Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Mmmmm - nou ja ouderdom is niemand se vriend en ek het vandag vir die eerste
keer 'n bril op (vir lees).
Nou ja ek besef nou eers hoe vrot my oe is. Nou die vraag is gaan ek met die
bril op beter sien as ek gaan skiet of van die teleskoop in elk geval die werk
van die bril oor.
Hulle praat altyd van die "noughty fourties" en as julle manne praat van blind raak as julle daai 40's slaan dan laat wonder dit my wat kyk julle manne
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Dit hang alles af wat jou voorskrif is. As jy dit vir my gee sal ek jou beter kan antwoord.
'n Ho? minus bril kan 'n prisma veroorsaak as jy nie deur sy 'brandpunt' kyk nie (mens draai mos jou kop effe skeef en af as jy die geweer skouer) dit sal maak dat jy slegter skiet. Met Frikkie gebeur, ek het aanbeveel dat hy eerder met kontaklense skiet.
Mens kan 'n bril maak wat net vir skiet gebruik word, maar daar is heelwat beperkinge.
Ek het nou die dag toe met die bril op boog geskiet maar hy het my net gepla toe haal
ek hom weer af - ek sal hom maar saam vat as ek weer met die geweer gaan skiet en
kyk wat gebeur.
Ek het geen idee wat die voorskrif is nie. Ek sal bietjie uitvind.
"Kry vir jou n clarifier in jou boog se peep sight."
Ek sal hulle bietjie toets en kyk wat dit vir my doen.