Dit was lekker om gesigte by name en self stemme te kon voeg.
JB dit was puik, ek kon seker meer geleer het maar my kop vat nie meer als so op een slag in nie. Ek het egter gesit en luister vir sleutel inligting en dit sommer gou vas gebind. Etlikke probleme/vrae is ook sommer opgelos.
1 Voorstel wat ek wel wil maak is om dalk so paar oomblikke af te staan aan Jak klanke. Ek weet die program is vol maar wat daarvan as daar so paar verskillende jak klanke gespeel word en dan 'n verduideliking daarmee saam. Speel bv. Elsneus/Vlekkie 3a en s? vir die manne"Luister nou mooi na die of daai deel, dit is 'n agresiewe/sosiale/baklei tipe geluid"
Ons het dit wel so tussen lesse ingewerk maar van die manne was toe op 'n smoke break gewees, JB het dit op versoek vir so paar van ons gedoen. Dis net vrek verstreerend om in die veld te sit en jakke roep maar jy weet nie wat hulle s? nie, Jacques kan mos Jakkals praat
V?rder geen klagtes of voorstelle, weereens dankie.
Peet en sy laaitie.
