WHISKY LOUNGE
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Ek probeer tans 2 budget single malts.
Aerstone se Land Cask en Sea Cask. Beide se reviews het baie goed gelyk ( ja daar is ook negatiewe kommentaar maar ek steur my nie veel aan VDA se ipinie oorhoe whisky moet proe nie).
Die Sea Cask is n Speyside tipe whiskey en die Land Cask meer na n peaty tipe. Ek gedink ek gaan Land meer geniet as Sea maar tand verkies ek die Sea Cask.
LW. Dit is intree vlak whisky en is nie regversig om
Met whiskeys van 3 keer die prys te vergelyk nie.
My gunsteling bly steeds Talisker.

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: WHISKY LOUNGE
Paar jaar later...
Lagvulin 16 is absoluut baas! Maar dis 1 keer ñ jaar se bederf!
Talisker is ñ baie naby 2de plek.
Saam goeie vriende en dik sigare proe dit nog beter!
Lagvulin 16 is absoluut baas! Maar dis 1 keer ñ jaar se bederf!
Talisker is ñ baie naby 2de plek.
Saam goeie vriende en dik sigare proe dit nog beter!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Eks nou op Aerstone se Land en Sea Cask ma soos ek die goed drink kan ek net sowel black & white met water drink
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Ek het n bottel Dalmore Portwood reserve persent gekry by 'n skotsman wie nie ver van die distellery af bly nie. Laas naweek toe kom kuier my oudste seun en toe drink ons van dit. Ek moet se dit is n baie lekker whisky. Maar ek moet ook se die Jameson select reserve is net so lekker. Die neukery met daai whiskys wat nie met die aanvanklike teug soos spirits proe nie is dat mens dit vinnig drink. Cappie ek hoor presies wat jy se.
En nee ek weet nie hoe proe spirits nie maar kan my indink.
En nee ek weet nie hoe proe spirits nie maar kan my indink.
Maak 'n verskil
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Iemand al Monkey Shoulder probeer? Glad nie te versmaai nie.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: WHISKY LOUNGE
Daardie Jameson Select Reserve is 'n wenner - as 'n nuwe whisky drinker nie daarvan hou nie moet hy maar opgee. Baie glad.
My nuwe gunstelling is Laproiagh Select. So R600. Het al die duurder 10y ook gehad, ook smart maar bietjie moeiliker. Select werk mooi.
Skaars - maar probeer gerus Three Ships se 10y single malt ook - uitstekende whisky en lekker local.

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Probeer bietjie Boplaas se whisky.
Dis iets anders
Dis iets anders
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Ons is baie bederf met die Sedgwicks groep se lekker Whisky hier in Wellington.
Bains nou ook al so fancy hulle het meer as net een model op die mark.
https://www.bainswhisky.com/
Hulle gebruik Jack daniels se vate en dan lekker berg water waarin die bojane geswen en geskuie het.
Hulle 18 jaar outjie is besonders.
Three ships kom uit dieselfde stokery in Stokery Weg Wellington.
Vir sy prys dink ek nie enige Whisky of Whiskey kom naby hom nie.
As jy dus will Skotse wyn in die Kaap proe maak vir jou 'n afspraak by hulle.
Ek geniet altyd 'n Jameson. Die nuwe geure en keuses is ook lekker. Ou Piet Pille het my die ander dag bederf met een met 'n groene label hy was heel lekker.
Monkey Shoulder is nie sleg nie.
My liefde vir die Speyside single malts het verdwyn na jy hulle nie meer onder R600 per bottel kan kry nie. Vir iets wat ek in my keel af gooi en so paar ure later uitspyt in 'n urinaal raak dit rof.
Maar mense ek sal darem so 16 jaar Timontoul geniet!!!!!!
Nou gaan jy vra hoekom drink ek nie man met hond nie ( Harrier) as ek so prys sensitief is nie???? Wel ek is ook net so sensitief.
Ek en 'n maat vat so lekker bottel en net ons blik bekers dan loop sit ons teen 'n bergstroom op sy plaas waar ons weet geen mens bo is nie. Dan skep jy so halwe glas yskoue bergwater en gooi so knertsie skotsewyn by... manne hy loop mooi.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Hoe lekker lag ek nou vir die deel van die bobbejane wat swem en skuie.tau wrote: Mon Mar 10, 2025 2:25 pm Ons is baie bederf met die Sedgwicks groep se lekker Whisky hier in Wellington.
Bains nou ook al so fancy hulle het meer as net een model op die mark.
https://www.bainswhisky.com/
Hulle gebruik Jack daniels se vate en dan lekker berg water waarin die bojane geswen en geskuie het.
