Huurder probleem.

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Huurder probleem.

Post by Francoisv »

My suster het 'n woonstelletjie in Kleinzee watt sy uithuur aan 'n advokaat met die naam van Jochi Prinsloo. Die meneer het ophou huur betaal en weier om te ontruim. As ek reg het oor 12 maande al. Sy het die regspad gevolg maar die man is soos Zuma. Hulle kry hom nie uit.

Het enige iemand raad?

Sent from my CPH2359 using Tapatalk

Francois Vogel
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Ratel »

Betaal n groot knaap wie invorderings doen en laat hy net vir twee nagte intrek as nuwe huurder. Hier in Rustenburg het iemand so probleem gehad en diesefde nag toe twee bouncers intrek en op die knaap se bed gaan slaap toe trek hy vinnig uit
Maak 'n verskil
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Zuku »

Weet nie hoe wettig is SA. Het gelees van n eienaar in die VSA met dieselfde probleem. Huurder betaal nie huur en weier om te trek, Die eienaar het n wettige nuwe huurkontrak opgestel met n familie lid. Die familied het die huurder gaan sien en 48 uur kennis te gee om te trek want dan trek hy in. Die huurder het geweier en die die familielid het na die 48 uur die deur oopgebreek en die huurder se goed uitgedra. Die polisie is gebel en familielid het die huurkontrak vir polisie gewys, Die polisie het huurder gewaarsku huurder is onwettig op perseel en sal ge arresteer word vir onwettige betreding. Daarna is huis skoon gemaak en weer verhuur aan nuwe huurders.

Die regskenners moet maar vertel hoe wettig of watter probleme daar sal wees.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Huurder probleem.

Post by Pappabeer »

Hier in Natal is Nigeriers wat spesialiseer in sulke probleme
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Albertdwk »

Google bietjie die man se naam met advokaat agteraan. Ek sê nie dis dieselfde ou maar netwerk24 het al berig oor ‘n ou met dieselfde naam, streke en werk.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Ratel »

:police:
Pappabeer wrote: Sun Sep 01, 2024 5:46 pm Hier in Natal is Nigeriers wat spesialiseer in sulke probleme
Net so. As jy wil skelm wees gaan jy in gips loop. Ek in Rustenburg maar laat weet as jy nommer soek. Ek se namens n vriend
Maak 'n verskil
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Huurder probleem.

Post by wlm »

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Ratel »

++>: ++>: Ja op 60 sukkel die bene om aan te groei
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Ratel »

Ek sukkel om te verstaan hoe ons eie mense mekaar so kan vertrap en besteel. Ek het groot geword met 'n handruk en 'n ooreenkoms. Ja daar was boereverneukers daai jare maar nou is die arrogansie van die mense next level.
Maak 'n verskil
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Huurder probleem.

Post by tripodmvr »

Indien hy wel 'n advokaat is tree hy onprofessioneel op. Kla hom aan by SOUTH AFRICAN LEGAL PRACTICE COUNCIL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Francoisv »

Albertdwk wrote:Google bietjie die man se naam met advokaat agteraan. Ek sê nie dis dieselfde ou maar netwerk24 het al berig oor ‘n ou met dieselfde naam, streke en werk.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is die einste. Hofbevel is uitgereik maar dit word nie afgedwing.

Sent from my CPH2359 using Tapatalk

Francois Vogel
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Fanta300 »

Laat sy ‘n kontrakteur stuur om die voordeur af te haal om te laat inspekteer vir hout boorders ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Huurder probleem.

Post by ZKK »

Ek praat nou onder korreksie, maar as ek reg kan onthou was daar iemand hier op die forum wat dieselfde probleem gehad het.

Hy het ook deure laat afskroef en het in groot moeilikheid beland.
As ek reg kan onthou het die huurder n saak by een of ander magistraat gaan maak omdat sy menslikheid aangetas word (Of so iets)
Die verhuurder het die saak met koste verloor, so hy moes toe nog die huurder se regs onkostes ook betaal.
Soos ek se ek kan die storie net vaagweg onthou.

