Is Groter altyd beter?

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Is Groter altyd beter?

Post by skollie »

Ek het op 'n baie interessante artikel afgekom op die African Hunting Gazette.......... Karl Stumpfe het die vraag 'n bietjie bespreek en bietjie statistiek gegee om sy "argument" te staaf.

Image
Image
Image

Hierdie onderwerp is seker al tot vervelens toe bespreek, maar ek is iémand wat van statistiek hou.

Ek lees graag jul kommentaar aangesien ek nog nie heeltemal oortuig is nie............... maar Karl het seker meer buffels gejag as ons almal saam




Sent from my SM-S916B using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by DWB »

Die grootte van jou kaliber is direk verband met hoe groot jy al geskrik het, dis hoekom ek nou al 'n 500 het :D

Virseker kan mens 'n groter vergroting teleskoop op 'n 375 klas kaliber sit, en dan tien teen een beter kyk en seker dan beter skiet.

Baie ouens wat wel passievol oor groot kalibers is is ook nie skaam om lood te gooi nie. Ek het saam my neef gegaan nou in Desember op sy olifant jag en hy het die bul 'n perfekte frontal brein skoot geskiet terwyl die olifant kop om hoog na ons gemik het op 8m. Sy 375 het perfek gevaar!

Ek geniet my groot roere, dit verg moeite en oefen om met hulle akkuraat te skiet, maar dis baie doenbaar!

Ek kan wel aan geen rede dink hoekom ek nie 'n vinnige opvolg skoot gaan skiet as ek die kans kry nie!

Die 500 skiet darem nie te sleg nie:
500 Jeffery Group - 570gr Impala.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Stephan86 »

Ek hou baie van die feit dat hy statistiek het en stem ten volle saam met sy gevolgtrekking oor hoekom die 375 beter presteer.

Ek stem wel nie heeltemal saam met die feit dat slegs 'n wondkanaal die dood van 'n dier kan veroorsaak nie. Die is dalk 'n rowwe metafoor, maar volgens sy teorie kan ek nie 'n mens doodslaan as ek hom hard genoeg teen die kop slaan nie, want daar is nie 'n wond kanaal nie. In my opinie glo ek dat die skokgolf van die impak ook 'n redelike impak het.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Jaco vdW »

Dankie vir die plaas van die artikel Skollie. So lekker om weer regte jag artikels te lees en te bespreek.

Ek het Kevin Robertson se boeke al 'n paar keer gelees, en die raad wat Karl hier gee, klink presies soos wat Kevin in sy boeke skryf.
My "take home" daaruit is skiet die grootste geweer wat jy gemaklik en akkuraat kan skiet.

Een voordeel wat "kleiner" kalibers soos die .375 het, is soos Deon noem, dat jy 'n groter teleskoop daarop kan monteer, en dit baie effektief kan gebruik om vlakte wild te jag. So bou jy vertrou op in die geweer, en raak jy meer vaardig / vertroud daarmee. Wat in meeste gevalle tot beter skootplasing lei.

In hierdie selfde trant doen skiete soos BASA, die ou DGS ens baie goeie werk, want daar word meer gereeld met die groot gewere geskiet, en ons hantering van hulle verbeter.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by tau »

Jaco vdW wrote: Tue Jan 07, 2025 12:13 pm Dankie vir die plaas van die artikel Skollie. So lekker om weer regte jag artikels te lees en te bespreek.

Ek het Kevin Robertson se boeke al 'n paar keer gelees, en die raad wat Karl hier gee, klink presies soos wat Kevin in sy boeke skryf.
My "take home" daaruit is skiet die grootste geweer wat jy gemaklik en akkuraat kan skiet.

Een voordeel wat "kleiner" kalibers soos die .375 het, is soos Deon noem, dat jy 'n groter teleskoop daarop kan monteer, en dit baie effektief kan gebruik om vlakte wild te jag. So bou jy vertrou op in die geweer, en raak jy meer vaardig / vertroud daarmee. Wat in meeste gevalle tot beter skootplasing lei.

In hierdie selfde trant doen skiete soos BASA, die ou DGS ens baie goeie werk, want daar word meer gereeld met die groot gewere geskiet, en ons hantering van hulle verbeter.
EK het ook die laaste tyd na die jag soveel van Kevin se podcasts geluister en gelees wat hy ervaar en skryf. Baie interesant.

Ek onthou na daai DGS waar ons ontmoet het hoe MASSIEF die verskil tussen iemand wat sy groot roer kan en nie kan skiet nie is en oopvisier vs teleskoop en reddots.

