 2023 9:40 am OK dan....
Soos julle weet uit vorige posts weet ek maar bitter min van elektrisiteit, nou het my vrou my gevra om te kyk na 'n 's sisteem as ons loadshedding kry.
Sover kry ons nie loadshedding nie omrede hulle ons substasie opgradeer (Faerie Glen) maar sodra die substasie voltooi is gaan ons op die gewone skedule geplaas word.

Vir my was die belangrikste nog altyd my 3 Vrieskas/Yskaste met my jaar se wildsvleis in :-)

Wat ek wil weet is hoe groot/duur sisteem het ek nodig.....
Wat ek nie nodig het nie is:

- My geyser is gas
- My stoof is gas en die oond is nie nodig nie
- Ons Router het UPS back-up

Ek wil net die noodsaklike aan hê:
  • My 3 Yskas/Vrieskaste - al 3 is nuut met A++ ratings
    x2 10W LED buiteligte
    So ongeveer 10 LED 5W ligte binne in die huis
    As ek moet, die wasgoedmasjien
    50" LED Monitor (Ek besit nie 'n TV nie

Is daar aabiedings met installasie wat julle kan voorstel in Pretoria of installeerders in Pretoria wat julle kan voorstel?

Ek besit 'n Chalet in Sondela en daar is so sisteem in my Chalet wat goed werk. Die sisteem was alreeds geinstalleer toe ek die chalet gekoop het- DInk julle dit sal voldoende wees vir my huis vir wat ek genoem het of moet ek kyk na ander alternatiewe?

Dankie!

https://acdirect.co.za/product/srne-3-5 ... tcQAvD_BwE
Daai setup behoort te doen wat jy nodig het, om jou n praktiese idee te gee by die werk het ek n 8KVA setup net om daai dip tussen die krag wat af gaan en die generator wat in skop te bridge en da loop 38 rekenaars met hul skerems, 2 double deur yskaste, 3 TVs, 8 groot netwerk switches, 6 DVR's, n groot router en n firewall op dit, as die krag af gaan hardloop die invertor so teen 75% met daai hele load op.

Ek ken n paar mense met daai selle invertor setup in hul huise en hul is heel gelukkig, solank jy net die ketels en die geysers weg hou sal hy die normale goed wat jy benodig kan krag gee in normale load shedding
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by J le Roux »

Hallo Toxicsocs

Kan jy asb die vereiste van die e ys/vrieskaste verduidelik?

Ek het nog nooit gevind dat enigiets ontvries of afgaan in die yskas agv beurtkrag nie.

Ek vra omdat ek 'n klein 1kw stelsel ingesit het vir WiFi TV's
paar ligte ens, en nog nooit vasgebrand het nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by toxicsox »

Kom bly in Faerie Glen Pretoria. Ons sit gereeld sonder krag vir 8 - 12 ure.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by J le Roux »

toxicsox wrote: Wed Oct 25, 2023 3:28 pm Kom bly in Faerie Glen Pretoria. Ons sit gereeld sonder krag vir 8 - 12 ure.
Nee dankie, ek bly lekker waar ek is. Ek het maar gelees dit gaan oor beurtkrag, daarom my vraag.
Sterkte.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Kan mens 'n grid-tide en offgrid parallel koppel ?
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Ons sit tans met 'n groot probleem met Eskom hooflyn wat beskadig is.
Waar kan ek dringend 'n 3 fase +- 20kw inverter te koop kry en tot hier in die Karoo kry ?
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi »

Hi Willie.
Daar is nie sover ek weer n 20kw inverter beskikbaar nie.
Op Sunsynk en Deye is daar n 12kw 3 fase. Dit sal beteken jy sal 2 nodig he.
Kyk ook na die tiepe las wat jy op die invertr gaan plaas. As jy baie pompe,motors het kan die inverters sonder n transformer sukkel om hulle op te start.
Kontak dalk vir Herolds George.
Sterkte
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Willie wrote: Wed Feb 07, 2024 1:19 pm Ons sit tans met 'n groot probleem met Eskom hooflyn wat beskadig is.
Waar kan ek dringend 'n 3 fase +- 20kw inverter te koop kry en tot hier in die Karoo kry ?
Willie Sunsynk en DEYE maak 'n 20kw inverter maar is baie ongewild. Dis 'n High Voltage DC sisteem en gee maar probleme.