Hulle 18 jaar outjie is besonders.
Three ships kom uit dieselfde stokery in Stokery Weg Wellington.
Vir sy prys dink ek nie enige Whisky of Whiskey kom naby hom nie.
As jy dus will Skotse wyn in die Kaap proe maak vir jou 'n afspraak by hulle.
Ek geniet altyd 'n Jameson. Die nuwe geure en keuses is ook lekker. Ou Piet Pille het my die ander dag bederf met een met 'n groene label hy was heel lekker.
Monkey Shoulder is nie sleg nie.
My liefde vir die Speyside single malts het verdwyn na jy hulle nie meer onder R600 per bottel kan kry nie. Vir iets wat ek in my keel af gooi en so paar ure later uitspyt in 'n urinaal raak dit rof.
Maar mense ek sal darem so 16 jaar Timontoul geniet!!!!!!
Nou gaan jy vra hoekom drink ek nie man met hond nie ( Harrier) as ek so prys sensitief is nie???? Wel ek is ook net so sensitief.
Ek en 'n maat vat so lekker bottel en net ons blik bekers dan loop sit ons teen 'n bergstroom op sy plaas waar ons weet geen mens bo is nie. Dan skep jy so halwe glas yskoue bergwater en gooi so knertsie skotsewyn by... manne hy loop mooi.
Ja en watter voorreg om nog skoon water uit 'n stroom in Suid Afrika te skep.
Maak 'n verskil
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Die afgelope jaar of wat drink ek baie min whiskey en geniet ek weer Klipdrif premium en Pepsie Max 
Iets interesant waarop ek egter wel afgekom het is Threeships se Mash Tun. Lekker vir 'n ligte drankie met 'n ander smaak.
Iets interesant waarop ek egter wel afgekom het is Threeships se Mash Tun. Lekker vir 'n ligte drankie met 'n ander smaak.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Maak die Pepsi Max mens ook so aggresief soos Coke as jy diy saam met Brannewyn drink?Arnold wrote: Mon Mar 10, 2025 2:56 pm Die afgelope jaar of wat drink ek baie min whiskey en geniet ek weer Klipdrif premium en Pepsie Max
Iets interesant waarop ek egter wel afgekom het is Threeships se Mash Tun. Lekker vir 'n ligte drankie met 'n ander smaak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Hulle whiskey loop mooi
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: WHISKY LOUNGE
Ek is dankbaar dat die Skotte so verveeld was dat hulle gedink het dit sou goeie idee wees om "PEAT MOSS" van die klippe langs die kus te gaan afkrap en saam met die whisky te stook.
Hoe hulle op daardie plan afgekom het sal gun mens weet nie maar daardie man kort 'n Bells no pun intented.
Hoe hulle op daardie plan afgekom het sal gun mens weet nie maar daardie man kort 'n Bells no pun intented.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: WHISKY LOUNGE
Nie heeltemal wat peat in whisky is nie, en ook nie heeltemal hoe die smoky flavour in the whisky inkom nie.Frederik wrote: Mon Mar 10, 2025 3:54 pm Ek is dankbaar dat die Skotte so verveeld was dat hulle gedink het dit sou goeie idee wees om "PEAT MOSS" van die klippe langs die kus te gaan afkrap en saam met die whisky te stook.
Hoe hulle op daardie plan afgekom het sal gun mens weet nie maar daardie man kort 'n Bells no pun intented.
Peat is nie moss nie, dis letterlik 'n blok van die "grond" wat uitgehaal word. Omdat Skotland so baie plantegroei en water en reen het, en alles oorstroom ens, word plantmateriaal nie heeltemal vrot en breek af nie. Die "peat" is letterlik jare en jare se plantmateriaal wat opgehoop en gekompakteer het in die grond waarop hulle loop. Dit word nie altyd aan suurstof blootgestel nie so dit breek nie regtig af nie, dit verander in hierdie "peat" wat ons van praat.
Die peat word gemyn, letterlik in blokke uitgesny, en gedroog. Dit is so hoog in plantmateriaal dat dit kan brand soos houtskool of enige ander brandstof, dit rook net redelik baie.
So om die rook te verstaan, moet jy klein bietjie van die whisky proses verstaan. Whisky (Scotch whisky, ten minste) word gemaak van gars, maar jy sal altyd hoor dit is "malted" gars (barley). Malting, of "mout" in Afrikaans, is die proses waar graan gedeeltelik ontkiem word. Die ontkieming van die graankorrel aktiveer 'n ensiem in die korrel wat die stysel in die korrel kan omskakel na suiker toe. Sonder hierdie ensiem kan die gemaalde graan wat gemash word (basies die graan wat in warm water gegooi word), nie van stysel na suiker omgeskakel word nie.