Miskien kan die regs kenners beter raad gee
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Huurder probleem.

Post by Dawie Malan »

Moenie deure afhaal, mense laat intrek, krag sny of enige sulke goed nie, jy gaan haar saak net benadeel. Loop die pad en kry 'n uitsettingsbevel. Die balju moet hom daarna uitsit. Dit is die enigste pad.
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Huurder probleem.

Post by pwdejager »

Stem saam met Dawie: As die hof beslis die Balju moet uitsetting behartig (gewoonlik in hofuitspraak) is dit die enigste manier om die persoon uit te kry.

Enige ander manier om hom uit te kry of van sy regte weg te vat (elektrisiteit afsny, slotte vervang ens.) kom neer op spoliasie: "Spoliation is wrongfully depriving another of their right of possession". Die persoon kan net aansoek doen vir 'n spoliasie bevel by die hof en hoef net te bewys dat hy in beheer was van die eiendom, en dat sy beheer weggevat of verhinder word "onregmatig".

Onregmatig verwys daarna dat daar nie 'n hofbevel is wat uitsetting magtig nie, of dat die manier waarop uitsetting moet plaasvind nie geskied het nie.

In die geval blyk dit wel of daar 'n hofbevel is vir uitsetting, en die Balju weier om die bevel uit te voer. Ek sou aanbeveel om 'n klag te maak by die Balju Raad (South African Board of Sheriffs): "If you believe that a sheriff has conducted him or herself improperly, you have the right to report that sheriff to the South African Board of Sheriffs (“Board”), which is a body that is established under the Sheriffs Act. The Board is required to investigate the complaint, after which it may charge, discipline, or remove the sheriff, if found guilty" https://www.werksmans.com/legal-updates ... al-system/
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Huurder probleem.

Post by ZKK »

Is daar bewoording wat mens in jou huur kontrak kan insit wat jou help om die huurder vinniger uit te kry as hy ophou betaal?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Capt. Yoda »

ZKK wrote: Mon Sep 02, 2024 1:11 pm Is daar bewoording wat mens in jou huur kontrak kan insit wat jou help om die huurder vinniger uit te kry as hy ophou betaal?
Nope, as hy wil bly gaan dit n lang storie raak as jy dit op die regte manier doen
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Huurder probleem.

Post by DeVilliers »

Was al hier.
Balju het verskoning na verskoning gebruik. Nie by die address nie, nie toegang nie. 4 of 5 keer n klomp stories en prokureurs geld.
Ek het n klagte by die Balju Raad in gedien en n klag by die polisie dat die sheriff nie sy werk doen (vir wat dit werd was). Ek moes die moeite doen om maar saam met die sheriff te gaan en die uittetting te doen. Skielik was daar nie n issue.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Huurder probleem.

Post by Dawie Malan »

Is daar bewoording wat mens in jou huur kontrak kan insit wat jou help om die huurder vinniger uit te kry as hy ophou betaal?
Beste wat jy kan doen is:

1. Kry 'n verwysing van die persoon of instansie by wie hy voorheen gehuur het. Francois se sussie se huurder het hierdie al voorheen gedoen. Google hom gerus.
2. Gaan die nuwe voornemende huurder se kredietrekords na. Mens huur gewoonlik omdat hulle nie instaat is om te koop nie.
3. Hou die krag en waterrekening op jou naam en faktureer die huurder maandeliks. Indien hy ophou betaal, dan hou jy net op om die stadraad te betaal. Die kontrak moet net die nodige voorsiening maak.

Laastens. So 'n agterstallige huurder kan baie skade berokken, nie alleen deur munispale kostes te laat ophoop nie, maar hulle plunder ook graag so eiendom deur oonde, geysers, ligte te verwyder.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Capt. Yoda »

Vriende van ons in Natal nou Dec so stel af getrap met huurders, toe hulle die mense uit kry het hulle alles van die aircons tot die tralies voor die vensters af gehaal. Mense wat gehuur het is ogals gesiene mense daar so ek reken was seker maar uit spite uit maar toe sit die man met 3 gate in sy mure, geen securityds hekke of tralies voor vernster nie, geyserloos en elke kraan en fitting in die huis is af gehaal.