Wil iemand nie weer iets vir ons in die Kaap reël nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Jaco vdW »

Dit sal darem baie lekker wees om weer so groot kaliber skiet hier te doen.

Ek wonder hoekom dit dood geloop het? Die inskrywing het wel vir my bietjie duur geraak.
So terloops, wat betaal jy deesdae vir 'n BASA skiet of soortgelyk?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by DWB »

BASA skiet vir lede is R250
Bestaan uit 16-18 skote.

Nie lede dink ek is R450 (Praat onder korreksie)
Ek ry 700km+ elke keer vir BASA, bly lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Jaco vdW »

Dis baie billik.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by tau »

Jaco vdW wrote: Tue Jan 07, 2025 2:31 pm Dis baie billik.
Jaco ek het die plek en jy het die kennis begin jy daar vir ons 'n BASA tak vir die Wynland :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 180
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Louisdewet »

tau wrote:
Jaco vdW wrote: Tue Jan 07, 2025 2:31 pm Dis baie billik.
Jaco ek het die plek en jy het die kennis begin jy daar vir ons 'n BASA tak vir die Wynland :laugh:
Ek sal graag saam skiet!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Eduard Venter »

'n 375 skiet 'n buffel baie dood met die regte skootplasing, soms dat hy net daar val. Die groter kalibers doen dit ook.

Ek was al by waar 'n jagter 'n blouaap gekwes het met sy 500 dubbel en 'n 2de skoot was nodig.

Op 'n ander jag het 'n 500 dubbel se 2 skote gelyk afgegaan op die buffel (+-25m), die hoof PH se opvolg skoot met sy 500Jeff het nie afgegaan nie agv foutiewe wapen hantering. As die buffel gekom het was my 375 al kans wat ons nog gehad het. Ek probeer nie die jagter of PH verkleineer nie, probeer net daarop dui dat foute meer gereeld gemaak word met gewere wat nie baie geskiet word nie. Ek droom en spaar ook maar van 'n groot kaliber eendag!

Dan kry mens manne soos Deon wat verslaaf is aan 'n blou skouer en hy skiet daai waterpyp loop van hom soos die res van ons .22 skietImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by DWB »

Hehehehe Ja Eduard, die senuwees in ñ man se skouer moet iewers die boodskap kry dat hulle nie meer hoef bang te wees nie.

Oefen oefen oefen.
My 404 is al op 1800 skote
My 450 seker al naby aan ñ 1000
En die 500 het darem nou al 50 gedoen ++>:
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Frederik »

Eduard,

Dankie dat ek darem my eerste bloed kon trek met die 458 lott op jou plaas maar jy het ook paar skote geniet met die lott as ek onthou en mooi dink daar is nog videos daarvan.

Ek sien nou die draad presies na ek daar op die bufel jag gecomment het en dit was ook my siening dat nie almal die groot roere kan gebruik nie.
Oor die algemeen bly die 375 'n kaliber wat meeste kan baas raak.

TAU, as julle ernstig is en BASA tak wil begin in die weskaap gesels met my of SASWART wat ook op die forum is dit is nie oonmoontlik nie maar gaan wel 'n hoop werk wees om van grond af te kry maar daarna en veral omdat julle 'n skietbaan kan gebruik sal dit loop soos stroop.
Ek stuur sommer PM ook.

Toe ek nog voltyds PH en OUfitter was was my 375 my gorotse roer en hy het gewerk en my nie in die steek gelaat nie maar let wel dit is nadat ek BASA begin skiet het en oom Ginger van Zyl my geweer uitgesorteer het van klein goed wat kon fout loop agv dat ek nie baie simulasie skiete gedoen het voorheen soos basa nie.

Maar vandat ek die Lott het kan ek wel sien as jy dit kan hanteer is groter net beter as dit met gevaarlike wild en groot diere kom soos kameelped.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Wouter Roets »

More Skollie

Hierdie is seker nou die twintigste keer wat ek iets hier wil skryf net om dit weer uit te vee.

Die beste manier is seker maar om net uit te kom en n ding reguit te se, so hier gaan dit. Al my buffels wat ek al geskiet het met die uitsondering van een wat seker nou nog rondloop, was my eerste skoot n hartskoot met Barnes TSX. Die hoeveelheid is ongelukkig nie so baie soos Karl se jagte nie, maar oor as genoeg om n gevolgtrekking te kan maak. Kalibers het gewissel vanaf 375 reg op na 505 toe.