2x 12kW 3ph inverters behoort jou uit te help. Ek installeer hulle van tyd tot tyd. Ander opsie is die nuwe 50kW High Voltage inverter. Dis 'n vris masjien en werk soos 'n stoomtrein maar ja ek glo veels te groot vir jou. Hy kos egter net meer as 3x12kW 3ph inverters.

Gee my 'n lui as jy meer wil uitvind.

Peet

082 920 3978
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dawie »

Willie wrote: Wed Feb 07, 2024 1:19 pm Ons sit tans met 'n groot probleem met Eskom hooflyn wat beskadig is.
Waar kan ek dringend 'n 3 fase +- 20kw inverter te koop kry en tot hier in die Karoo kry ?
Hulle het gister gesê dit sal nog 'n week vat om daai lyn te herstel. Daar is 7 pale om by Konstabel en meer as 'n jaar gelede paar om by LeeGamka. As die pale by Leeu-Gamka al herstel was sou julle al krag gehad het. Dis Matjies, Laingsburg, Sutherland, Leeu Gamka, Prins Albert, Merweville, Sutherland, Swartberg wat al van Saterdag sonder krag sit. Op Laingsburg is daar by tye nie water nie en kan mense nie hulle toilette spoel of was nie. Mense se kos vrot. Die arm mense wat all-pay laasweek gekry het se voorraad vrot.

Daai pale is al 50jaar oud...
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Dawie wrote: Thu Feb 08, 2024 9:59 am
Willie wrote: Wed Feb 07, 2024 1:19 pm Ons sit tans met 'n groot probleem met Eskom hooflyn wat beskadig is.
Waar kan ek dringend 'n 3 fase +- 20kw inverter te koop kry en tot hier in die Karoo kry ?
Hulle het gister gesê dit sal nog 'n week vat om daai lyn te herstel. Daar is 7 pale om by Konstabel en meer as 'n jaar gelede paar om by LeeGamka. As die pale by Leeu-Gamka al herstel was sou julle al krag gehad het. Dis Matjies, Laingsburg, Sutherland, Leeu Gamka, Prins Albert, Merweville, Sutherland, Swartberg wat al van Saterdag sonder krag sit. Op Laingsburg is daar by tye nie water nie en kan mense nie hulle toilette spoel of was nie. Mense se kos vrot. Die arm mense wat all-pay laasweek gekry het se voorraad vrot.

Daai pale is al 50jaar oud...
Dawie nou gaan dit my net kort van R100k kos om my toilet te laatspoel, en hopelik my jong lusern nie te laat vrek nie. Ek het gelukkig darem al 'n ander inverter vir die vrieskas en ligte.

Dankie ook aan die ander twee manne wat my reeds goeie raad gegee het.
User avatar
JurieW
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by JurieW »

More Manne

Met die 12% verhoging van Eskom af gooi ek my naam in die hoed vir as daar enige Sonkrag stelsel beniodighede is.
Ons doen ook Solar Drive Stelsels vir Pompe tot en met 350hp of 250KW, sonder grid konneksie of battereie.
Verwysings beskikbaar.
IMG-20240202-WA0005.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by toxicsox »

Dalk kan iemand hier my dalk help. My seun is ‘n field guide en bly in ‘n wendy huis in ‘n natuurreservaat. Hulle het geen elektrisiteit in hulle kamers/wendy's nie.
Hy soek graag ‘n oplossing om sy goed koud te hou. Hy het min spasie nodig en 20L sal voldoende wees.

Ek het gedink om for hom die National Luna 20 Travel box te Koop.

Ek het reeds vir hom x2 100 Ah Atlas Deep Cycle Batterye wat ek in parallel vir hom kan koppel. As meer as 1 nodig is.

Ek het ook vir hom ‘n 200W inverter.

Nou wil ek weet. Hoe lank gaan die batterye die 55W NL laat loop.

Ek wil vir hom ‘n solar paneel bykoppel om die batterye deur die dag te laai ook, en dit is hier waar ek hulp nodig het.
Wat sal voldoende wees? Ek neem aan ek sal ‘n paneel met een of ander solar controller wees.

