Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Glocked »

Na 'n lang debat met myself het ek toe 'n ruk gelede eerder die African Rangers van Jim Green gekoop.

Het hulle so 2 weke elke dag kantoor toe gedra om te begin inloop, maar dit het nie veel gedoen nie. Smeer hulle toe maar Dubbin, dra weer 3 dae, weer Dubbin, en dadelik was hulle baie sagter. Nog 2 weke se dra kantoor toe sommer, en paar aande om die blok stap, was hulle slippers. Nou al 2 ordentlike stap jagte gedoen met hulle, en ek is baie gelukkig en tevrede. Loop sag en stil, en baie gemaklik.

Dubbin is seker nie meer die beste ding op die mark nie, maar dit het defnitief weer gewerk op die nuwe stel stewels.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by 3kus »

Lekker draad die om te volg. Ek het bietjie advies nodig. Ek het 2 stelle Courteneys waarvan een hersool moet word. n Paar eposse na Courteney het op dowe ore geval.

Na aanleiding van die draad en my eie ondervinding vind ek die sole te hard en besluit toe om Jim Green en Wildebees te nader vir n moontlike hersool. Beide het my versoek vriendelik afgekeur.

Nou is my vraag, het iemand al so iets gedoen en kan julle iemand aanbeveel?

Dit bly immers lekker stewels en vellie en sal hulle graag wil behou. Dankie

Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by HeinM »

3kus wrote: Wed May 21, 2025 8:33 am Lekker draad die om te volg. Ek het bietjie advies nodig. Ek het 2 stelle Courteneys waarvan een hersool moet word. n Paar eposse na Courteney het op dowe ore geval.

Na aanleiding van die draad en my eie ondervinding vind ek die sole te hard en besluit toe om Jim Green en Wildebees te nader vir n moontlike hersool. Beide het my versoek vriendelik afgekeur.

Nou is my vraag, het iemand al so iets gedoen en kan julle iemand aanbeveel?

Dit bly immers lekker stewels en vellie en sal hulle graag wil behou. Dankie

Sent from my iPhone using Tapatalk
Tarzan hier in Tulbagh hersool skoene wat deur hulleself vervaardig is. Ongelukkig nie ander fabrikate nie...
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by DWB »

Ek het baie maklik by Courteney reggekom.

WhatsApp hulle dalk +263712406199
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Speen »

Glocked wrote:Na 'n lang debat met myself het ek toe 'n ruk gelede eerder die African Rangers van Jim Green gekoop.

Het hulle so 2 weke elke dag kantoor toe gedra om te begin inloop, maar dit het nie veel gedoen nie. Smeer hulle toe maar Dubbin, dra weer 3 dae, weer Dubbin, en dadelik was hulle baie sagter. Nog 2 weke se dra kantoor toe sommer, en paar aande om die blok stap, was hulle slippers. Nou al 2 ordentlike stap jagte gedoen met hulle, en ek is baie gelukkig en tevrede. Loop sag en stil, en baie gemaklik.

Dubbin is seker nie meer die beste ding op die mark nie, maar dit het defnitief weer gewerk op die nuwe stel stewels.
Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.

Sent from my iPhone using Tapatalk
CZ 550 LUX .308
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Carl »

Speen wrote: Wed May 21, 2025 10:33 am Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het Razorbacks dit is baie goed. As jy 'n enkel breek gaan jy dit eers weet as jy hulle uittrek. Dis 'n bul stewel. Die ranger lyk vir my effe korter, so die ondersteuning gaan nie in dieselfde liga wees nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Glocked »

Ek dink ook nie die Rangers het die heel beste enkel ondersteuning nie, maar ek verkies dit weer so. Ek sukkel met 'n stewel wat te veel ondersteun en te styf sit, dit keer te veel enkel beweging, maar dan weer sal dit seker meer help as mens 'n enkel sou swik. Maar ja, ek verkies die laer stewel soos die Ranger. As jy rerig die ondersteuning wil hê of nodig het, moet jy eerder kyk na die Razorbacks
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by 3kus »

DWB wrote:Ek het baie maklik by Courteney reggekom.

WhatsApp hulle dalk +263712406199
Baie dankie

Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Speen »

Carl wrote:
Speen wrote: Wed May 21, 2025 10:33 am Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het Razorbacks dit is baie goed. As jy 'n enkel breek gaan jy dit eers weet as jy hulle uittrek. Dis 'n bul stewel. Die ranger lyk vir my effe korter, so die ondersteuning gaan nie in dieselfde liga wees nie.
Dankie ek gaan dan eerder in die Razorback se rigting.

Sent from my iPhone using Tapatalk
CZ 550 LUX .308
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Toxxyc »

Ek het 'n stel Wolverine kevlar bootse, gemaak om slange se byte (en dan seker ook kleingeweer-aanvalle) te keer. Hulle is redelik swaar, redelik warm, en vat redelik lank om aan en uit te trek, maar hulle loop baie lekker. Ek het min skoene al gedra wat se sole sit soos daardie stewels s'n - nat en droog.

Maar ek vind as ek gaan jag, veral in sagter sandwereld, dat ek eerder met my gewone vellies loop. Sagte sole, sagte leer bo-op, en ek trek nie die veters vas nie, so as daar sand inkom, trap ek hom uit, gooi die sand uit en trek hom weer aan.

Ek is dalk bietjie onpopuler met die opinie, maar ek dink as ek gaan stap is 'n goeie paar kouse vir my van meer belang as die skoene wat ek dra. Goeie kouse keer maklik 'n geskawery en geblasery en kan losserige skoene bitter lekker laat loop.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by toxicsox »

Stem 100% - Falke Merino Wool Hiker Socks is fantasties.
Post Reply