Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dis 'n A-1, die intreevlak graad. R50k is, myns insiens, so raps styf. In die VK is hierdie so 800-900 pond se geweer. Maar ek mag uiteraard verkeerd wees.
Ok ek sien nou. Die gravering op die aksie dui die graad aan. Die baie minimale graverin wys dis graad A1.
Intreevlak soos Johan sê.
Sal bietjiemet die verkoper praat vir ‘n beter prys.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Saterdag met 'n Browning kenner/ handelaar gesels. Volgens hom is die A1 afhangende van kondisie 'n 12-16k geweer. Nie populêr as gereelde gebruik geweer maar meer vir iemand wat versamel en hom nou en dan skiet op die regte geleentheid.
Ek dink R12-16K is poging tot diefstal. Dit is tog n Browning B25 wat is België gemaak is. As dit myne was, niks onder R25k. Jou kleinkinders sal nog met daai geweer skiet.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Dries Skiet wrote: Mon Nov 02, 2026 11:19 am
Ek dink R12-16K is poging tot diefstal. Dit is tog n Browning B25 wat is België gemaak is. As dit myne was, niks onder R25k. Jou kleinkinders sal nog met daai geweer skiet.
Ek aanvaar dis handelaar se aankoop prys om weer te her verkoop. Ek reken dat algemene kondisie vir so geweer ook in ag geneem moet word. 25K is seker haalbaar as hy in 'n puik kondisie is, dit is immers die O/U wat die skietwêreld se idee van haelgewere gevorm het soos ons dit vandag ken. Baie geskiedenis en nostalgie aan so 'n B25.
Dit is ook die anders probleem. Hierdie een is nie in ‘n goeie toestand nie. Toe hy ingekom het was hy bietjie geroes en moes hy ge-guncoat word. Mens sien nog die pitmerke as jy mooi kyk. Die loop makeer gelukkig niks. Ek het aan die verkoper verduidelik dat dit teen die geweer tel, maar nou ja. Mens kan ook net soveel doen.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Oom Fanta, eks nie n over and under kenner nie maar ek besit wel n paar duurder gewere. As daai geweer oor moes gecoat word na hy geroes was is sy waarde basies so veel soos n goedkoop 12Boor wat iemand gaan koop om duiwe oor naweke in sy lande te skiet. In so geval imo gaan hy gelukkig wees om 12-16k te kry.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.