Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dis 'n A-1, die intreevlak graad. R50k is, myns insiens, so raps styf. In die VK is hierdie so 800-900 pond se geweer. Maar ek mag uiteraard verkeerd wees.
Ok ek sien nou. Die gravering op die aksie dui die graad aan. Die baie minimale graverin wys dis graad A1.
Intreevlak soos Johan sê.
Sal bietjiemet die verkoper praat vir ‘n beter prys.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Saterdag met 'n Browning kenner/ handelaar gesels. Volgens hom is die A1 afhangende van kondisie 'n 12-16k geweer. Nie populêr as gereelde gebruik geweer maar meer vir iemand wat versamel en hom nou en dan skiet op die regte geleentheid.
Ek dink R12-16K is poging tot diefstal. Dit is tog n Browning B25 wat is België gemaak is. As dit myne was, niks onder R25k. Jou kleinkinders sal nog met daai geweer skiet.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.