As iemand my net dalk in die regte rigting kan wys sonder om te tegnies te raak😀
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

toxicsox wrote: Wed Sep 18, 2024 9:38 pm Dalk kan iemand hier my dalk help. My seun is ‘n field guide en bly in ‘n wendy huis in ‘n natuurreservaat. Hulle het geen elektrisiteit in hulle kamers/wendy's nie.
Hy soek graag ‘n oplossing om sy goed koud te hou. Hy het min spasie nodig en 20L sal voldoende wees.

Ek het gedink om for hom die National Luna 20 Travel box te Koop.

Ek het reeds vir hom x2 100 Ah Atlas Deep Cycle Batterye wat ek in parallel vir hom kan koppel. As meer as 1 nodig is.

Ek het ook vir hom ‘n 200W inverter.

Nou wil ek weet. Hoe lank gaan die batterye die 55W NL laat loop.

Ek wil vir hom ‘n solar paneel bykoppel om die batterye deur die dag te laai ook, en dit is hier waar ek hulp nodig het.
Wat sal voldoende wees? Ek neem aan ek sal ‘n paneel met een of ander solar controller wees.

As iemand my net dalk in die regte rigting kan wys sonder om te tegnies te raak😀
Hi Toxicsox.

Ek neem aan dis 2x 100a/H 12V batterye wat jy daar het.

Die teorie daaragter is dat ky dan 200A/h teen 12V het.

200x12=2400W

Nou om daai batterye reg te gebruik moet jy hulle nie meer as 40% leeg tap nie so 60% charge bly oor in die batterye.

40% van 2400W is 960W.

Die 55W yskas se loop tyd kan dan bereken word deur die beskikbare Watt's te deel deur die yskas se verbruik.

960/55=17 uur en enige kleingeld.

Die is nou uit gewerk sonder om omgewings omstandighede, omskakelings verlies en paar ander klein goedjies in ag te neem.

Omskakelings verlies kan so klein wees as paar % met 'n goeie pure sine wave inverter of so sleg wees soos amper 25-30% met swak modified sine wave inverters. Dit in ag geneem sal jou 17 uur aan gepas moet word.

"n 350W paneel sal die stelsel met redelike gemak aan die loop hou solank die son skyn. Bewolkte en reën dae is egter 'n ander saak.

Al wat jy nodig het is 'n DC na DC charge controler wat die paneel krag gebruik om die batterye te laai en op te hou laai as hulle vol is. Bilike Chinese controlers kan jy optel vir so rondom R600-750.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Lategan1 »

Pryse gaan nog sak… wees geduldig. Voorraad op rakke moet ontslae van raak… nasionale elektrisiteit loop al ononderbroke oppad na 6mnde! Belasting en installasie burokrasie aan die kom… insetkoste weens dit sal styg.

My2c.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toxxyc »

More more, dis my beurt om hier in te val. Met 'n meevallertjie en 'n gelukkie en 'n string gebede langer as my voorarm, bevind ons onsself in die posisie waar ons 'n "lowball" aanbod op 'n kleinhoewe gemaak het, wat aanvaar is. So met die meevallertjies ingeval het ons huis in die dorp homself in die mark bevind en baie vinnig verkoop, so dit lyk my ons gaan ons droom van "homesteading" kan bewaarheid.

Die een ding is net, die plek moet van die grid af, want die Eskom krag is eenvoudig onbetaalbaar duur.

So nou kyk ek na sonkragstelsels, en hulle moet gefinansier word. So Googleloer ek maar so bietjie ek ek kom af op Solar Advice, en hulle pryse lyk lekker. My kwotasie is tans vir:

1 x 8kW Deye Hybrid Inverter
12 x 540 Mono panels
3 x 5.12kW Dyness batterye
Installasie en konneksie met 'n kragopwekker (wat ek reeds het) en COC en alles daarmee saam
Vir 'n totaal van R159k.

