Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het op 'n baie interessante artikel afgekom op die African Hunting Gazette.......... Karl Stumpfe het die vraag 'n bietjie bespreek en bietjie statistiek gegee om sy "argument" te staaf.
Hierdie onderwerp is seker al tot vervelens toe bespreek, maar ek is iémand wat van statistiek hou.
Ek lees graag jul kommentaar aangesien ek nog nie heeltemal oortuig is nie............... maar Karl het seker meer buffels gejag as ons almal saam
Die grootte van jou kaliber is direk verband met hoe groot jy al geskrik het, dis hoekom ek nou al 'n 500 het
Virseker kan mens 'n groter vergroting teleskoop op 'n 375 klas kaliber sit, en dan tien teen een beter kyk en seker dan beter skiet.
Baie ouens wat wel passievol oor groot kalibers is is ook nie skaam om lood te gooi nie. Ek het saam my neef gegaan nou in Desember op sy olifant jag en hy het die bul 'n perfekte frontal brein skoot geskiet terwyl die olifant kop om hoog na ons gemik het op 8m. Sy 375 het perfek gevaar!
Ek geniet my groot roere, dit verg moeite en oefen om met hulle akkuraat te skiet, maar dis baie doenbaar!
Ek kan wel aan geen rede dink hoekom ek nie 'n vinnige opvolg skoot gaan skiet as ek die kans kry nie!
Die 500 skiet darem nie te sleg nie:
500 Jeffery Group - 570gr Impala.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Ek hou baie van die feit dat hy statistiek het en stem ten volle saam met sy gevolgtrekking oor hoekom die 375 beter presteer.
Ek stem wel nie heeltemal saam met die feit dat slegs 'n wondkanaal die dood van 'n dier kan veroorsaak nie. Die is dalk 'n rowwe metafoor, maar volgens sy teorie kan ek nie 'n mens doodslaan as ek hom hard genoeg teen die kop slaan nie, want daar is nie 'n wond kanaal nie. In my opinie glo ek dat die skokgolf van die impak ook 'n redelike impak het.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Dankie vir die plaas van die artikel Skollie. So lekker om weer regte jag artikels te lees en te bespreek.
Ek het Kevin Robertson se boeke al 'n paar keer gelees, en die raad wat Karl hier gee, klink presies soos wat Kevin in sy boeke skryf.
My "take home" daaruit is skiet die grootste geweer wat jy gemaklik en akkuraat kan skiet.
Een voordeel wat "kleiner" kalibers soos die .375 het, is soos Deon noem, dat jy 'n groter teleskoop daarop kan monteer, en dit baie effektief kan gebruik om vlakte wild te jag. So bou jy vertrou op in die geweer, en raak jy meer vaardig / vertroud daarmee. Wat in meeste gevalle tot beter skootplasing lei.
In hierdie selfde trant doen skiete soos BASA, die ou DGS ens baie goeie werk, want daar word meer gereeld met die groot gewere geskiet, en ons hantering van hulle verbeter.
Jaco vdW wrote: Tue Jan 07, 2025 12:13 pm
Dankie vir die plaas van die artikel Skollie. So lekker om weer regte jag artikels te lees en te bespreek.
Ek het Kevin Robertson se boeke al 'n paar keer gelees, en die raad wat Karl hier gee, klink presies soos wat Kevin in sy boeke skryf.
My "take home" daaruit is skiet die grootste geweer wat jy gemaklik en akkuraat kan skiet.
Een voordeel wat "kleiner" kalibers soos die .375 het, is soos Deon noem, dat jy 'n groter teleskoop daarop kan monteer, en dit baie effektief kan gebruik om vlakte wild te jag. So bou jy vertrou op in die geweer, en raak jy meer vaardig / vertroud daarmee. Wat in meeste gevalle tot beter skootplasing lei.
In hierdie selfde trant doen skiete soos BASA, die ou DGS ens baie goeie werk, want daar word meer gereeld met die groot gewere geskiet, en ons hantering van hulle verbeter.
EK het ook die laaste tyd na die jag soveel van Kevin se podcasts geluister en gelees wat hy ervaar en skryf. Baie interesant.
Ek onthou na daai DGS waar ons ontmoet het hoe MASSIEF die verskil tussen iemand wat sy groot roer kan en nie kan skiet nie is en oopvisier vs teleskoop en reddots.
Wil iemand nie weer iets vir ons in die Kaap reël nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Dit sal darem baie lekker wees om weer so groot kaliber skiet hier te doen.
Ek wonder hoekom dit dood geloop het? Die inskrywing het wel vir my bietjie duur geraak.
So terloops, wat betaal jy deesdae vir 'n BASA skiet of soortgelyk?
'n 375 skiet 'n buffel baie dood met die regte skootplasing, soms dat hy net daar val. Die groter kalibers doen dit ook.
Ek was al by waar 'n jagter 'n blouaap gekwes het met sy 500 dubbel en 'n 2de skoot was nodig.