Nou suiker is wat alkohol maak. Fermentasie is die proses waardeur gis suiker eet, om alkohol + CO2 te maak. So die graan word gemout sodat suiker produseer kan maak in die mash, en die suiker kan dan gefermenteer word tot in alkohol voordat dit gedistilleer word. As ons dit weet, weet ons hoekom die mout belangrik is (krities is).
Om te mout, vat hulle die garskorrels en gooi dit in water. Die water vat dan so 2 tot 3 dae (partykeer bietjie meer, minder, hang maar af) om die korrels te ontkiem. Sodra dit ontkiem het ('n klein spruitjie kom uit die korrel uit), moet die ontkiemingsproses gestop word, anders vreet die spruitjie die suiker op (dieselfde suiker wat die ensiem vir die korrel vanaf stysel na suiker omskakel), en dan is daar niks oor vir die gis om te fermenteer nie, en dan is daar nie alkohol nie.
Die vinnigste manier om dit te doen, is om die korrel uit te droog. Dit word gedoen in massiewe oonde, op geventileerde blaaie waar warm lug deur die korrels geblaas word. Oonde, wat gedryf word deur vuur wat met die peat blokke hierbo genoem, gebrand word. Die rook van die peat klou dan aan die korrels, en "rook" dit eintlik droog. Hierdie einste rook-geur bly aan die korrels tot in die eindproduk wat jy in die bottel proe.
Net so 'n klein afbreek van die proses, wat ons net nog meer waardasie van die whisky gee wat ons drink. Dis uiters, uiters interessant en welbedag van die Skotte, al het hulle eers nie met die proses begin nie.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: WHISKY LOUNGE
Dankie Toxxyc.
Hier is wat AI opsom as Peat.
Peat whisky, known for its distinctive smoky flavor, originates primarily from Scotland. The use of peat in whisky production dates back centuries, particularly in regions like Islay, the Highlands, and Orkney, where peat was a readily available fuel source. Peat is essentially decomposed organic matter found in boggy areas, and when burned, it releases aromatic smoke that infuses the malted barley during the drying process.
The exact "inventor" of peat whisky isn't known, as its development was more of a practical evolution. Early Scottish distillers used peat fires to dry barley because alternative fuels like coal were scarce in remote areas. This practice began to shape the unique flavor profile of peated whiskies.
Historically, peat was not only used for whisky production but also as a domestic fuel in Scotland. Over time, as transportation improved and other fuels became accessible, many distilleries moved away from peat. However, some regions, like Islay, continued the tradition, making peated whisky a hallmark of their identity

Dink ons kort nou vir Koos om vir julle te se om op te hou tegnies wees en eerder te drink!

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: WHISKY LOUNGE
Wouter,
Die tegniese gedeelte maak dit aanvaarbaar om soveel te betaal vir die lopende goud.
Maar ek stem saam sal nie nou omgee om so glasie of twee te geniet nie.
Anders kan mens net sowel die hond goed suip.
Die tegniese gedeelte maak dit aanvaarbaar om soveel te betaal vir die lopende goud.
Maar ek stem saam sal nie nou omgee om so glasie of twee te geniet nie.
Anders kan mens net sowel die hond goed suip.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Ag laat ek ma die bier klaar maak en da n Jameson en soda gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: WHISKY LOUNGE
Johnnie Black bly maar die staatmaker... Ek het ook deur die whiskey reis gegaan is nou terug op dit, behalwe vir my Sondagaand Laphroaig en Lagavulin vir spesiale geleenthede.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
JVT172
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am
Re: WHISKY LOUNGE
Al die Johnny's gee my n maaaase hoofpyn.Forester wrote: Tue Mar 11, 2025 4:40 pm Johnnie Black bly maar die staatmaker... Ek het ook deur die whiskey reis gegaan is nou terug op dit, behalwe vir my Sondagaand Laphroaig en Lagavulin vir spesiale geleenthede.
Bains loop mooi
En dan die caskmates van Jameson.
My 2c
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Forester wrote: Tue Mar 11, 2025 4:40 pm Johnnie Black bly maar die staatmaker... Ek het ook deur die whiskey reis gegaan is nou terug op dit, behalwe vir my Sondagaand Laphroaig en Lagavulin vir spesiale geleenthede.
Wynand jy praat waar.