Hoe groter die kaliber hoe vinniger het jy die death bellow gehoor en hoe nader het ons hom gekry aan daar waar hy die skoot ontvang het. Die verste wat n buffel geharloop het met die 505 Gibbs was 20 tree en dit was ook die enigste een wat geweet het van my . Ses het nie verder as drie tree gevorder met die kaliber nie. Bitter min wat dit gebeur met n buffel. Ek het nog net een geskiet met n 375 H&H en ook onbewus van my het het hy sy 4de skoot 250m verder ontvang van waar ek hom die eerste een op 30m gegee het.

Dis eenvoudig net so, hoe groter die kaliber hoe vinniger vrek die buffel as als en als dieselfde is.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Eduard Venter »


Frederik wrote:Eduard,

Dankie dat ek darem my eerste bloed kon trek met die 458 lott op jou plaas maar jy het ook paar skote geniet met die lott as ek onthou
Ek onthou dit goed. Daai gun van oom skiet soos 'n droom. Ek het nou al ure en ure gedink waarnatoe wil ek opgradeer maar val elke keer terug na die lott toe want ek onthou hoe lekker het daai een geskiet! Deon se 450 rigby boelie mens bietjieImage

Ek is mal oor my 375, maar na 'n renoster koei my eendag amper pak gegee het dink ek maar weer aan 'n groter kaliber of RPG dalk!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Groot kalibers en die drome en geskiedenis wat daarmee saamgaan maak dit altyd n lekker maar ook soms n sensitiewe onderwerp.

My opinie is skiet die grootste kaliber wat jy akkuraat kan skiet en jy sal teg wees. Eder skiet wa jy mik as om aan te jaag.

So bietjie tong in die kies….skiet waarmee jy akkuraat skiet solank dit 416 of groter is
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Thunderhead »

Karl Stumpfe is someone I would love to spend time with I think he has a wealth of knowledge and experience. Karl also operates in prime hunting areas where there are lot of resident buffalo herds and dugga boy groups. The Caprivi can also be more open then say Zambezi valley. I suspect his results are affected by not having pressure to, first of all locate buff and then spend days trying to catch up to them hoping there is a shooter in the group. I also think his areas are well managed so there is not excessive hunting pressure. Couple his expertise with easier hunting circumstance I think his clients take alot more relaxed shots at game maybe longer shots where the scoped 375 fairs better. Are his clientele elderly so their eyes and bodies cant use a large caliber gun as well? Please understand me I am in no way criticizing this article I do think there are other factors to ponder on. I have hunted prime areas in Moz and Zambia where we would nominate which days we would go after buff because it was that easy and our wound rates where less then the depleted areas I also hunted. Areas in Zim where you walk the whole day after buff that never stop where after 3 days the client wants to gives up because they physically cant any more. Areas so thick that you spend 2 hours butt scooting up to them. Where at 15m you still cannot id a single animal because its so thick and the wind shifts, and they thunder past you. You spend the next 2 days catching up with them because they currently the only ones in the area. Finally the client gets a snap shot at one almost at sunset on the last day. In this type of conditions, I believe bigger is best.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Lategan1 »

Thanks Thunderhead. The picture and target is clear! Well explained.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Frederik »

Thunderhead, you might want to spend sometime in the Caprivi Mopanies where especaiily on elephants shots are taken at 10-15 meters because its so thick.

I hear you on snapshots but also most clients do not come prepared physically and mentally and are most of the time 50 years plus in age.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Is Groter altyd beter?

Post by DWB »

Die volgende is ñ grappie:

Ek dink wel in sy persoonlike kapasiteit gebruik Mr Stumpfe dalk net ñ 375 om plaagdiere soos rotte en spinnekoppe te skiet....

As ek sy arsenaal so kyk en na sy ladings luister dan het die senuwees in sy skouer lankal die groep verlaat. Daai man is ñ recoil masjien!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by skollie »

Rêrig lekker om almal se opinies te luister, hoop John se voorstel, om 'n BASA skiet in die Kaap te reël, word 'n werklikheid........

Sent from my SM-S916B using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Is Groter altyd beter?

Post by Apie »

Gregor Woods het altyd gesê oor kalibers(ek probeer mooi onthou)

“It’s not what a gun can do, it’s what a gun can be relied on to do every time”

Ek kan een ding met kleiner wild bevestig

Groter is beter! Uit my eie ervaring hoe ‘n gemsbok of Bwb grond toe gaan met ‘n 416 Rigby vs 375 en 9.3x62. Dis ‘n groot verskil!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by Supacow »

Lyk bietjie hoog vir perfect heart shot of dis n baie groot hart?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Is Groter altyd beter?

Post by partner »

Baie dankie Almal vir n Great Artikel. Ook vir Bitter goeie raad en Opienies
Post Reply