Nou die prys is goed, maar ek moet weet, kan die prys geklop word? Dis vir eers net die huis op die sonkrag, en dis 'n gewone 4-slaapkamer huis, niks snaaks en fancy nie. Gasstoof, LED ligte, maar wel 'n elektriese geyser. Ek weet nie of daar geld is om die geyser om te skakel na 'n solar, EV of heatpump stelsel nie, so ek vra raad?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Wouter Roets »

Toxxyc

Ek het nou vir my Ma wat trek van Coro Kreek na Kokanje toe n 8kw stelsel laat insit. Met twee batterye en 6 panele kom dit by R100 000 uit. So jou setup klink vir my aan die duur kant. Dit word ook gedoen deur iemand wat gerigistreer is by Kokanje. Die knaap se naam is Jacques de Beer en sy nommer is 065 624 6819.

Groetnis
Wouter
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by finch »

Jip, dink jou prys is bietjie styf. My skatting sal seker ook nader aan R100k as R150k wees en behoort almal gelukkig te hou (paar rand wins vir verskaffer/installeerder & jy gaan nie ingedoen voel nie). Aan die begin van jaar het 5kw sunsyk +12 panele + een battery stelsel het my so rofweg R80k gekos (baie gewheel en deal en kan nie regtig gebruik word as verwysing nie) - Disclaimer - my kommentaar is ook net geldig as daar nie baie goed verander het van die begin van die jaar in die veld nie, want ek volg dit nie meer so aktief soos pre-installasie nie.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Vleisie »

Hierdie dink ek is nie n slegte prys nie, maar prys is nie als nie, naverkope diens is belangrik.
Hulle kliente diens is puik, weerlig het 2 van my batterye en my inverter deur Eskom geslaan die Saterdag aand, Maandag oggend stop hulle by my om n 5kw leen eenheid te kom insit, terwyl ons wag om te hoor van virsekering oor inverter en batterye. 2 weke later is my inverter herstel en my batterye vervang en is hulle terug op die plaas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by TFDADD »

Toxxyc, hou afstand van jou verskaffer keuse na jou perseel van installasie in gedagte - hierdie reiskoste word by kwotasie ingewerk of as addisionele koste aangedui.

Dít geld ook vir diens- en herstelwerk ná installasie van jou sonkragstelsel wanneer nodig.
Hoe nader verskaffer aan jou is, hoe vinniger kan diens- en herstelwerk gelewer word.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toxxyc »

My probleem is dat ek 'n stelsel moet kan laat insit deur 'n verskaffer wat bank-goedgekeur is. Die stelsel moet op die huis se lening gevoeg word as 'n extra sodat dit my nie R200k op een slag kos nie. Ek het so paar manne wat ek moet bel, maar ek soek sover net kwotasies om te vergelyk. Hierdie mense is sover nie sleg geprys nie, aangesien die installasie 'n goeie R30k van die prys bevat.

Ek het die kwotasie nou laat opdateer na 2 x 5kW Deye inverters toe in parallel - vir backup as een sou breek - asook met extra panele (22 panele in totaal). Die nuwe prys is R199,200. Dis dalk 'n bietjie "overkill" maar dit is nodig omdat daar geen backup Eskom is nie.

Ek sal bietjie die ander mense bel en hoor wat hulle vir my kan gee. Pryse is dalk vergelykbaar of beter!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toxxyc »

Wouter Roets wrote: Fri Sep 20, 2024 8:01 am Toxxyc

Ek het nou vir my Ma wat trek van Coro Kreek na Kokanje toe n 8kw stelsel laat insit. Met twee batterye en 6 panele kom dit by R100 000 uit. So jou setup klink vir my aan die duur kant. Dit word ook gedoen deur iemand wat gerigistreer is by Kokanje. Die knaap se naam is Jacques de Beer en sy nommer is 065 624 6819.

Groetnis
Wouter
Ek gaan die man gou 'n luitjie gee, dankie man, waardeer dit!
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Joe13 »

Is daar iemand wat julle kan voorstel in Pretoria oos wat panele kan insit?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Joe13 wrote: Thu Dec 19, 2024 1:05 pm Is daar iemand wat julle kan voorstel in Pretoria oos wat panele kan insit?
Waarna soek jy Joe?? Ek doen dit al 5 jaar lank.

Peet

0829203978
Post Reply