Terloops Vrydag by die golf ontmoet ek n man wat groot is in die drankverspreidings bedryf. Hy noem toe dat Jameson by verre die gewildste is en dat Johnnie Walker n bitter groot duik in die laaste tyd gevat het. Sal maar die bier vir n wyle los en reguit met Mnr Black begin. n Mens kan nie die situasie eenvoudig net so los sonder om n daadwerklike poging aan te wend nie.
Cheers
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: WHISKY LOUNGE
hahaha ek wou se by Wout kan jy enige Whisky drink solank dit Johnnie Black isWouter Roets wrote: Wed Mar 12, 2025 8:17 amForester wrote: Tue Mar 11, 2025 4:40 pm Johnnie Black bly maar die staatmaker... Ek het ook deur die whiskey reis gegaan is nou terug op dit, behalwe vir my Sondagaand Laphroaig en Lagavulin vir spesiale geleenthede.
Wynand jy praat waar.
Terloops Vrydag by die golf ontmoet ek n man wat groot is in die drankverspreidings bedryf. Hy noem toe dat Jameson by verre die gewildste is en dat Johnnie Walker n bitter groot duik in die laaste tyd gevat het. Sal maar die bier vir n wyle los en reguit met Mnr Black begin. n Mens kan nie die situasie eenvoudig net so los sonder om n daadwerklike poging aan te wend nie.
Cheers
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: WHISKY LOUNGE
Daar is soveel goeie whiskies daar buite dat dit amper onmoontlik is om almal te ken en te proe en daar is ook soveel veskillende smake en nie alle smake is vir almal lekker nie.
Drink wat vir jou lekker is.
'n Aanvaarbare Speyside, probeer Aerstone se Seacask. Dit is darem nog onder R600. Glen Farclas is ook baie lekker maar oor die R 600 merk. Ver oor.
Ardbeg se Whee Beastie is hoogs aanbevolle!!!! Nie so peaty soos Arbeg se meeste whiskies nie.
Ek kan op die Highland kant Highland Park ( dalk tegnies nie n Highland nie) aanbeveel. 'n Bekostigbare Highland kan ek Laphroaig aanbeveel. Loch Lomond se reeks is nie sleg nie. Hulle maak n Single Grain en ook n 7 jaar Buitenverwagting whiskey wat werklik goed is.
Talisker bly my gunsteling maar is aan die duurder kant.
Ek het nog nooit Macallan gedrink nie en ek wag vir die dag wat ek minstens n 30 jaar kan bekostig!
Drink wat vir jou lekker is.
'n Aanvaarbare Speyside, probeer Aerstone se Seacask. Dit is darem nog onder R600. Glen Farclas is ook baie lekker maar oor die R 600 merk. Ver oor.
Ardbeg se Whee Beastie is hoogs aanbevolle!!!! Nie so peaty soos Arbeg se meeste whiskies nie.
Ek kan op die Highland kant Highland Park ( dalk tegnies nie n Highland nie) aanbeveel. 'n Bekostigbare Highland kan ek Laphroaig aanbeveel. Loch Lomond se reeks is nie sleg nie. Hulle maak n Single Grain en ook n 7 jaar Buitenverwagting whiskey wat werklik goed is.
Talisker bly my gunsteling maar is aan die duurder kant.
Ek het nog nooit Macallan gedrink nie en ek wag vir die dag wat ek minstens n 30 jaar kan bekostig!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: WHISKY LOUNGE
Die tegniese gedeelte verduidelik ook hoekom dit so gesog is. So gesog, dat dit oorspronklik in Latyn "aqua vitae" genoem is. Letterlik die "water van die lewe".Frederik wrote: Tue Mar 11, 2025 3:12 pmDie tegniese gedeelte maak dit aanvaarbaar om soveel te betaal vir die lopende goud.
Die naam "aqua vitae" is natuurlik nie deur die destydse mense daar in Latyn gehou nie, maar hulle het dit in hulle Gaeliese tong vertaal na "uisge beatha", wat uitgespreek word as "uusjke by-a". Die "by-a" het weggeval en die "uusjke" het "whisky" geword met die tyd.
Ek het op 'n stadium 'n whisky club by die werk bestuur, so ek hou nogals van hierdie goed. Geskiedenis maar 'n ding ryker.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: WHISKY LOUNGE
En weereens wil die minister van finansies ons ontmoedig om van die edele vog te gebruik deur die belasting daarop te verhoog teen aansienlik meer as die amptelike inflasiekoers en dan ook nog die BTW op alles te verhoog met 0.5%.. MAW 'n dubbele gatslag ....
Kom ons drink maar daarop

Kom ons drink maar daarop