Op 'n ander jag het 'n 500 dubbel se 2 skote gelyk afgegaan op die buffel (+-25m), die hoof PH se opvolg skoot met sy 500Jeff het nie afgegaan nie agv foutiewe wapen hantering. As die buffel gekom het was my 375 al kans wat ons nog gehad het. Ek probeer nie die jagter of PH verkleineer nie, probeer net daarop dui dat foute meer gereeld gemaak word met gewere wat nie baie geskiet word nie. Ek droom en spaar ook maar van 'n groot kaliber eendag!
Dan kry mens manne soos Deon wat verslaaf is aan 'n blou skouer en hy skiet daai waterpyp loop van hom soos die res van ons .22 skiet
Dankie dat ek darem my eerste bloed kon trek met die 458 lott op jou plaas maar jy het ook paar skote geniet met die lott as ek onthou en mooi dink daar is nog videos daarvan.
Ek sien nou die draad presies na ek daar op die bufel jag gecomment het en dit was ook my siening dat nie almal die groot roere kan gebruik nie.
Oor die algemeen bly die 375 'n kaliber wat meeste kan baas raak.
TAU, as julle ernstig is en BASA tak wil begin in die weskaap gesels met my of SASWART wat ook op die forum is dit is nie oonmoontlik nie maar gaan wel 'n hoop werk wees om van grond af te kry maar daarna en veral omdat julle 'n skietbaan kan gebruik sal dit loop soos stroop.
Ek stuur sommer PM ook.
Toe ek nog voltyds PH en OUfitter was was my 375 my gorotse roer en hy het gewerk en my nie in die steek gelaat nie maar let wel dit is nadat ek BASA begin skiet het en oom Ginger van Zyl my geweer uitgesorteer het van klein goed wat kon fout loop agv dat ek nie baie simulasie skiete gedoen het voorheen soos basa nie.
Maar vandat ek die Lott het kan ek wel sien as jy dit kan hanteer is groter net beter as dit met gevaarlike wild en groot diere kom soos kameelped.
Hierdie is seker nou die twintigste keer wat ek iets hier wil skryf net om dit weer uit te vee.
Die beste manier is seker maar om net uit te kom en n ding reguit te se, so hier gaan dit. Al my buffels wat ek al geskiet het met die uitsondering van een wat seker nou nog rondloop, was my eerste skoot n hartskoot met Barnes TSX. Die hoeveelheid is ongelukkig nie so baie soos Karl se jagte nie, maar oor as genoeg om n gevolgtrekking te kan maak. Kalibers het gewissel vanaf 375 reg op na 505 toe.
Hoe groter die kaliber hoe vinniger het jy die death bellow gehoor en hoe nader het ons hom gekry aan daar waar hy die skoot ontvang het. Die verste wat n buffel geharloop het met die 505 Gibbs was 20 tree en dit was ook die enigste een wat geweet het van my . Ses het nie verder as drie tree gevorder met die kaliber nie. Bitter min wat dit gebeur met n buffel. Ek het nog net een geskiet met n 375 H&H en ook onbewus van my het het hy sy 4de skoot 250m verder ontvang van waar ek hom die eerste een op 30m gegee het.
Dis eenvoudig net so, hoe groter die kaliber hoe vinniger vrek die buffel as als en als dieselfde is.
Dankie dat ek darem my eerste bloed kon trek met die 458 lott op jou plaas maar jy het ook paar skote geniet met die lott as ek onthou
Ek onthou dit goed. Daai gun van oom skiet soos 'n droom. Ek het nou al ure en ure gedink waarnatoe wil ek opgradeer maar val elke keer terug na die lott toe want ek onthou hoe lekker het daai een geskiet! Deon se 450 rigby boelie mens bietjie
Ek is mal oor my 375, maar na 'n renoster koei my eendag amper pak gegee het dink ek maar weer aan 'n groter kaliber of RPG dalk!
Karl Stumpfe is someone I would love to spend time with I think he has a wealth of knowledge and experience. Karl also operates in prime hunting areas where there are lot of resident buffalo herds and dugga boy groups. The Caprivi can also be more open then say Zambezi valley. I suspect his results are affected by not having pressure to, first of all locate buff and then spend days trying to catch up to them hoping there is a shooter in the group. I also think his areas are well managed so there is not excessive hunting pressure. Couple his expertise with easier hunting circumstance I think his clients take alot more relaxed shots at game maybe longer shots where the scoped 375 fairs better. Are his clientele elderly so their eyes and bodies cant use a large caliber gun as well? Please understand me I am in no way criticizing this article I do think there are other factors to ponder on. I have hunted prime areas in Moz and Zambia where we would nominate which days we would go after buff because it was that easy and our wound rates where less then the depleted areas I also hunted. Areas in Zim where you walk the whole day after buff that never stop where after 3 days the client wants to gives up because they physically cant any more. Areas so thick that you spend 2 hours butt scooting up to them. Where at 15m you still cannot id a single animal because its so thick and the wind shifts, and they thunder past you. You spend the next 2 days catching up with them because they currently the only ones in the area. Finally the client gets a snap shot at one almost at sunset on the last day. In this type of conditions, I believe bigger is best.
Thunderhead, you might want to spend sometime in the Caprivi Mopanies where especaiily on elephants shots are taken at 10-15 meters because its so thick.
I hear you on snapshots but also most clients do not come prepared physically and mentally and are most of the time 50 years plus in age.