Kom ons gesels bietjie jag stewels....
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Na 'n lang debat met myself het ek toe 'n ruk gelede eerder die African Rangers van Jim Green gekoop.
Het hulle so 2 weke elke dag kantoor toe gedra om te begin inloop, maar dit het nie veel gedoen nie. Smeer hulle toe maar Dubbin, dra weer 3 dae, weer Dubbin, en dadelik was hulle baie sagter. Nog 2 weke se dra kantoor toe sommer, en paar aande om die blok stap, was hulle slippers. Nou al 2 ordentlike stap jagte gedoen met hulle, en ek is baie gelukkig en tevrede. Loop sag en stil, en baie gemaklik.
Dubbin is seker nie meer die beste ding op die mark nie, maar dit het defnitief weer gewerk op die nuwe stel stewels.

Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
3kus
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Lekker draad die om te volg. Ek het bietjie advies nodig. Ek het 2 stelle Courteneys waarvan een hersool moet word. n Paar eposse na Courteney het op dowe ore geval.
Na aanleiding van die draad en my eie ondervinding vind ek die sole te hard en besluit toe om Jim Green en Wildebees te nader vir n moontlike hersool. Beide het my versoek vriendelik afgekeur.
Nou is my vraag, het iemand al so iets gedoen en kan julle iemand aanbeveel?
Dit bly immers lekker stewels en vellie en sal hulle graag wil behou. Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk

.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Tarzan hier in Tulbagh hersool skoene wat deur hulleself vervaardig is. Ongelukkig nie ander fabrikate nie...3kus wrote: Wed May 21, 2025 8:33 am Lekker draad die om te volg. Ek het bietjie advies nodig. Ek het 2 stelle Courteneys waarvan een hersool moet word. n Paar eposse na Courteney het op dowe ore geval.
Na aanleiding van die draad en my eie ondervinding vind ek die sole te hard en besluit toe om Jim Green en Wildebees te nader vir n moontlike hersool. Beide het my versoek vriendelik afgekeur.
Nou is my vraag, het iemand al so iets gedoen en kan julle iemand aanbeveel?
Dit bly immers lekker stewels en vellie en sal hulle graag wil behou. Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het baie maklik by Courteney reggekom.
WhatsApp hulle dalk +263712406199
WhatsApp hulle dalk +263712406199
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Speen
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?Glocked wrote:Na 'n lang debat met myself het ek toe 'n ruk gelede eerder die African Rangers van Jim Green gekoop.
Het hulle so 2 weke elke dag kantoor toe gedra om te begin inloop, maar dit het nie veel gedoen nie. Smeer hulle toe maar Dubbin, dra weer 3 dae, weer Dubbin, en dadelik was hulle baie sagter. Nog 2 weke se dra kantoor toe sommer, en paar aande om die blok stap, was hulle slippers. Nou al 2 ordentlike stap jagte gedoen met hulle, en ek is baie gelukkig en tevrede. Loop sag en stil, en baie gemaklik.
Dubbin is seker nie meer die beste ding op die mark nie, maar dit het defnitief weer gewerk op die nuwe stel stewels.
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
CZ 550 LUX .308
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het Razorbacks dit is baie goed. As jy 'n enkel breek gaan jy dit eers weet as jy hulle uittrek. Dis 'n bul stewel. Die ranger lyk vir my effe korter, so die ondersteuning gaan nie in dieselfde liga wees nie.Speen wrote: Wed May 21, 2025 10:33 am Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek dink ook nie die Rangers het die heel beste enkel ondersteuning nie, maar ek verkies dit weer so. Ek sukkel met 'n stewel wat te veel ondersteun en te styf sit, dit keer te veel enkel beweging, maar dan weer sal dit seker meer help as mens 'n enkel sou swik. Maar ja, ek verkies die laer stewel soos die Ranger. As jy rerig die ondersteuning wil hê of nodig het, moet jy eerder kyk na die Razorbacks
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
3kus
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Baie dankieDWB wrote:Ek het baie maklik by Courteney reggekom.
WhatsApp hulle dalk +263712406199
Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
-
Speen
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Dankie ek gaan dan eerder in die Razorback se rigting.Carl wrote:Ek het Razorbacks dit is baie goed. As jy 'n enkel breek gaan jy dit eers weet as jy hulle uittrek. Dis 'n bul stewel. Die ranger lyk vir my effe korter, so die ondersteuning gaan nie in dieselfde liga wees nie.Speen wrote: Wed May 21, 2025 10:33 am Ek oorweeg ook die African Rangers - Hoe is hulle enkel support?
Ek het nou skoene (Wolverine) wat to bo die enkel vasmaak. Ek jag gereëld in die berge so dis vir my 'n belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
CZ 550 LUX .308
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het 'n stel Wolverine kevlar bootse, gemaak om slange se byte (en dan seker ook kleingeweer-aanvalle) te keer. Hulle is redelik swaar, redelik warm, en vat redelik lank om aan en uit te trek, maar hulle loop baie lekker. Ek het min skoene al gedra wat se sole sit soos daardie stewels s'n - nat en droog.
Maar ek vind as ek gaan jag, veral in sagter sandwereld, dat ek eerder met my gewone vellies loop. Sagte sole, sagte leer bo-op, en ek trek nie die veters vas nie, so as daar sand inkom, trap ek hom uit, gooi die sand uit en trek hom weer aan.
Ek is dalk bietjie onpopuler met die opinie, maar ek dink as ek gaan stap is 'n goeie paar kouse vir my van meer belang as die skoene wat ek dra. Goeie kouse keer maklik 'n geskawery en geblasery en kan losserige skoene bitter lekker laat loop.

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Stem 100% - Falke Merino Wool Hiker Socks is fantasties.