Laaaste huis wat ek verhuur het het die man besluit om een van die garages en n lapa sy tuinvullis dump te maak, 2 kar garage van agter tot teen die dak vol blare, takke en gras. Ek weet nie eers hoe hulle dit reg gekry het om die goed so stuif in te pak nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Ratel »

Dawie Malan wrote: Mon Sep 02, 2024 2:14 pm
Is daar bewoording wat mens in jou huur kontrak kan insit wat jou help om die huurder vinniger uit te kry as hy ophou betaal?
Beste wat jy kan doen is:

1. Kry 'n verwysing van die persoon of instansie by wie hy voorheen gehuur het. Francois se sussie se huurder het hierdie al voorheen gedoen. Google hom gerus.
2. Gaan die nuwe voornemende huurder se kredietrekords na. Mens huur gewoonlik omdat hulle nie instaat is om te koop nie.
3. Hou die krag en waterrekening op jou naam en faktureer die huurder maandeliks. Indien hy ophou betaal, dan hou jy net op om die stadraad te betaal. Die kontrak moet net die nodige voorsiening maak.

Laastens. So 'n agterstallige huurder kan baie skade berokken, nie alleen deur munispale kostes te laat ophoop nie, maar hulle plunder ook graag so eiendom deur oonde, geysers, ligte te verwyder.
Goeie raad van Dawie. My seun verhuur 'n woonstel in Kaapstad deur Pam Golding agentskap. Die agtergrond profiel van sy huidige huurder het ongelooflik baie detail op. Hulle se selfs hoe gereeld die persoon paaiemente op karre en vorige plekke gemis het en bank status. Nogal indrukwekkend dat al hierdie inligting deesdae wettiglik bekombaar is.
Maak 'n verskil
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Huurder probleem.

Post by Hein22 »

Sterkte, ek besit 'n unit in 'n kompleks en is op die trustees. Daar is n eienaar wat weier om levies te betaal. Ons sukkel al meer as 5 jaar met die regstelsels om hom the kry om dit te betaal sonder sukses. Jaar op jaar moet ons die prokureurs kostes betaal en kry niks daarvoor nie. Ek weet nie hoekom betaal ek nog levies nie! Lekker wette hier in ons land...
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Huurder probleem.

Post by ZKK »

En as jy in die huur kontrak insit, dat jy die reg voorbehou om sy slotte te verander as hy ophou betaal?
As hy mos die kontrak teken, dan gee hy mos toestemming?
Of is dit nie so eenvoudig nie?
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Huurder probleem.

Post by Toxxyc »

Ek het al 'n huurder my plek geweier omdat sy finansies nie reg was nie. Ek is belowe dat "die geld kom" maar hy kon nie die deposito betaal nie en wou dit maandeliks afbetaal. Ek het net geweier.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Huurder probleem.

Post by Toxxyc »

ZKK wrote: Tue Sep 03, 2024 10:01 am En as jy in die huur kontrak insit, dat jy die reg voorbehou om sy slotte te verander as hy ophou betaal?
As hy mos die kontrak teken, dan gee hy mos toestemming?
Of is dit nie so eenvoudig nie?
Die plek van my wat ek uiteindelik verhuur het se kontrak het genoem dat ek 'n sleutel het, en enige tyd (met kennisgewing) kan inspeksie doen. Die kontrak het ook gestipuleer dat as die huur 7 dae laat is, ek iemand anders kan kry om ook in die woonstel te kom bly om die huur op te maak.

Die huurder het dit geteken, so ek neem aan as hy nie betaal het nie sou dit afgedwing gewees het. Dit was deur 'n agentskap ook, nie privaat verhuur nie.
Post Reply