Landmark Foundation

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Landmark Foundation

Post by Yalair »

Oppas vir die vaal donkie se omkyk
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Landmark Foundation

Post by Kruger »

Laat weet tog wat die datum en waar dit sal wees. Kan nie moeilik wees vir my om in te sluip nie. Is mos sommer hier by my.
Taffie, BS die Grote sal darm vir ons vies wees indien ons sy paartie kom omkrap. Ek hoor een van die voorstelle van die geaffekteerde boere is skadevergoeding. Lyk my hulle kyk na so R50/ha per jaar voordat hulle dit sal oorweeg om deel te word van die sirkus. Probleem is net dat BS waarskynlik nie tevrede sal wees om so van sy skenkers fondse ontslae te raak nie. Area betrokke is baie kleiner as 60 000 ha. Ek twyfel of dit die helfte daarvan sal wees.

Ek is 'n ou wat hou van tradisie, veral familie tradisies. Jare gelede net voor die rebellie was 'n voorvader van my betrokke by reelings om 'n tronk gebou te kry op Klipplaat. Gedurende die rebellie was hy die eerste persoon wat daar toegesluit is. Taffie kom ons gaan poach jakkalse in die bavaria dan kan ons dalk die eerstes wees wat gevang word vir jakkals poach.

Asseblief manne, enige persoon wat bewus is van nog enige ondeurdagte uitlatings deur die hoofnar van die Noorsveld sirkus, laat weet asseblief, sodat ek dit weer kan deurgee.

Groete
Winners never quit - Quitters never win.
Ambessa

Re: Landmark Foundation

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Nimlike is jare lank reeds sy persoonlike teiken. Eish mannn. En nou het sy jonge kornuit ook met 'n "private" persoonlike aanval begin. Sal 'n paar kort uitreksels hier begin plak sonder om die forum te blokkeer. Moet ek dit gooi?

Intussen kan julle welkom voel om ou B.. persoonlik te begin benader met gebalanseerde sienings. Hy sal dit baie laaik. Onthou net julle gaan nie sy antwoorde laaik nie en hulle is baie lank.

bool@landmarfoundation.org.za

Use Afrikaans because I understand it is his foreign langauage.

Ambessa
Ambessa

Re: Landmark Foundation

Post by Ambessa »

Oops

Dit is

bool@landmarkfoundation.org.za

Ambessa
Ambessa

Re: Landmark Foundation

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Thank you for pasting this item.

Kan julle glo ons het hier in ons midde in SA twee ouens wat hierdie wetenskaplike(s) se kennis as kaf afmaak - hulle weet kwansuis van beter?

Ambessa
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Landmark Foundation

Post by Beretta »

Dag Manne

Nog nooit aan die forum deelgeneem nie, lees dit net elke dag. Ek het so pas die LBW No 1606 van 5 Junie 2009 klaar gelees. Ek wil net se Bool jou voel (nie die een wat vlieg nie). Hy moet net pasop dat ons nie die winkels boikot wat sy stigting se vleis goedkeur nie. Dankie vir die waardevolle inligting wat julle manne vir ons op die forum gee. Ek is nie so skerp met die tikkery nie maar ek kan praat en gaan vir al my pelle se om daardie stigting se produkte wat goedgekeur is deur hulle te boikot.
Groete Beretta
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Landmark Foundation

Post by jaracal »

Beretta
Welkom hier en laat maar die stories inkom. Party ouens dink dat hulle die boere kan forseer in 'n rigting, hulle sal mettertyd leer.

Groete

heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
RusticRainman
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Nov 10, 2013 10:28 am

Re: Landmark Foundation

Post by RusticRainman »

Enige vars nuus oor die geleerde manne.
Post Reply